Searching for "" in "News"

 

Girl (10) raped by family friend

News: 22 October 2012 By NoordNuus reporter
Girl (10) raped by family friend A 55-year old resident of the Leseging settlement near Steenbokpan was arrested and appeared in court this week on rape charges. The suspect denies raping the 10 year old daughter of a friend in whose shack he was staying. According to Warrant Officer, Frans Mokoena, the child is a learner at the Lekhureng School in Steenbokpan. The man wil appear in the Lephalale magistrates court again on 26 October.

Distribution centre for Exxaro

News: 22 October 2012 By NoordNuus reporter
The construction of Exxaro’s Waterberg Distribution Centre was announced at a sod turning ceremony held on site, close to the Grootegeluk mine on the Stockpoort road, on Wednesday. The warehouse will eventually be 11 909m2. The centre which will also include several offices will be fully operational by the end of August 2013.

Oupas en Oumatjies sorg vir groot vermaak

News: 22 October 2012
Laerskool Krugerpark se leerlinge het Dinsdag tot ouers en onderwysers se groot vermaak gewys hoe dit lyk as laerskoolkinders hul lyfies oumens hou. Dit was die skool se jaarlikse Oupa en Ouma dag waar kinders plakkertjies koop ten bate van die ouetehuis en dan ook die geleentheid kry om Oupa en Ouma se klere skool toe aan te trek.

Bossie tennis sterre

News: 22 October 2012 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary het Donderdag, 12 Oktober, hul tenniskampioenskappe aangebied. Die gehalte van al die deelnemende tennisspelers se spel was baie hoog en veral by die dogters het die spanning hoog geloop tussen die spelers sowel as die toeskouers.

Deon doen dit weer!

News: 22 October 2012 By Valerie Cilliers
‘n Oud-leerling van Ellisras Hoërskool, Deon Hatting, het onlangs aan die SA talent kampioenskappe in Midrand deelgeneem waar hy vier silwer medaljes verower het. Deon het in die kategorieë Komedie, Drama, Bybel monoloog en ook in die Ope afdeling tussen 80 en 85% behaal. Die kampioenskappe is georganiseer deur nog ‘n oud-Ellisrasser en vormalige onderwyser by die Hoërskool, Liza-Marie Steinman. Deon se droom is om akteur te word, maar het besluit om vir eers onderwys deur Unisa te studeer.

Balerinas slaag eksamens

News: 22 October 2012 By NoordNuus reporter
Hierdie Krugies van die Nadine van Niekerk Baletskool het onlangs hul danseksamens by die Royal Aca-demy of Dance geslaag. Van links agter is Kinna Wessels, Theana Nell, Anke Hurn en voor is Bianca Botha en Leanca Welgemoed.

Kolskote vir CVO skool se skerpskutters

News: 22 October 2012 By NoordNuus reporter
Skuts van die CVO Skool Potgietersrus het uitstekend gevaar in die afgelope SA Nasionale Kampejoenskappe van die Suid Afrikaanse Nasional Skole Skutter Unie (SANSSU) in Bellvile vroeër die maand, Hoewel die skool eers onlangs as geaffilieerde lede van SANSSU begin skiet het, het Potgietersrus met 5 skuts hierdie jaar gespog wat provinsiale span behaal het.

DLU gholfsukses...

News: 22 October 2012
Die Potgietersrus DLU se gholfdag by die Kameeldoring buiteklub verlede Donderdag was weereens ‘n reuse sukses. Die wenners vir die dag was H. van der Walt, F. Kemp, D. Kemp en J. van Wyk. Saam met die wenners is DLU voorsitter, Ockert Scherman. Die span in die tweede plek tydens die Potgietersrus DLU gholfdag was: C. du Plessis, F. Fourie, H. du Plessis en S. Swanepoel.

Bonsmara’s verkoop fluks!

News: 22 October 2012 By Jasper Raats
Die derde Vlakte Bonsmara Studiegroep Bulveiling is Vrydag 12 Oktober in die Roedtan Veilingskrale aangebied. Vier en twintig top Bonsmara stoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R41 145.83.

Sewe goues vir Mokopane!

News: 22 October 2012 By Jasper Raats
Die Mokopane Gimnastiek Klub (MGK) gimnaste wat deel was van die Limpopo-span en deelgeneem het aan die Zone (junior) en Gym Games (nasionale) kompetisies - het sewe goue medaljes, een silwer en twee brons verwerf!

Krugies hou Oupa en Ouma dag

News: 17 October 2012 By Helena Raats
Laerskool Krugerpark in Mokopane, Limpopo, SA, het Dinsdag 16 Oktober 'n Oupa en Ouma dag gehou. Die kinders moes oupa en ouma se klere leen - en die kleinspan het nie teleurgestel nie! Daar was boeppense en pruike, kieries en brille - Noordelike Nuus moes net 'n video maak om te wys hoe oorspronklik en vindingryk die outjies is!

SA gaan swyg oor renosters

News: 15 October 2012 By Jasper Raats
Die Suid-Afrikaanse department van omgewingsake sal nie renosterstropery by die byeenkoms van die konvensie op internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) wat volgende week in Hangzhou, China gehou word, bespreek nie. Dit is ten spyte van die feit dat daar vanjaar reeds landwyd 439 renoster gestroop is.

Riool vloei reguit Nyl toe

News: 15 October 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Vier jaar sedert die probleem vir die eerste keer onder die Mogalakwena stadsraad se aandag gebring is, vloei rou rioolwater steeds soos ‘n rivier deur Uitbreiding 20.

DA maak ‘n plan met vullis

News: 15 October 2012 By Jasper Raats
SAMWU lede het verlede Vrydag deelgeneem aan ‘n optog in Polokwane wat daartoe gelei het dat vullis nie in die ou Ellisras dorpsgedeelte verwyder is nie. DA raadslid Dries Basson het vinnig plan gemaak en gereël dat vullissakke by meer as 60 huishoudings verwyder is. Hy is bygestaan deur raadslede Stephen Manamela en Astrid Basson. “Ons het die vullis self gelaai en aangery vullishope toe. Dit was nogal ? uitdaging aangesien die termometer aangedui het dat dit 38°C was,” vertel Basson.

Trampolien kampioen

News: 15 October 2012 By Jasper Raats
Cecilia Engelbrecht van Laerskool Krugerpark het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse trampolienspring kampioenskappe deelgeneem waar sy twee silwer medaljes verower het in onderskeidelik die Eurotramp en Dubbel Mini afdelings.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube