Searching for "" in "News"

 

Eerste plek vir model-Bossie!

News: 10 August 2012 By Valerie Cilliers
Deur Annie Krugel - Die fraaie Charlize du Plessis, wat in graad 2 is by Laerskool Bosveld Primary het op 26 Julie aan `n model kompetisie deelgeneem in Thabazimbi. Die jonge dame het met die kroon weggestap.

Hillbillies in Lephalale?

News: 10 August 2012 By Valerie Cilliers
Die Dixie Hillbillies het verlede Vrydagaand in Lephalale by Le Café Des Sport opgetree. Wie kon raai dat ‘n viool en banjo kan mens hoedervleis kan gee? Hier is Johan Scheppel (viool), Dolla Költzow (Noordelike Nuus), Charold Gerber (Le Cafe Des Sport bestuurder), JP Dix (sanger, banjo) en Jerry Gruven (bestuurder, baskitaar).

Oorgehaal vir Noordvaal sukses

News: 10 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Drie van Hoërskool Piet Potgieter se hokkiespanne ding hierdie week in Potchefstroom mee in die Noordvaal-reeks.

Moordverdagte Fanie was glo 'jolly'

News: 03 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Die rondgaande hof in Mokopane het hierdie week ‘n verhaal van surrealistiese gebeure rondom die aand van Lizette Terblanche se dood aangehoor tydens die moordverhoor van haar man, Fanie Terblanche.

Vonke spat oor snotsiekte

News: 03 August 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Gemoedere het hoog geloop toe die kwessie van snotsiekte (malignant catarrhal fever) ter sprake kom tydens verlede week se Limpopo RPO kongres by Hoeka Toeka.

Allemintige familie saamtrek

News: 03 August 2012 By Valerie Cilliers
“Ek en my huis sal die Here dien.” Dit was die tema van Lephalale se eerste Mighty Family kamp wat die afgelope naweek op ‘n plaas 40km buite Lephalale aangebied is. Meer as 30 gesinne het in tente op die terein gekamp om na sprekers soos Danie Botha, Ds. Wollie Grobler, Hessel van der Walt, Zane Meas en Prof. Jan Hatting te luister. Plaaslike musikante en aanbiddingsleiers het saam met Danie Botha gesorg vir ‘n ‘n wonderlike geleentheid vir families om saam te sing en aanbid en Willie en die Wenspan het deur die loop van die naweek die kinders bedien. Die organiseerders van die kamp beoog om in die toekoms weer soortgelyke kampe daar aan te bied.

Netbalbossies kook op SA’s!

News: 03 August 2012 By Valerie Cilliers
Die o/12A netbalspan van Laerskool Bosveld Primary het 27 en 28 Julie aan die SA skole kampioenskappe op Rustenburg gaan deelneem. Die beste skole in SA het deelgeneem. Hulle het drie wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Baie geluk aan hierdie dogters!

Kom klim saam

News: 03 August 2012 By Valerie Cilliers
Hulle het verseker nie hoogtevrees nie! Ben Nortje en Gustav Steyn van die Lephalale rotsklimklub oefen gereeld op die muur by die Mogolklub en nooi alle belangstellendes om saam te klim. Vir meer inligting kontak Ben by 082 557 5406 of stuur ‘n epos aan: rockclimb.mogol@gmail.com.

Kranskop kry ‘n kruis

News: 03 August 2012 By Jasper Raats
MODIMOLLE - ‘n Groepie leerlinge van Ellisras Hoërskool het die afgelope naweek saam met meer as 300 hoërskoolkinders, ouers en jeugwerkers ‘n jeugsaamtrek by Kranskop net buite Modimolle bygewoon.

Krieketseisoen skop goed af

News: 03 August 2012 By Fransa de Beer
Saterdag 28 Julie het die krieket seisoen in dawerende akkoorde begin vir Ellisras Hoërskool se 0/15’s wat op Warmbad teen die Warries meegeding het.

Hardekool skitter by Kunstefees!

News: 03 August 2012 By Jasper Raats
Leerlinge van Hardekool Akademie vir CVO het die afgelope naweek aan die BCVO Streekskunstefees in Mokopane deelgeneem.

Ek wens ek was 'n brandweerman!

News: 03 August 2012 By Marli Strydom
Enige seuntjie of dogtertjie se droom... Die droom het waar geword toe brandweermanne, Nick en Allen van die nooddienste vir die Gr. R kleinspan van Laerskool Bosveld Primary kom kuier het.

Khukokais kap dit flou!

News: 03 August 2012 By Valerie Cilliers
Die Mogol Shukokai Karate klub se karateka’s het Saterdag 28 Julie aan die Limpopo Kampioenskappe in Polokwane deelgeneem.

Brandwa omgeslaan

News: 27 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE – ‘n Brandweerwa onderweg na ‘n vuur op die Medupi-pad het Maan-dagaand in Nelson Mandelaweg reg voor die FET College omgeslaan. Ooggetuies vertel die voertuig het baie vinnig om die draai gekom toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die bestuurder het slegs ligte beserings opgedoen en niemand anders is in die ongeluk beseer nie.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube