News:
19 June 2012
By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Die Marula Mile kleinhandelsentrum in Lephalale wat sy deure in April oopgemaak het spog reeds met huurders soos Choppies, KFC, Galito’s, Fish n Chips, Makouvlei Meubels, Hair 'n Beauty en Surebank om 'n paar te noem.
Doornhoek Ontwikkelings en Alchemy het die week aangekondig dat die konstruksie van Marula Mile se fase drie reeds aan die gang is en sal teen 31 Oktober voltooi wees.
Dié deel van die sentrum sal uit twee hoofgeboue bestaan met huurders soos Bearing Man Group, Choppies Warehouse en ook n 150m2 winkel wat beskikbaar is vir verhuring in die eerste gebou. Die tweede gebou sal ongeveer 350m2 beslaan en dié opwindende huurder sal binnekort aangekondig word. Beplanning van die vierde fase wat twee nasionale meubelileerders, ‘n hoenderslaghuis en verskeie ander kleinhandelaars sal huisves is reeds onderweg.
Marula Mile hou op Donderdag 28 Junie ‘n groot promosiedag, met vele promosies van bestaande huurders.