News:
29 November 2012
By NoordNuus reporter
Vanaf more verhoog die vasgestelde minimumlone in die Noordelike Nuus se lesersgebied vir huishoudelike werkers wat meer as 27 uur per week werk as volg:
Die uurloon verhoog van R7,06 per uur na R7,65. Die weekloon verhoog van R317,62 per week na RR344,30. Die loon per maand verhoog van R1376,25 na R1491,86.
Vir werkers wat minder as 27 uur per week werk is die minimum loot vanaf 1 Desember tot 30 November volgende jaar as volg:
Die uurloon verhoog van R8,33 per uur na R9,03. Per week verhoog die loon vanaf R224,90 dan R243,80. Die maandelikse loon vir werkers wat 27 uur per week en minder by ‘n werkgewer werk verhoog van R974,49 na R1056,35.