Searching for "" in "News"

 

Big plans for Lephalale in 2014

News: 10 January 2014
Lephalale remains one of the fastest growing towns in South Africa, but with the rapid growth comes a lot of challenges. At the forefront of managing Lephalale’s transformation into a city, is municipal manager Bob Naidoo. Naidoo has had his fare share of challenges to contend with in 2013 especially when it comes to infrastructure. Valerie Cilliers spoke to him this week to find out what lies ahead in 2014.

Border extremely busy during festive period

News: 10 January 2014
The number of travellers who passed through the Beit Bridge Border Post during the festive period shot up to more than 600 000 surpassing the previous season’s 524 511.

Om in die verlede te grawe

News: 10 January 2014 By Valerie Cilliers
Geskiedskrywer en filosoof, Edmund Burke, het gesê: ‘People will not look forward to posterity who never look backward to their ancestors.”

Wanneer geliefdes sterf

News: 10 January 2014
MOKOPANE - Vir Frikkie de Lange en Alta Pitzer is die onderneming van begrafnisse meer as net ‘n werk, dit is iets waartoe hulle geroep voel. “Ná ‘n roudiens en begrafnis voel ‘n mens elke keer emosioneel uitgeput - selfs al ken jy die mense net vir ‘n week. Maar as daardie selfde mense saam met wie jy nou net deur so baie hartseer is aan die einde van die diens vir jou ‘n drukkie kom gee en dankie sê, dan weet jy jy is op die regte plek en besig met die regte werk,” verduidelik Alta.

‘n Hengel vakansie op die Palala

News: 10 January 2014 By Jasper Raats
Terwyl al wat leef en beef oor die Kersgety koers gekies het see toe, het Francois Burger van Lephalale saam met sy gesin en ‘n paar vriende by Tog te Lekker op die oewer van die Palalarivier gaan kamp.

Kersvader se oogappel!

News: 17 December 2013
Niel van Deventer is amper 11 maande oud en bly in Lephalale saam met sy ouers, PG en Jeanette van Deventer. Die mannetjie, wie se mamma baie bekend is vir haar internationale modelwerk, het reeds 'n string kompetisies gewen met sy vriendelike gesiggie. Hierdie kersvaderpakkie het aan Niel 'n tweede plek besorg in Jet Stores se baba-kompetisie wat op Facebook gehou is. Hy is ook by die Pace Models agentskap ingeskryf en het ook al verskeie ander foto-kompetisies deur die loop van die jaar gewen. Dit lyk of die Bosveld sommer nog baie van die oulike seuntjie te sien gaan kry!

Kersboodskap van Agri Lephalale voorsitter, Francios van den Berg

News: 17 December 2013
Die jaar was ook 365 dae lank maar, as ek dit nie geweet het nie, sou ek kon dink dit was baie korter. ‘n Algemene verkiesing lê voor, en die woorde van ons agbare Minister van landbou se woorde by Agri SA Kongres naamlik: “moenie julle te veel steur wat politici voor die verkiesing kwyt raak nie.” Dit stel my nie gerus nie, en bly dit altyd moeilik om tussen politieke koring en kaf te onderskei – dit raak verseker alle boere se inkomste! Maar wat vir my uiters inspirerend is, is dat boere op alle vlakke hulle skaal wys, in ‘n hoogs mededingende omgewing. Boere bly positief soos ek julle ken. Hou moed, dit is altyd te gou om tou op te gooi. Word deel van jou gemeenskap. Skakel in by die Landelike Veiligheidsforum. Deur dit te doen help ons nie net onsself nie maar ook ons bure. ‘n Baie Geseënde Kersfees vir u almal, en mag die jaar wat voorlê, gelukkig wees aan elkeen van u. Vriendelike Kersgroete.

Boodskap van Potgietersrus DLU voorsitter, Ockert Scherman

News: 17 December 2013
Die jaar 2013 is so te sê verby. Aan almal wat gehelp het om Potgietersrus DLU die jaar ’n sukses te maak, ’n spesiale dankie. Ons het immers die RF Camphor beker vir Distrikslandbou unie van die jaar gewen. ’n Groot dankie aan Renita Prinsloo vir haar werk. Hiermee dan ook gelukwensing aan haar as sekretaresse van die jaar by TLU SA. Edward Leversage is aangewys as TLU SA se presidentsjongboer van die jaar en het ook ‘n derde plek behaal in die Manitou/Mutual en Federal se jongboer van die jaar. Baie geluk aan WD Malherbe van WDM boerdery wat die LWO arbeidstrofee ontvang het. Baie dankie ook aan my vrou Marianne vir haar ondersteuning die jaar. Mag die Kersgety vir u baie geseënd wees. Mag 2014 ’n voorspoedige jaar wees. Lees Fillipense 4:4-7 en beleef werklik die blydskap van Christus in u lewe.

CHRISTMAS AND NEW YEAR MESSAGE BY LIMPOPO PREMIER CHUPU STANLEY MATHABATHA

News: 17 December 2013
The Festive Season is upon us again. This age old tradition also marks the end of the year and the beginning of a new one. As a provincial government, we wish all those who will be travelling to different destinations, and those who will be coming to Limpopo a safe journey. All our roads have been upgraded to cope with traffic volumes, but safety still remains with individuals. Our police and traffic officials will be out in force to ensure that all people are safe, either on the roads or wherever they will be. I wish to welcome millions of Christian pilgrims to the Zion City of Moria and other Churches for a safe prayerful Christmas. Your prayers for the nation are most welcome. Let us use this Christmas and New Year as a time of reflection as a nation. We celebrate 20 years of democracy with much joy and hope. The New Year 2014 is a year of elections. Let us exercise our freedom and democracy responsibly. Together we can still do more. Merry Christmas and a Happy New Year !

Die beloofde land

News: 17 December 2013
“Ek wens party keer ek het in die bybel se tyd geleef.” Dis slim Servaas wat so praat toe ek en hy nou die ander dag op die stoep sit en ’n koffietjie drink. “Ek meen”, gaan hy voort, “waar wil jy nou meer tyd vir uitkamp hê as juis in die tyd van die Israeliete?”

‘n Terugblik op 2013

News: 17 December 2013
Met hierdie laaste koerant van 2013 is dit gepas dat ons terugkyk op die hoogte- en laagtepunte van die afgelope jaar. Ons by Noordelike Nuus neem nou vir ‘n week of twee ‘n ruskansie voor ons volgende koerant DV op 10 Januarie op straat verskyn. Ons dank ons lojale lesers en adverteerders vir ‘n fantastiese jaar van groei en vooruitgang vir ons en hopelik ook vir julle. Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2014. - Die Noordelike Nuus span

Tolwe se matrieks neem afskeid

News: 17 December 2013
Kort voor die skool gesluit het vir die Desembervakansie het die eerste matrikulante van Dinamika Bosveld Akademie op Tolwe saam met uitgesoekte gaste in die omgewing hul matriekafskeid in die Tolwe boeresaal gehou. Hier is Neville Austen en Nadia Coetzer, Bianca Grobler en Gerhard Botha saam met Quintin Enslin en René van Niekerk.

Mikayla en Pippie span saam

News: 13 December 2013
Om empatie te hê met iemand is soms makliker as jy self in daardie persoon se skoene gestap het. Min mense verstaan die pad wat Lephalale se twee vegtertjies, Pippie Kruger en Mikayla Robbertse, die laaste paar jaar gestap het. Albei dogtertjies het al baie mense geïnspireer met hulle dapper stryd om te oorleef en gesond te word.

Kersvader het nie van Lephalale vergeet nie!

News: 13 December 2013
Die Mammatrien projek wat verlede jaar vir die eerste keer in Lephalale gehou is, gaan weer hierdie jaar op die 24ste Desember vele kinderharte bly maak. Organiseerders van die projek, Jakes en Catrien Truter het verlede jaar besluit om minderbevoorregte kinders oor Kerstyd te bederf en het met ‘n sleepwa deur die dorp gery en geskenkies en lekkergoed uitgedeel.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube