Searching for "" in "News"

 

Piet Pot se kaskar kaskenades

News: 14 September 2012 By Jasper Raats
Die Graad 10B’s is verlede Woensdag as wedrenwenners en ook die seniorspan met die beste kaskar tydens Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse kaskar Grand Prix gekroon.

Bossies skitter op alle velde!

News: 14 September 2012 By Valerie Cilliers
Links: Laerskool Bosveld Primary se 0/10 krieketspan het deurgedring na die kwarteindrondte van Limpopo vir groot skole.   Regs: Drie van Laerskool Bosveld Primary se langafstandatlete het gaan deelneem aan die SA-landloopkampioenskappe op Amanzimtoti. Hannah Leahy het ‘n 24ste plek behaal, Carlia Kotze 25ste en Lize Kotze 50ste. Baie geluk aan hierdie atlete wat deelgeneem het teen atlete reg oor die hele SA. Links: Dario Geyser van Laerskool Bosveld Primary het Limpopo kleure verwerf in swem tydens die Limpopo klub kampioen-skappe in Polokwane.

Soos vissies in die water!

News: 14 September 2012 By Jasper Raats
Morné van der Bank en Lané Kruger was die senior Victor en Victrix Ludorum tydens verlede Donderdag se vissegala by Laerskool Krugerpark. Die junior Victrix Ludorum was Bernice Laboff en Victor Ludorum was Percy Hawkens.

Mokopane gimnaste kry Limpopo kleure

News: 14 September 2012 By Jasper Raats
Vier en twintig lede van Mokopane Gymnastics Club het onlangs Limpopo Kleure verwerf en sal die dorp en provinsie eersdaags by die Nasionale en North Zone kampioenskappe verteenwoordig. Top presteerders onder die klub se junior gimnaste was Bernice Laboff (foto regs onder) en Jody Knight (foto regs) - beide Vlak 1 WAG dogters wat elk ‘n Platinum toekenning (die hoogste punte) gekry het en eerste in hulle groepe was! By die seniors het Samuel van der Merwe, Hardus van Tonder, Dries le Roux en Stephen Marshall almal eerste in hulle groepe gekom. Stephen is ook die gimnas wat die hoogste vlak (Vlak 7) in Limpopo tans bemeester het! Juniors wat in die span opgeneem is neem 21, 22 September aan North Zone Kompetisie in Kempton Park deel en die Seniors neem op 4-6 Oktober aan die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe in Centurion deel.

Dit krioel van die spinnekoppe!

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Die Grootegeluk-Medupi uitbreidingsprojek (GMep) se spinnekop-hervestigings-projek het onlangs drasties uitgebrei toe daar met die bou van die Kuipersbultpad buite Lephalale meer as 700 spinnekopgate geidentifiseer is.

Nyl system is already stressed says expert

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - “There should be no further impacts on the Nyl-Mogalakwena river system and all activities currently impacting on the system have to stop...”

Dit krioel van die spinnekoppe

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Die Grootegeluk-Medupi uitbreidingsprojek (GMep) se spinnekop-hervestigings-projek het onlangs drasties uitgebrei toe daar met die bou van die Kuipersbultpad buite Lephalale meer as 700 spinnekopgate geidentifiseer is.

Misdaadgolf tref Lephalale

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
Die Ackermans klerewinkel in Lephalale is Maandagoggend net na 09:00 van duisende rande se kontant beroof. Volgens polisiewoordvoerder, A.O. Frans Mokoena was die bestuurder van die winkel en ‘n personeelid op die punt om te vertrek na die bank om die naweek se se geld te gaan deponeer, toe twee gewapende mans hulle in die kantoor vaskeer.

Dak inbrekers vasgetrek

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Toe sekuriteitsmaatskappy, Strike Force Armed Response & Alarms, verlede Maandagaand net na 22:00 ‘n alarm van Sola’s Airtime & Tobacco in die T.Alberts gebou kry was hul gewapende reaksielede binne minute op die toneel. Hulle het twee verdagtes wat weggehardloop het, agterna gesit en in hegtenis geneem.

Rekords spat by wildveiling

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Stud Game Breeders en Vleis­sen­traal Bos­veld het op Sater­dag, 1 Sep­tem­ber, by Mbizi Lodge buite Bela-Bela die tweede hoog­ste omset ooit op ’n veiling be­haal. Dié reuse-omset het R122 280 000 beloop.

EMS kry nuwe eienaar... maar bly in die familie

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Tommy Vogel is die nuwe man aan die stuur van, Electrical Motor Services (EMS), een van die Bosveld se bekendste name in die diens en herstel van elektriese motors. Hy het twee jaar gelede by dié maatskappy aangesluit nadat hy van Lephalale na sy ou tuisdorp, Mokopane, verhuis het. “Mornay en Riaan Koch het vir my ‘n pos hier aangebied. Om dit te aanvaar was waarskynlik een van die beste besluite wat ek nog ooit geneem het,” vertel Tommy.

Sonkrag was nog nooit so maklik nie

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Build-it Mokopane het Saterdag die winkel se nuwe reeks sonkragprodukte in samewerking met AC/DC Dynamics aan die publiek bekendgestel. Die reeks word gekenmerk aan ‘n verskeidenheid modulêre stelle wat wissel van ‘n eenvoudige en goedkoop ligstelletjie tot groter stelle wat items soos yskaste televisies en waaiers insluit. Hier is Built-It se André Bekker saam met Deon van den Heever en Linda Bradshaw van AC/DC Dynamics.

Hardekool is kunssinnig

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
Hardekool Akademie in Lephalale het onlangs aan ‘n landswye beeldende kunste kompetisie deelgeneem. Hier is die goue medaljewenners van links: Liane Nel (wenner in die gr.1.3 fase), Wilmari Muller, Elrich van der Walt en Careli Kuhn. Hardekool Akademie in Lephalale het onlangs aan ‘n landswye beeldende kunste kompetisie deelgeneem. Hier is die goue medaljewenners van links: Liane Nel (wenner in die gr.1.3 fase), Wilmari Muller, Elrich van der Walt en Careli Kuhn.

Ladies reach out to their sisters in hospital

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
The Women’s Network of Mokopane SAP together with provincial traffic officials, Mogalakwena traffic officials and the Red Cross and DA Councillor, Marcelle Maritz last Friday visited female patients at the Voortrekker hospital and handed them gifts in celebration of Women’s Month. The gifts were sponsored by CPF chairman, Andy Goetsch.

Hulle kán gholf speel

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Lené Kruger en Keagan Ross het onlangs hul Limpopo kleure vir Gholf verwerf.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube