Searching for "" in "News"

 

Anton is hier!!

News: 23 August 2012 By Valerie Cilliers
Na 'n 230km staptog wat bykans vier weke geduur het het Anton Fouche verlede Vrydag in Lephalale aangekom. Noordelike Nuus het Anton se staptog vir Bosveld Sending van die begin af gevolg en het verlede Maandag sowat 35km op die Markenpad uitgery om hom daar aan te moedig.

Skote klap voor laerskool

News: 17 August 2012 By Jasper Raats
Johan Stumke van PJP Sekuriteit moes Woensdagoggend op sy voete dink toe twee gewapende rowers skielik op hom skiet terwyl hy en sy kollegas kontant by Laerskool Krugerpark opgelaai het. Stumke het by die klein hekkie van die skool se hoofingang gewag vir sy kollega wat die skool se kontant by die kantoor gaan haal het.

‘Dronkbestuurder’ vlug terwyl polisie sloer

News: 17 August 2012 By Valerie Cilliers
‘n Kop-aan-kop botsing in Jan Lee straat hierdie week het drie baie prominente sosiale en veiligheids problem in Lephalale aan die lig gebring. Net voor 20:00 Maandagaand is ‘n persoon erenstig beseer toe ‘n bestuurder reg van voor in hom vasgery het. Die verdagte wat volgens omstanders duidelik onder die invloed van alkhol was het van die toneel gevlug terwyl sekuriteitspersoneel vir die polsie gewag het wat in daardie stadium nie ‘n voertuig tot hulle beskiking gehad het nie. Volgens polisie statistieke neem die aantal voorvalle van ongelukke waar alkohol betrokke is met rasse skrede toe.

Geliefde polisieman sterf

News: 17 August 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE – Die lyk van plaaslike polisie adjudant-offisier Bobbie Schutte is verlede Donderdagoggend in sy voertuig gevind deur ‘n hekwag van D’Nyala voor die reservaat se hek, waar hy vermoedelik aan eie hand gesterf het. Schutte laat sy vrou Marlize, ook ‘n polisie-offisier, en twee kinders, Shawn en Luan agter. Sy begrafnis vind plaas op Vrydag 17 Augustus om 11h00 vanuit die Ellisras-wes NG-kerk in Onverwacht. Marlize betuig graag haar dank teenoor haar kollegas en die gemeenskap vir al die bystand en ondersteuning wat sy daagliks in hierdie tyd ontvang.

Bossies hou konsert

News: 17 August 2012 By Valerie Cilliers
Dit was ligte, kamera...aksie by Laerskool Bosveld Primary hierdie week toe leerders en onderwysers na maande se harde werk ‘n fantastiese produksie op die planke gebring het. Hierdie jaar se konsert het gespog met pragtige kostuums en het gehore elke aand op ‘n musikale reis geneem saam met die Lion King, die Smurfs, Elvis, Abba, Disney Wonderland en die reënboognasie.

Kierieklapper klop die koue

News: 17 August 2012 By Jasper Raats
Hoewel die koffiestalletjies se verkope hierdie jaar dalk beter as die koeldrankstalletjies s’n gelyk het kon die koue weer nie besoekers aan die 2012 Mutual & Federal Kierieklapper Kunstefees afskrik nie. Meer as 20 000 mense is tussen Donderdag en Sondag deur die feesterrein se toegangshekke, sê feeskomiteevoorsitter, Johan Kirchner.

Fanie-hulle wen gholfdag!

News: 17 August 2012 By Jasper Raats
Fanie Kemp en sy seun, Dennis, was die wenners van die Mutual & Federal Kierieklapper Kunstefees se gholfdag verlede Vrydag. Kierieklapperfeeskomitee voorsitter, Johan Kichner, het die pryse met die hulp van Mej Limpopo, Katryn Barwise, uitgedeel.

Nog kragstasies is enigste oplossing

News: 16 August 2012 By Valerie Cilliers
Suid-Afrika staar ‘n grootskaalse krag tekort in die gesig en kenners meen die enigste langtermyn oplossing is om nog kragstasies in die Lephalale omgewing te bou. Maar die regering sloer met die skep van ‘n regsraamwerk vir die oprigting van private, onafhanklike kragstasies.

Kommer oor matriekseun ná vuisgeveg

News: 14 August 2012 By Valerie Cilliers
Conrad du Preez (42) het Maandag in die Lephalale landdroshof verskyn nadat hy hom aan die polisie oorgegee het toe dit aan die lig kom dat ‘n matriekleerling met wie hy na bewering Donderdagnag in ‘n onderonsie betrokke was

Seuntjie (2) verdrink

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Inwoners van die dorp het hierdie week hul harte oopgemaak nadat die Du Toit gesin se seuntjie Egan (2), Maandagmiddag in hulle swembad verdrink het. Maar weldoeners vra dat die dorp sy hand oop hou vir hierdie gesin.

Warm water en krag maar geen meterlesing

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE – Jan en Monica Human van Kameeldoringpark is dalk meer bekend vir hul gastehuis, Jan se vernuf as spuitvlieënier of Monica se tuisgebak as VLU-lid, maar hulle is ook die eienaars en bewoners van Mokopane se eerste huis wat geheel en al op sonenergie en gas funksioneer.

Stoeiers bring medaljes huis toe

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
Sulé en haar boetie Frik Venter van Laerskool Krugerpark het verlede naweek aan die Johnny Reitz stoeitoernooi by Tuks Stoieklub in Pretoria deelgeneem. Frik het twee goue medaljes in die 36-39 gewigsklas gewen en Sulé ‘n brons in die 27-28 klas.

Potties bekoor op die planke

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
Hoërskool Piet Potgieter se musiek blyspel Liefling en Lelik het gehore hierdie week bekoor met puik toneelspel, sang en ‘n verhaal tipies van skoolterrein lief en leed. Die blyspel is geskryf deur Deidré Strauss, ‘n plaaslike musikant en koorafrigter.

Hope kos vir behoeftiges

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
Jeanette van der Merwe van Jenets Restaurant het hierdie jaar weer leerders uit verskeie skole in Mokopane beloon vir hul flinke insameling van nie-bederfbare voedselprodukte wat deur die loop van die volgende jaar aan behoeftige gesinne in Mokopane verskaf sal word
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube