Searching for "" in "News"

 

EHS choir prepare for tour to George

News: 13 March 2014 By NoordNuus reporter
The Ellisras Hoërskool school choir will take part in a school choir competition in George early July. The group is three times a week and are really fired up for an exciting experience! According to Linda Aucamp the group will spend a night at the Gariep Dam as part of the choir tour. What an opportunity to see the beautiful Cape!

Oom Willy en die luislang

News: 13 March 2014 By Alet van der Walt
Dit is die eerste keer wat ons saam met Pa gaan jag en Oom Willy gaan saam. Terwyl ons die bakkie laai vertel hy van die grootste koedoe wat hy ooit geskiet het. Die koedoe se biltonge was so lank hulle moes die draad waaraan dit gehang het ekstra hoog span. Boeta vra hoekom hulle nie maar net die biltonge middeldeur gesny het nie maar Oom Willy gee hom net 'n vuil kyk voor ons almal in die bakkie klim en in die pad val.

Trompoppies sweer trou

News: 13 March 2014 By Jasper Raats
Lede van Laerskool Krugerpark se trompoppie peleton vir 2014 het onlangs saam met hul ouers hul erekode afgelê. Hierdie meisies werk baie hard en moet elke jaar ‘n hele nuwe roetine aanleer, het hul afrigter, Marthie Viljoen aan ouers vertel.

Ongeluk eis jong lewens

News: 06 March 2014 By Jasper Raats
Twee geliefde inwoners van Mokopane is Saterdagaand in ‘n ongeluk net buite Pretoria oorlede toe hul motor by padwerke naby die Zambezi-afrit in ‘n vragmotor vasgery het.

Plofstof vrag skiet krater in N1

News: 06 March 2014 By NoordNuus reporter
Pad en nooddienswerkers moes bontstaan om die N1-snelweg tussen Mokopane en Polokwane weer gangbaar te kry nadat ‘n vragmotor vol plofstof in die oggendure van verlede Donderdag hier ontplof het. Die ontploffing het plaasgevind kort nadat ‘n vragmotor vol kruideniersware gebots het met die plofstof vragmotor. Vier polisiemanne van Polokwane wat kort na die aanvanklike botsing op die ongelukstoneel was, het in die ontplof-fing ontkom. Die bestuurder van die plofstofvrag is nie ernstig beseer tydens die ongeluk of ontploffing nie, maar die ander bestuurder is ook dood in die ontploffing. Drie ander polisielede en drie motoriste is ook ernstig beseer. Bane in die noordelike rigting is teen Vrydag weer oopgestel vir verkeer en die bane wat Suid vloei was eers Saterdag weer oop.

Kamer is bekommerd oor water

News: 06 March 2014 By Jasper Raats
Een van die groot besprekingspunte tydens die Mokopane besigheidskamer se algemene jaarvergadering by die Kameeldoring gholfklub verlede week was die impak wat mynwese op die dorp se watervoorsiening kan hê.

Satanisme is ‘n realiteit

News: 06 March 2014 By Valerie Cilliers
As hoof van die Suid-Afrikaanse polisie se okkulte eenheid het Dr Kobus Jonker destyds bekend gestaan as ‘God se speurder’.

Giftige slange is meer algemeen as wat jy dink

News: 06 March 2014 By Valerie Cilliers
'n Giftige slang in jou huis of in jou tuin is nie 'n vreemde verskynsel in die Bosveld nie. Om die waarheid te sê is gevalle van slangbyte wat in die Lephalale Mediclinic behandel word tans so hoog soos twee per week. Noordelike Nuus het hierdie week by slangkenners Marius Koekemoer en Dr Willie Barnard gaan kers opsteek om meer uit te vind oor giftige slange in die Bosveld. Wat staan ‘n mens te doen as jy deur ‘n slang gebyt word? Volgens Koekemoer van Reptile Rescue hang dit alles af van die die tipe slang en die tipe gif. Giftige slange kan in drie groepe verdeel word.

Bossie redenaars is puik!

News: 06 March 2014 By Valerie Cilliers
“Ek is elke jaar net meer beïndruk met die Bossies se redenaars, elkeen van julle is ‘n wenner,” so het Yvette Malan, beoordelaar by Laerskool Bosveld Primary se redenaars verlede week aan die deelnemers gesê. Van Graad R tot Graad 7 het altesaam 39 Bossies aan die redenaars deelgeneem. Die wenner by die Graad 1’s was CW Spark, sy tema was Mag die sirkus nog lank saam met ons wees om kinders weg te toor!. Ashley van Vuuren het die Graad 2 redenaars gewen deur die gehoor te oortuig dat poeding die heel lekkerste is. Die Graad 3’s se afdeling is gewen deur Lanelle Vermaak haar tema was Mense is soos poeding. Brandon Perrier het met baie oortuiging geredeneer dat Braai broodnodig is. Dit het aan hom ‘n eersteplek in die Graad 4-afdeling besorg. Anika van Rooyen het met haar toespraak Eskom se kierankies braai ‘n eersteplek in die gr 5-afdeling gewen. Bianca Smith was die Graad 6 wenner en haar tema was Rooi kan ook mooi wees. Natalie Perrier was van mening dat jou posisie in die samelewing verseker ‘n verskil maak en daarmee wen sy die Graad 7-afdeling.

Bossie redenaars is puik!

News: 06 March 2014 By Valerie Cilliers
“Ek is elke jaar net meer beïndruk met die Bossies se redenaars, elkeen van julle is ‘n wenner,” so het Yvette Malan, beoordelaar by Laerskool Bosveld Primary se redenaars verlede week aan die deelnemers gesê. Van Graad R tot Graad 7 het altesaam 39 Bossies aan die redenaars deelgeneem. Die wenner by die Graad 1’s was CW Spark, sy tema was Mag die sirkus nog lank saam met ons wees om kinders weg te toor!. Ashley van Vuuren het die Graad 2 redenaars gewen deur die gehoor te oortuig dat poeding die heel lekkerste is. Die Graad 3’s se afdeling is gewen deur Lanelle Vermaak haar tema was Mense is soos poeding. Brandon Perrier het met baie oortuiging geredeneer dat Braai broodnodig is. Dit het aan hom ‘n eersteplek in die Graad 4-afdeling besorg. Anika van Rooyen het met haar toespraak Eskom se kierankies braai ‘n eersteplek in die gr 5-afdeling gewen. Bianca Smith was die Graad 6 wenner en haar tema was Rooi kan ook mooi wees. Natalie Perrier was van mening dat jou posisie in die samelewing verseker ‘n verskil maak en daarmee wen sy die Graad 7-afdeling.

Mashemaite gets the boot

News: 02 March 2014 By Jasper Raats
The majority of Mogalakwena councillors resolved that councillors implicated in the recently released KPMG audit report be suspended with immediate effect when the council convened for a special meeting on Tuesday.

Linke in Australië vir behandeling

News: 02 March 2014 By Valerie Cilliers
Saterdag was ‘n baie emosionele dag vir die Nel gesin van Lephalale toe René, Linke (20 maande) en Marco (5) op die Qantas vlug na Sydney Australië moes klim sonder pappa Brandt. Brandt se visum was Saterdag nog nie in plek nie en hy moes agterbly om daarvoor te wag. Intussen het die drie veilig in Sydney aangekom en Linke het Woensdag al haar eerste chemoterapie gekry.

Barbaarse aanval op Roedtan

News: 02 March 2014 By Jasper Raats
Mokopane se Spoorsnyers, 'n groep hoogs opgeleide polisiereserviste wat help met die opspoor van vermeende plaasaan-vallers en wildstropers, was Vrydag-oggend vroeg reeds op die spoor van ‘n groep gewapende mans wat Donderdagnag op Leshoka Thabang Lodge naby Roedtan toegeslaan het. Volgens polisiewoordvoerder, Kol. Ronel Otto, het ‘n groep van vyf mans gewapen met messe en pistole, ses mense, onder wie werknemers en gaste, aangehou en vasgebind.

Staan stil by 'n karwag

News: 02 March 2014 By Valerie Cilliers
“As iemand ‘n bankkaart verloor het, ek het hom in die parkeerterrein by Checkers opgetel.” So lui die Facebook-inskrywing en ek eien dadelik die foto as dié van ‘n karwag wat by die Lephalale Mall werk. ‘n Vriendelike oom wat graag wil weet hoe dit met jou gaan, skryf Valerie Cilliers.

Boeremusiekmakers van die Waterberg

News: 02 March 2014 By Jasper Raats
Die Waterberg Boere-orkes oefen sommer in die sitkamer van Barrie Pieterse se plaashuis buite die dorp. Hy staan en speel met sy rug na die dooie televisieskerm en links van hom sit Riana met haar kitaar op die bank. In die hoek, by die voordeur sit Wessie van der Westhuizen en klits die drommetjies met twee drom kwassies. Links van Wessie en oorkant Riana sit Tannie Henna - sy speel die baskitaar.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube