Searching for "" in "News"

 

Klein Linke is in remissie!

News: 20 March 2014 By Valerie Cilliers
Toetse hierdie week op klein Linke Nel het bevestig dat sy vir die eerste keer sedert sy 11 maande gelede met kanker gediagnoseer in remissie is. Haar ma René, het Woensdagoggend die goeie nuus met familie en vriende gedeel waar sy, Linke en Marco tans in Australië is vir behandeling. Die dokter daar gaan steeds voort om haar te monitor en sy sal ook steeds chemoterapie kry. ‘n Konsert word beplan ten bate van Linke se behandeling op 29 Maart op EHS se atletiekveld. Gaskunstenaars is Gerhard Steyn, Karlien Husselman en Rochelle Jacobs. Volg gerus Linke se vordering op die Facebook blad Little Linke Love.

Herstelwerk begin aan die Witkoppad

News: 20 March 2014 By Valerie Cilliers
Nadat omtrent 200 inwonders van die Baviaanshoek-omgewing vir meer as twee weke lank in hulle huise vasgekeer was weens vloede, het die water uiteindelik hierdie week begin sak. Teen Woensdag, 19 Maart, was not net 15 families vasgekeer.

Die ‘skottelse’ ding!

News: 20 March 2014 By Melt van der Spuy
Servaas is iemand so tussen-in. Hy kan sonder ’n paar gemaklikhede leef, maar dit gaan maar tande kners om sonder sy “duiwelskassie” te kamp. Hy kan nie leef sonder sy Sewende Laan en sport nie. Dis dié wat hy besluit het hy kry vir hom so klein TV-skottel vir die uitkamp. Hy koop spesiaal ’n kamera-driepoot wat toe ’n skottel-driepoot word en ’n week voor hy weer gaan kamp, besluit hy die oggend hy moet darem die spulletjie toets sodat hy nie by die kampplek soos die stompste potlood in die pakkie lyk nie.

Mev SA dalk uit Lephalale

News: 20 March 2014 By Valerie Cilliers
Rina van Schalkwyk van Lephalale is onlangs aangewys as een van die semi-finaliste vir die Mev. Suid-Afrika kompetisie. Sy sal die enigste verteenwoordiger vanuit Limpopo wees wat op 12 April by Emperors Palace deelneem. By die spoggeleentheid sal die 22 finaliste vir die finale kompetisie aangewys word.

VLU Aandster presteer

News: 20 March 2014 By NoordNuus reporter
Die dames van die Vroue Lanbou Unie se Soetdoring streek het op 1 Maart hul jaarlikse Konferensie by Hanlin Lodge net buite Modimolle aangebied. Die Aandster tak het byna skoonskip gemaak tydens die prysuitdeling.

VLU Bosveldstreek leef die lewe!

News: 20 March 2014 By NoordNuus reporter
Lede en gaste van die Vroue Landbou Unie Bosveldstreek het op 5 Maart in gietende reën hul 19de konferensie in Thabazimbi gehou.

Vloed kelder amper droom vakansie

News: 20 March 2014 By Valerie Cilliers
Lephalale inwoners Herman en Karen Stadler het 16 jaar aan hulle Mauritius vakansie beplan. Min het hulle geweet dat hulle voor hulle vertrek, uit Lephalale sou moes jaag sodat hulle nie deur vloed waters vasgekeer word nie. Nog minder het hulle geweet dat hulle op Beeld se voorblad sou verskyn.

Kruis geplant vir Bernadine

News: 20 March 2014 By Valerie Cilliers
‘n Kruisplantingseremonie is Dinsdag gehou vir Bernadine Kruger wat vyf jaar gelede op die ouderdom van 16 deur ‘n taxi doodgery is. Haar ma, Elsabé Homan, wat die afgelope twee jaar in Lephalale woon het aan Noordelike Nuus gesê die seremonie is gereel deur die Vryheidsfront plus en die kruis is geplant in Pretoria-Oos naby die plek waar Bernadine gesterf het.

Vloedwaters - gemeenskap staan saam

News: 13 March 2014 By Valerie Cilliers
Dinsdagoggend stap ek (Noordelike Nuus se Valerie Cilliers) by Charmain Robbertse se huis in Lephalale in. Dit lyk en klink behoorlik soos ‘n rampbestuursentrum. Die telefoon lui onophoudelik, brood, melk en allerlei kosse en voorraad staan haar sitkamer vol.het.

Lephalale onder water!

News: 13 March 2014 By Valerie Cilliers
Die weldoener nooi Noordelike Nuus om saam te vlieg oor die dorp. Saam met ons vlieg paramedikus, Erik Rowlands.

Molalatau word ontruim

News: 13 March 2014 By Valerie Cilliers
Hoewel 75 mense Dinsdag by Molalatau Lodge weens die vloed ontruim is, sê dié vakansieoord se eienaar eienaar, Theo Pistorius, dat die vloed nie werklik groot skade aan geboue daar aangerig het nie. “Ons het die kontrakteurs per boot ontruim as voorsorgmaatreël. Ons kon Dinsdag gladnie die uitgange gebruik nie. Die watervlak het Woensdag gesak en ons toegelaat om voorrade aan te koop, maar daar is gerugte dat daar nog water oppad is,” het Pistorius Woensdag aan Noordelike Nuus gesê.

Be careful SA - weather service

News: 13 March 2014 By NoordNuus reporter
Mkhushulwa Msimanga, Senior Forecaster for the South African Weather Services, warned this week that levels of soil moisture in many places remain high and thus it would not require much further rain to cause flooding. He urged communities living along river environments to remain on high alert. Low-water bridges are also prone to flooding under such conditions and motorists are urged to be vigilant, especially at night and/or in conditions of limited visibility.

Rassies swem amper in vierkant

News: 13 March 2014 By Valerie Cilliers
Die woord "vloed" is deesdae 'n algemene woord hier in Ellisras! Dit het die Rassies eerstehands beleef toe die sement vierkant letterlik kant tot wal vol gereën het tot binne in die Wetenskapklas. Uiters gewillige leerders het asblikke gekry om die water uit te skep!

Wiskunde en wetenskap 'meester’ word beloon

News: 13 March 2014 By NoordNuus reporter
Verlede maand is daar aan Master Maths & Science in Mokopane erkenning gegee vir hul toegewydheid en puik diens tydens dié groep se jaarlikse erkennings funksie in Johannesburg. Elsie Myburgh, die eienaar van die plaaslike Master Maths & Science, wys hier met trots die sertifikaat wat aan slegs vyf van die 75 sentrums landwyd toegeken is. Master Maths & Science bied sedert 2005 ekstra wiskunde en wetenskap klasse aan Graad 4-12 leerders, asook N1-3 studente, in Mokopane. Hulle het tans 65 studente en is geleë op die hoek van Ruiter en Geyser weg. Skakel Elsie gerus vir meer inligting by 081 271 0171.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube