News:
23 April 2012
By Jasper Raats
MOKOPANE - Die Mogalakwena Munisipalteit het hierdie maand ‘n R7-miljoen opgraderingsprojek van die dorp se paaie van stapel gestuur. Padgebruikers sou die afgelope week sien hoe die ou, verbrokkelde bo-laag van Thabo Mbekrylaan en dele van Geyserstraat afgekerf is om die padoppervlak voor te berei vir ‘n nuwe laag teer.
...volle berig op bladsy 3
Daar is ook nuwe randstene langs dele van Thabo Mbekiweg aangebring.
Munisipale bestuurder, Willam Kekana, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê daar gaan oor die volgende drie jaar baie geld en energie aan die dorp se paaie bestee word.
“Ons het reeds begroot vir ‘n verdere R10 miljoen vir ons paaie in die finansiële jaar wat in Julie afskop,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die munisipaliteit ook in Julie gaan begin om die dorp se ou asbes waterpype te vervang.
“Hierdie infrastruktuur is baie oud en ons het al hoe meer probleme met pype wat bars. Daar is vir te lank te min onderhoud op al ons infrastruktuur gedoen, maar ons beplan om nou vinnig in te haal.”