Searching for "" in "News"

 

Vlamme gou getem

News: 23 November 2012 By Valerie Cilliers
‘n Substasie by Villa Nora het verlede Donderdag aan die brand geslaan. Dit wil voorkom of die transformator ontplof het en dat die olie aan die brand geraak het. Brandspanne van Matimba, Medupi en die Lephalale munisipaliteit het van 11:00 tot 19:00 gespook om die vuur onder beheer te kry. Sowat 70 000 liter water is gebruik en brandbestrydingsvoertuie moes gereeld Witpoort toe ry om nog water te gaan haal. Eskom het ‘n mobiele transformator geïnstalleer om te sorg dat inwoners nie sonder krag gelaat is nie. Danksy die brandspanne se vinnige optrede is geen verdere eiendom beskadig nie.

Reaching out to the elderly

News: 23 November 2012
The Potgietersrus Centre for the Aged recognises the saying that goes: ‘The elderly in the community must look after one another’.

Afguns winkel loop deur

News: 23 November 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Die Afguns kontantwinkel op die Thabazimbipad net buite Lephalale het Vrydagoggend deel geword van die groeiende misdaadstatistieke in Lephalale. Eienaar Marthinus Schoeman vertel dat die inbrekers items soos koffie, sigarette en waspoeier gesteel het. Sonpanelle is ook uit sy kantoor verwyder. Volgens Molalalatau Sekuriteit se Andries Bester wil dit voorkom of dit moontlik dieselfde drie verdagtes is wat gesoek word in verband met die diefstal van sonpanele in dieselfde area voorverlede week. Die name van die drie verdagtes is reeds meer as ‘n week aan die polisie bekend, maar geen arrestasie is nog gemaak nie.

Man sterf voor hotel

News: 23 November 2012 By Valerie Cilliers
'n Man van Amerika wat die naweek in Suid-Afrika geland het is Maandagoggend voor die Palm Park Hotel in Lephalale dood. Volgens polisiewoordvoerder Frans Mokoena, was die man ‘n kontrakteur wat Maandag by Medupi sou begin werk het. Hy het glo Maandagoggend sekuriteitspersoneel by die hotel gevra om ‘n ambulans te ontbied omdat hy gesukkel het om asem te haal. Hy is daarna by die hek van die perseel uit en het op die sypaadjie ineen gestort. Volgens Mokoena wil dit voorkom of die man ‘n hartaanval gehad het.

Talfelronders vier fees

News: 23 November 2012 By Jasper Raats
Lede van Kameeldoring Tafelronde 92 het Saterdagaand hul organisasie se vyftigste herdenking met ‘n deftige dinee saam met inwoners en oud-tafelronders by die Pierneefsaal van Hoërskool Piet Potgieter gevier. Die inkomste wat deur die dinee gegenereer is sal aangewend word om vir die Tafelronde ‘n nuwe klubuis te bou. Van links is die 2012 voorsitter, Philip Bower saam met vorige voorsitters Wayne Knight en Kobus Klopper.

Renoster agt keer geskiet

News: 23 November 2012 By NoordNuus reporter
‘n Renosterkoei is Woensdagaand op die plaas Nooitgedacht buite Lephalale agt keer deur stropers geskiet voordat haar horing uitgekap is. Dit wil voorkom of die twee stropers moontlik dieselfde verdagtes is wat weke gelede ‘n renoster op ‘n buurplaas gestroop het.

One seriously injured

News: 23 November 2012 By Valerie Cilliers
One person was badly injured in an accident involving two vehicles at the Nelson Mandela Avenue/Wells Road crossing in Lephalale. One of the vehicles, a white Toyota Carolla is said to belong to the military base in Lephalale. Emergency services were quick on the scene and transported the injured person to the Ellisras Hospital.

‘n R21 000 bokram!

News: 23 November 2012 By Jasper Raats
Met ‘n omset van R 808 500 was die Bosveld Boerbokklub se veiling by die Pietersburg Veilingsentrum ‘n reuse sukses. Die gemiddelde prys vir ramme was R7 181 en vir ooie R6 330. Ooie met lammers het gemiddeld verkoop vir R5 250. Andrew Smith van Modimolle se Trueblood Brahman Stud het die duurste ram vir die dag gekoop teen R21 000. Die verkoper, Tobie Fourie van Louis Trichardt was ongetwyfeld baie tevrede met hierdie prys.

Waltzing like butterflies

News: 23 November 2012 By Jasper Raats
Saturday afternoon Latin Rhythm Dance Academy hosted an Independent Dance Associatio SAIDA exam and social dance event at the Kameeldoring Country Club in Mokopane. This event was the first of its kind held and authorised by the association in Limpopo. Dr and Mr Botha joined the dance academy a few months ago and while they do not dance competitively, they enjoy the social dancing tremendously.

DBV stap teen dieremishandeling

News: 23 November 2012 By NoordNuus reporter
Personeel van die DBV in Lephalale het Saterdag saam met lede van die gemeenskap 41,1km gestap as deel van ‘n bewusmakingsveltog teen dieremishandeling. Die DBV wil graag almal bedank wat deelgeneem het. Die DBV se Mariaan Wentzel herinner die gemeenskap daaraan om te sorg dat hulle diere veilig is oor die Kerstydperk en om enige ongeruimdhede te rapporteer indien nodig.

‘n Bybel vir elke Leerling

News: 23 November 2012 By NoordNuus reporter
Die NG Gemeente van Marken het hierdie week bybels geskenk aan al die leerlinge van Marken Laerskool.

Carpe Diem’s star achievers

News: 23 November 2012 By Jasper Raats
Carpe Diem School recently awarded its learners for their achievements throughout the year at the school’s annual prizegiving ceremony.

Raadslid bederf bejaardes

News: 23 November 2012 By NoordNuus reporter
Raadslid vir wyk 31, Marcelle Maritz, het die dorp se goue oues verlede week by die dienssentrum vir bejaardes trakteer met ‘n lekker Kers-ete en musiekvermaak deur Koos de Bruyn. Marcelle se suster, Zelda van Niekerk, het die kos voorberei teen geen koste nie. “Ek kan haar nie genoeg bedank nie,” het Marcelle tydens die geleentheid opgemerk.

Prysuitdeling op Swartwater

News: 23 November 2012 By NoordNuus reporter
Unitas se dogter leiers vir volgende jaar is van links: Marnel Dickinson, Eljani Du Plessis (hoofdogter) en Mari Geerkens. Die seunsleiers is van links Enoch Deetlefs, Piet Maree (hoofseun) en WJ Vos. Die skool se DUX Leerling is Mari Geerkens. Besoek www.noordnuus.co.za vir nog Unitas presteerders.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube