Searching for "" in "News"

 

Noue ontkoming vir motoris

News: 22 May 2014 By NoordNuus reporter
Die bestuurder van dié groen Golf is Woensdagmiddag behandel vir 'n gebreekte bobeen nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het toe hy glo oor teen 'n hoë spoed oor die stopstraat gery het en teen 'n lamppaal in Palalastraat gebots het. Dit was ook 'n noue ontkoming vir Lindi Weideman wat moes uitswaai om te keer dat die motor haar motor tref. Sy het dadelik die ambulans gebel en die man te hulp gesnel. Hy is deur Tromar Ambulansdienste na Ellisras Hospitaal vervoer. Foto's verskaf deur Alida Wallis.

Mogalakwena - the battle continues

News: 22 May 2014 By Jasper Raats
It was another week of political wrangling at the Mogalakwena municipality with the local council obtaining a court interdict preventing the administrator appointed by the MEC for co-operative governance, human settlements and traditional affairs from taking office.

Accident leaves one dead, one seriously injured

News: 22 May 2014 By Helena Raats
Tragedy struck on Friday 16 May, when a truck accident on the Zebediela-road, about 10km from Mokopane, claimed the life of one man and left the other severely injured.

Merc spins out of control

News: 22 May 2014 By Jasper Raats
While more than 50 policemen and at least 20 vehicles were stationed at the municipal chamber entrance in Mokopane on Tuesday, traffic and insurance personnel had to wait almost an hour for police to attend to an accident scene that morning only a street block away on the corner of Retief and Pretorius Streets.

Blou ape laat inwoner rooi sien

News: 22 May 2014 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Ina Visser van Lephalale woon nou al bykans 17 jaar in Platkroon straat in Onverwacht. Die afgelope vier jaar het ‘n trop blou ape hul self tuisgemaak in die area en volgens haar al groot skade aangerig - vrugte bome word geplunder, swartsakke word oopgeskeur, die honde se kos word geëet en self hoendereiers en die kuikens wat sy groot maak, word geëet.

Pippie blom!

News: 22 May 2014 By Valerie Cilliers
Net ‘n paar minute in klein Pippie Kruger van Lephalale se geselskap en jy kyk met nuwe oë na die lewe. Haar glimlag is aansteeklik en sy lag uit haar maag vir haar boetie Arno se streke. So skryf Noordelike Nuus se Valerie Cilliers wat met Krugers gesels het.

Beyers gaan parlement toe

News: 22 May 2014 By Jasper Raats
Beyers Smit, ‘n raadslid van die Mogalakwena munisipaliteit, is vroeër hierdie maand gekies tot die nasionale raad van provinsies en is hierdie week ingesweer.

Wees deel van APK se Boerebasaar

News: 22 May 2014 By Melt van der Spuy
Op Saterdag 24 Mei vind die bekende en gewilde Boerbasaar van die APK op die hoek van JG Strijdom- en Pretoriusstraat in Mokopane plaas.

Mampoerfees om die draai

News: 22 May 2014 By Jasper Raats
Die Mampoerfees is ‘n hoogtepunt op die jaarkalender van die Willem Prinsloo Landboumuseum en die Kultuurstokersgilde van SA. Hierdie feestelike geleentheid, wat al vir bykans 30 jaar aangebied word, vind vanjaar op Saterdag 31 Mei plaas.

Mampoerfees om die draai

News: 22 May 2014 By NoordNuus reporter
Die Mampoerfees is ‘n hoogtepunt op die jaarkalender van die Willem Prinsloo Landboumuseum en die Kultuurstokersgilde van SA. Hierdie feestelike geleentheid, wat al vir bykans 30 jaar aangebied word, vind vanjaar op Saterdag 31 Mei plaas.

Burglars shift to Mahwelereng

News: 16 May 2014 By Jasper Raats
While police statistics show that burglaries in Mokopane’s town and residential areas are slowly declining, it appears that burglars have shifted their attention to Mahwelereng - Sector 2 commander - warrant officer MS Manametje told Northern News this week. “We seem to have gangs of foreign nationals focussing on stealing plasma TV’s in this area,” he said. He explained that Mokopane police have increased their visiblity and patrolling schedules in town as burglaries were becoming a major concern here. Now he says it is up to their Mahwelereng counterparts to do the same.

‘n Bul van ‘n Koedoe!

News: 16 May 2014 By Valerie Cilliers
‘n Amerikaanse jagter, Dennis Karnosky van Burlington, VSA, het verlede Vrydag saam met Joubert Pro Hunt hierdie Koedoebul (61 7/8 duim) so 35km buite Vaalwater geskiet. Saam met hom is Leon Joubert (Spyker) van Joubert Pro Hunt. Leon vertel dat dit Denis se sewende keer is dat hy saam met hulle jag en hoewel hy al ‘n noemenswaardige lys van trofeë het, het hy nog nooit so ‘n besondere trofeëkoedoe gejag nie. Hoewel Dennis vanjaar in agt provinsies gejag het en onder andere ‘n Oribi en ‘n Rooi Lechwe by sy lys gevoeg het, was dit hier in die Waterberge wat hy sy trofee Koedoebul gekry het. Hy het die bul op 150m met ‘n 375 Blaser R8 geskiet. Hy het vroeg die week teruggekeer Amerika toe.

Geëis vir vloedskade, wat nou?

News: 16 May 2014 By Valerie Cilliers
Verskeie boere in die Lephalale en Mokopane omgewing het geeis vir vloedskade nadat die Waterberg distrik weens die vloede in Maart as rampgebied verklaar is.

Herrie oor die wildehonde

News: 16 May 2014 By Valerie Cilliers
Die trop wildehonde wat in Maart op Shayamanzi, so 40km buite Lephalale in ‘n 10ha roofdier kamp aangehou is, is Vrydag deur die Endangered Wildlife Trust (EWT) en die Limpopo departement van omgewingsake en toerisme verwyder. ‘n Prokureursbrief is ook vroeër aan die eienaar, Jannie Parsons, gestuur vir die aanhou van die wildehonde sonder ‘n permit. Parsons, wat wel permitte vir sewe van die 22 honde het, wou nie aanvanklik op EWT se versoek reageer om die honde op sy plaas vry te laat voordat verskeie opsies met kenners bespreek is nie.

Noue ontkoming vir skoolhoof

News: 16 May 2014 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se hoof, Johan Vertongen, het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n dik staal bout van omtrent 20cm lank verlede Vrydag in sy motor se windskerm vasgevlieg het. Vertongen was die oggend van Polokwane af op pad skool toe, toe ‘n vragmotor se wiel die staal bout in die lug op skiet. Hy het teen 120km/h gery toe dié dodelike projektiel reg voor sy gesig in die ruit vasvlieg. “Fyn stukkies glas het die hele wêreld vol gespat. Gelukkig het ek my bril opgehad, anders was dit in my oë,” het hy Vrydagoggend vertel. Met die bout wat in sy voorruit vasgesteek het, het Vertongen koelkop gebly en gesorg dat hy betyds by die skool kom. “Nou weet ‘n mens waarom windskerms so duur is. As dit nie was vir die ruit wat die bout ‘gevang’ het nie, was ek dood.”
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube