Jong ma se kraamsaal nagmerrie
LEPHALALE – Die Lephalale hospitaal neem bewerings van swak versorging, vuilheid en nalatigheid ernstig op en indien daar ‘n amptelike klag aanhandig gemaak is sal dit deeglik ondersoek word, het ‘n werknemer van Ellisras hospitaal gesê nadat ‘n jong ma van 17 teenoor die plaaslike media uitgevaar het oor haar “nagmerrie-ervaring” tydens haar seuntjie se geboorte daar.