Searching for "" in "News"

 

Kinnerpark Kleuters blink uit!

News: 27 August 2012 By Helena Raats
Die kleinspan by Kinnerpark Kleuterskool het verlede week gewoeker met hul talente tydens die Bosveld Musiekfees. Hier is van die uitblinkers met hul sertifikate saam met juffrou Teresa van der Walt (Gr. O onderwyseres): Liz-Mari Bodenstein (A+++), Phillip Pienaar (A+++), Leoné van Schalkwyk (A+), Reghardt Human (A+), Elzanie van der Merwe (A+++), Kara Steyn (A+++), Deané Oosthuizen (A+++) en Ruan Pienaar wat net vier jaar oud is en soomer ook sy boetie, Phillip Pienaar, se liedjie gesing het!

Councillor cries foul over credit practices

News: 27 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE – Mogalakwena Municipality’s councillor Beyers Smit on Tuesday tabled a motion insisting that the muinicipality reconsiders it’s policy on debt collection.

Nylvergadering is belangrik vir almal

News: 27 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE – Die Nyl Aksiegroep hou 'n inligtingsdag op 4 September waar inwoners van Mokopane, Mookgophong en omgewing toegespreek sal word oor die sensitiwiteite van die vleiland en die potensiële impak wat beplande mynaktiwiteite deur die Sylvania myngroep op die omgewing sal hê.

Mooistes gekroon

News: 24 August 2012
MOKOPANE - Mej. Crossing 2012 is Saterdag by die Crossing- winkelsentrum gekroon. Pryse van oor die R7 000 was op die spel en die modelle moes deurgans ‘n hoë standaard handhaaf.

Court rules on spaza shops

News: 24 August 2012 By Valerie Cilliers
MARAPONG - More than 100 Spaza shop owners of foreign descent gathered at the offices of the Lephalale police in Onverwacht last Wednesday for a meeting with provincial officials regarding the closure of their shops and the confiscation of their goods by police.

Ongeluk eis pa van vier

News: 24 August 2012 By Valerie Cilliers
STEENBOKPAN - ‘n Geliefde boer van die Steenbokpan-omgewing, Johan Murray, is Saterdagaand in ‘n motorongeluk oppad na sy plaas oorlede. Chicken, soos wat meeste mense hom geken het, het Saterdag onderdele vir sy boormasjien in Pretoria gaan koop, oppad terug en sowat 30km van sy huis af het ‘n donkiekar vermoedelik voor hom ingedraai. Dit wil voorkom of Chicken uitgeswaai het en die motor gegly en gerol het. Hy is op die toneel oorlede. Hy laat sy vrou Olga en vier kinders, Isak (13), Nettie (11), Willem (9) en Elizabeth (Pepper) (5) agter.

Twee keer meer renosters sterf in 2012

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
POLOKWANE - ‘n Spesiale vergadering om die krisisafmetings van renosterstropery in Limpopo te bespreek is verlede Woensdag by die polisie se streekskantore in Polokwane gehou. Volgens statistieke wat onlangs bekend gemaak is, is twee keer meer renosters in 2012 gestroop in vergelyking met dieselfde tydperk in 2011.

VLU Aandster se Ster is veilig terug!

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Gretha du Plessis van die VLU Aandster tak is veilig terug nadat sy Kilimanjaro suksesvol aangepak het. Gretha vertel dat sy glad nie “altitude sickness” gehad het nie, maar dat die koue haar amper-amper onder gekry het. Die groep het bestaan uit twee gidse, ‘n kok en een ander stapper. Een van die gidse wat hul vergesel het, het by die vertekpunt aan Gretha belowe dat hy haar by die piek sal kry, en hy het dit reggekry.

Reg vir grootskool!

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark het verlede Vrydag sy hart en deure oopgemaak vir volgende jaar se Gr. 1’s. Kindertjies van regoor Mokopane het solank hul klassies kom bekyk en die vriendelike onderwyseresse ontmoet. Terwyl party van die outjies maar skaam-skaam geloer het, het ander trots ge-staan met groot glimlaggies. Onder is juffrou Vertongen se klas besig om met mekaar kennis te maak en regs deel juffrou De Bruyn drukkies uit om die kleingoed sommer gou tuis te laat voel.

Krieket Krugies wys wat in hulle steek

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
Verskeie spelers van Laerskool Krugerpark se krieketspanne het die naweek deurgedring na die tweede rondte van die Waterberg krieketproewe. Die o/11’s wat deurgedring het is (onder) van links: Dean Herman, Francois Dean-Burkholtz, Justin Nel en Kevin Timmins.

Limpopo se mooiste modelle

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
Hier is die wenners in die ander ouderdomsgroepe van die Mej. Crossing modelkompetisie wat Saterdag by die Crossing Mall in Mokopane aangebied is. Algehele wenners in die 15-19 jaar kategorie was van links: Esmarie Pheiffer – derde, Franca Pretorius, Sheran du Toit die wenner en Clementine Sikhwivhilu in die tweede plek. Wenners van 11-14 jaar kompetisie was van links: Marinda Engelbrecht - tweede, Franca Pretorius en die wenner Malinda du Plessis. Die beoordeelaars vir die dag was van links Riki Van Der Westhuizen, Franca Pretorius en Charmain Gouveia (bestuurder van The Crossing Mall Mokopane).

Carpé Diem excells at LICSSA athletics

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
Carpé Diem School did extremely well at the LICSSA Athletics Meeting held at Neos Christian Schools last Friday. The school brought home 23 gold medals, 22 silver medals and 14 bronze. Carpé Diem was also awarded the Spirit Trophy. Pictured are the medal winners. Right: The Victrix Ludorum went to one of our own, Kirsten Eastes (right) and in second place again one of our own was Betty Motlante.

Reflecting on winter’s bounty

News: 24 August 2012 By Christie Thomas
Let’s be honest, during the winter it is a chore to go fishing. It is cold, sometimes downright unpleasant, and the fish are notoriously difficult to catch. Everything slows down, and most of us go into semi-hibernation.

Limpopo kleure vir Gimstars

News: 24 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Gymstars se ritmiese gimnaste Vlak 4, het Vrydag 17 Augustus deelgeneem aan die Ritmiese Limpopo Kompetisie in Johannesburg en het uitste-kend presteer. Op vlak 4, onder 11 was Monene Kelly algheel 1ste en Chris-Mari Darvall algeheel 3de. Op vlak 4, onder 13 was Lerato Modiba algeheel 3de, op vlak 4, onder 15 was Lizaan Oeschger algeheel 3de. Op vlak 4, onder 13 behaal Mariska Genis en Charlotte le Roux elk ‘n 3de plek vir aparaat. Die gimnaste ontvang dan ook hulle Limpopo Kleure.

Bossies hou 'n krieket dag

News: 24 August 2012 By Valerie Cilliers
Laerskool Bosveld Primary het Saterdag ‘n baie suksesvolle mini-krieketdag aangebied met Laerskool Koedoeskop en Laerskool Platina wat as gaste kom deelneem het. Die dag is ter otwikkeling van junior krieket waar elke seun die geleentheid gekry het om te kolf en om te boul. Die 0/7 ,0/8 en 0/9’s het elk twee wedstyde gespeel.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube