Searching for "" in "News"

 

Krugie langasems bly maar goed

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Regs: Hierdie landloop atlete van Laerskool Krugerpark het verlede naweek almal baie goed gevaar tydens die landloop byeenkoms van Laerskool Julian Muller. Hulle is van links agter: Elizmia de Wet, Franco van Deventer, Dillon Jonker, Janica Lubbe en middel: Christiaan Theunissen, Christo le Roux, Leonie van Coller – voor is Pieter van Coller en Marco Ferreira.

O/15 Rassies kraai koning

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
Een September was inderdaad lentedag vir Ellisras Hoërskool se 0/15 krieketspan op hulle tuisveld. Hulle het Piet Pot se 0/15’s kaf gedraf vir net 98 lopies. EHS teken 228 lopies aan met Johan Pitout wat 52 lopies inryg en Sarel Haasbroek 30. Die boulers het hoogty gevier met Ernesto Hattingh wat 4 paaltjies vat, en Kliffie Els 2. Arnandt Grobler vat in hierdie kragmeting ook 2 maar vuurwerke word van hierdie man verwag wat teen Nylstroom ‘n driekuns behaal het. Ons sien uit na ‘n opwindende seisoen.

New heights for Limpopo squash

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
The competition is heating up in Limpopo squash after Mokopane’s Robert Abrahamse initiated a series of tournaments to stimulate squash development at all levels of squash in the province but with direct effect on the official Limpopo teams.

Watse visserman is jy?

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Daar is die ou storie van die twee sogenaamde hengelaars wat by die dam opdaag en na so rukkie se ge-uitlaai en gewerskaf vra die een vir sy makker: “Het jy al ingegooi?” “Nee,” antwoord die ander, “... ek kry nie die glase nie...

Dame stof manne uit op Mokolodam

News: 10 September 2012 By Valerie Cilliers
Uit omtrent 200 hengelaars wat reeds Vrydagaand om die dam begin stelling inneem het vir die Hervormde gemeente (Ebenhaeser) se jaarlikse hengelkompetisie by Mokolo dam, is dit toe ‘n dame wat die manne op hul neuse laat kyk.

Gautengspan wen Nyl toernooi

News: 10 September 2012 By Jasper Raats
Die Potgietersrus Rolbalklub het Saterdag sy jaarlikse Nyltoernooi aangebied met 112 spelers van regoor die land wat ingeskryf en deelgeneem het. Die span van Ridge Park in Gauteng het die R10 000 prysgeld vir die eerste plek egter voor almal se neuse weggeraap. Neels Theron en Carine Engelbrecht van Tzaneen se spanne was onderskeidelik tweede en derde. Soos altyd was hierdie hoogtepunt op die jaarlikse rolbalkalender in Limpopo ‘n reuse sukses en die klub bedank die al borge vir hulle bydrae wat die dag moontlik gemaak het.

DUIMTAAL: SNELSKRIF VAN DIE 21STE EEU

News: 06 September 2012 By Marie Hurter
In my eie lekestudie het ek ‘n paar hoërskoolleerlinge gevra om ‘n stukkie Afrikaanse teks in duimskrif te skryf. Opvallend was dat almal verskillende verkortings gebruik het en dat hulle dit baie moeilik gevind het om duimskrif met ‘n pen op papier neer te skryf. Hulle sê dit voel nie reg nie. Hier’s die kortste weergawe: Hi hu gnt wmj vnand? J ls vi kyr? Wi ng vra gn kyr iwes.

Sandmynery weer onder loep

News: 03 September 2012 By Valerie Cilliers
Die sandmynery in die Mogolrivier het hierdie week onder die vergrootglas gekom toe die natuurprogram 50/50 oor mynery se impak op die rivier verslag gedoen het. Die program het ‘n ou debat weer laat opvlam tussen dié wat glo dat die mynery onmiddelik gestaak moet word en ander wat voel dat die myners nie hulle plekkie in die son gegun word nie.

Bosveldseun se derde Spele

News: 31 August 2012 By Jasper Raats
In 1991 was hy en sy tweeling sussie, Wilna, hoofseun en hoofmeisie van Laerskool Krugerpark terwyl hul ouboet, Theo, hoofseun van Hoërskool Piet Potgieter was. In sy matriekjaar in 1996 was Marius Papenfus weer hoofseun en vier jaar later verteenwoordig hy vir sy eerste keer Suid-Afrika by die Paralimpiese spele in Sydney, Australië, as lid van die nasionale rolstoel basketbalspan.

Sewe verkrag vrou glo

News: 31 August 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - ‘n Vrou van 28 is Sondagoggend net na 04h00 op die bouperseel van die nuwe Lephalale Mall deur sewe mans vasgekeer en verkrag.

Motorfietsongeluk eis Kentz werknemer

News: 31 August 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Nico Botha (48), ‘n werknemer van Kentz, is Saterdag-aand net na 18:00 in ‘n motorfietsongeluk op die Stockpoortpad oorlede. Volgens sy verloofde, Tonja Pestana, wil dit lyk of die motorfiets om ‘n draai onder hom uitgegly het. Botha is op die toneel dood. Direkteure en kollegas van Kentz het Donderdag ‘n kruis en blomme op die ongeluks-toneel geplant.

Twee deur vragmotor getref

News: 31 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE – Twee voetgangers, ‘n man en jong vrou is Woensdagmiddag deur ‘n vragmotor raakgery by die kruising van Thabo Mbeki- en Nelson Mandelaweg. Terwyl paramedici die twee versorg het, het ‘n verkeerskonstabel aan Noordelike Nuus gesê daar is nog geen duidelikheid oor presies wat gebeur het nie.

Possible cure for malaria

News: 31 August 2012 By Marie Hurter
A possible single-dose cure for malaria has just been discovered by the University of Cape Town’s Drug Discovery and Development Centre (H3-D).

Child killers still at large

News: 31 August 2012 By Jasper Raats
MOOKGOPHONG – To date no arrests had been made in connection with the brutal killing of three children in Mookgophong. The bodies of Bafana Kekana (9), Hosea Richard Kekana, 10, and Johana Kekana, 12, were found after they had been stoned to death. Their hands and feet were bound with shoelaces.

Plaasmoord-verhoor neem dramatiese wending

News: 31 August 2012 By Jasper Raats
Die verhoor van ‘n vermeende plaasaanvaller het vandeesweek ‘n dramatiese wending geneem toe die beskuldigde beweer het die vermoorde man se vrou het hom geld aangebied om haar man te vermoor. Dennis Moyo (37), ‘n Zimbabwiër wat daarvan beskuldig word dat hy in 2002 ‘n bekende boer van Pontdrif vermoor het, het Maandag en Dinsdag in die Rondgaande Hooggeregshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn. Hy word aangekla van moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube