Searching for "" in "News"

 

Farming for Madiba’s day

News: 23 July 2012 By Valerie Cilliers
The Limpopo Department of Agriculture celebrated Mandela Day by visiting the Nailane Vegetable Project at the Kauletsi village, 85 km from Lephalale. The six hectare project produces tomatoes, spinach, beetroot, cabbage, onion and butternut for the local market and individuals in need. The project has created two permanent and six temporary jobs for members of the local community. Members of the department and officials of the Lephalale municipality spent their 67 minutes for Mandela day by working at the project.

Boeke vir Mandela dag

News: 23 July 2012 By Jasper Raats
'Mandela dag' is Woensdag op oud-president Nelson Mandela se verjaarsdag gevier en weldoeners wêreldwyd het die dag herdenk deur 67 minute te spandeer om iets vir hul gemeenskap te doen. Noordelike Nuus het vir hierdie doel boeke ingesamel en Woensdag aan die nuutgeboude biblioteek in Marapong geskenk. Boeke wat in Mokopane ingesamel is sal aan die plaaslike biblioteek oorhandig word. Bo gee Valerie Cilliers meer as 50 boeke aan Johanna Ndoweni (hoof bibliotekaris) en die personeel. Van links: Paulina Mampa, Hazel Mashaba, Stelinah Mathabe, Hannelie Kruger Georginah Mokoena en Mary Maluleke (heel voor).

Dienssentrum hou sy eie July

News: 23 July 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE - Om ‘n bietjie opwinding en sommer lekkerkuier in die lewens van die lede van die Mokopane Dienssentrum vir Bejaardes te blaas het die sentrumbestuur onlangs ‘n Julydag aangebied waar pensionarisse die geleentheid gehad het om op te dollie asof hulle die ware Jakob gaan bywoon. Op die dag is pryse toegeken vir mooiste hoed, oorsprinklikste hoed en beste uitrusting. Daar was ook 'Minute-to-win-it' speletjies aangebied. Johan Kichner was die beoordelaar. Wenners het elk ‘n mooi speelperdjie gewen. Die oorspronklikste hoed het aan Alida Prinsloo behoort, die mooiste hoed aan Tokkie Kiesling en Joey Mulder beste uitrusting aangehad.

Huis huurpryse laat beleggers regop sit

News: 23 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE – Huurinkomste vir wonings in Lephalale het die afgelope paar maande nuwe hoogtes bereik. 'n Gewone vier slaapkamer woonhuise word tans vir R30 000 per maand uitverhuur, terwyl maatskappye bereid is om R23 000 vir ‘n twee slaapkamer huis te betaal. Die vraag bestaan egter of die pryse volhoubaar is. Is dit wys om nou in eiendom hier te belê?

VLU Aandster se superster

News: 23 July 2012 By Jasper Raats
Gretha du Plessis van die VLU Aandster tak het ‘n spesiale prys behaal in die afdeling “Fotografie – Droë Boom”. ‘n Koekspaan is as aanprysingsgeskenk aan haar oor-handig tydens die onlangse Kongres. Gretha is ook ‘n dame wat kans sien vir ‘n groot uitdaging. Sy vertrek eersdaags na Tanzanië, waar sy op 29 Julie 2012 die staptog gaan begin na die piek van Kilimanjaro wat 5 895m hoog is. Noordelike Nuus en die VLU Aandster-tak wens Gretha en haar gesin voorspoed toe!

Vetus Schola help kinderhuis

News: 22 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Vetus Schola Protection Services het tydens hierdie jaar se Bosveldfees R21 251.20 vir die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle ingesamel. Die insameling is gedoen deur Abragham Kriel Resepte Boeke te verkoop, algemene donasies en die uitloot van ‘n rooibok waar verskye mense R50 per kaartjie betaal het om in aanmerking te kom vir die prys. Die bedrag wat ingesamel is, is bykans dubbel verlede jaar se bedrag en Vetus Schola wil graag elkeen wat bygedra het bedank.

Potties is hokkie kampioene!

News: 19 July 2012 By Cindy Pretorius
MOKOPANE- Die o/16 hokkie span van Hoërskool Piet Potgieter is voor die skool vakansie gekroon as die Limpopo wenners. Hulle sal 4 Augustus te staan kom teen Sasolburg Afrikaans Hoër in die Noordvaal tweede rondte kompetisie op Piet Potgieter se velde. Die span is van links agter: Esteé Pretorius, Deidre Uys, Andrea Sanderson, Carlien van Rooyen en Christelle Brand. Middel: Sulize van Rooyen, Jadyn Potgieter, Rojanka Myburgh, Lezandri Nel, Kristen Potgieter en Melanie du Toit (Afrigter). Voor: Elmarie Korff, Marsha Haniball en An-Marie Voster. Die o/14, o/15 en eerste hokkie spanne is gekroon as die naaswenners en sal ook die vierde Augustus verder speel in die Noordvaal kompitisie. Die eerste rugbyspan kom more te staan in die finaal van die Limpopo Liga teen Hoërskool Merensky van Tzaneen.

Le Cafè rock na die Bosveldfees!

News: 12 July 2012
Soos gewoonlik het verskeie glanspersoonlikhede en kunstenaars weer vir groot vermaak gesorg by Le Cafe des Sports!

‘n Rekordfees!

News: 12 July 2012 By Valerie Cilliers
Meer as 30 000 mense het hierdie jaar die Bosveldfees in Lephalale besoek, ‘n besoekerstal wat volgens Marié Seegers, die voorsitter van die Bosveldfeeskomitee, alle vorige rekords oorskry.

More dumped textbooks found

News: 12 July 2012 By Jasper Raats
POLOKWANE – A 44-year-old man was arrested on a charge of malicious damage to property following the alleged disposal of almost 700 school books in the Giyani area. The books were Mathematics for Grade 8 and Numeracy in Sepedi for Grade 3. The suspect, a clerk at the Department of Education, is due to appear in the Giyani Magistrates’ Court on Tuesday 10 July. Investigations are continuing.

Nuwe spoorlyn vir Waterberge

News: 12 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Transnet wil binne die volgende vyf jaar ’n nuwe spoorlyn bou wat 23 miljoen ton steenkool per jaar uit die Waterberge na Mpumalanga kan vervoer.

Stap ‘n draai deur ons verlede

News: 12 July 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE – Arend Dieperink het op 12-jarige ouderdom begin om sy familie se huishoudelike items en erfstukke van geskiedkundige waarde te versamel.

‘Gaan groot Bosveldfees!’ - Karen Zoid

News: 12 July 2012 By Valerie Cilliers
Sy was 22 toe sy die Suid-Afrikaanse musiekbedryf laat regop sit het met treffers soos 'Afrikaners is plesierig' en 'Engel'. Tien jaar later en met verskeie toekennings agter haar naam bly sy een van SA se voorste sanger-liedjieskrywers. Karen Zoid het verlede Woensdagaand met haar 'Zoid Afrika' vertoning by die Bosveldfees in Lephalale gewys waarom sy wêreldwyd beskou word as ‘n Suid-Afrikaanse 'rock-ikoon'. Noordelike Nuus se Valerie Cilliers het na die vertoning met haar gesels...

Kunstenaars bekoor by Bosveldfees

News: 12 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Vir die eerste maal in die geskiedenis van die Bosveldfees het ‘n teaterproduksie deel uitgemaak van die vermaak wat aan feesgangers gebied is.

Mooistes in die Bosveld

News: 09 July 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Hierdie jaar se Mej. Bosveld, Bianca Grobler (17), eerste prinses, Charleen Smith(17) en tweede prinses, Amore Crots (18) is verlede Vrydagaand by die jaarlikse Bosveldbal gekroon.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube