Searching for "" in "News"

 

Tenoor bring Kersvreugde

News: 13 December 2013
Hy was een van die Drie Tenore, saam met sy vriend Jakkie Louw is hy die leeu van Jakkals en Leo en op sy eie is Kevin Leo een van ons land se gunsteling vermaaklikheidspersoonlikhede. Verlede Donderdagaand by die Piet Potgieter Monument Ouetehuis het hy kom wys hoe kry mens ‘n klomp bejaarde dames om soos tienermeisies by ‘n Nicholas Louw konsert te gil.

Kyk hoe sous dit!

News: 13 December 2013
Groot dele van die Bosveld is hierdie week behoorlik bederf met goeie reëns. In Mokopane het daar tussen Maandag- en Woensdagoggend meer as 55mm reën op plekke geval en in die Lephalale-omgewing is tot 70mm in die dorp gemeet.

E-tol – so maak mens

News: 13 December 2013
Met die omstrede e-tol stelsel wat verlede Dinsdag in Gauteng in werking gestel is, is motoriste in die Bosveld wat Gauteng wil besoek steeds onseker oor hoe hulle deur die stelsel geraak gaan word. Noordelike Nuus het Sanral (The South African National Road Agency) genader vir raad.

Wees veilig hierdie Kersgety

News: 13 December 2013
Elke jaar is daar ‘n skerp toename in huisbrake, rowe en plaasaanvalle oor die Feesgety. Noordelike Nuus het met Pieter Boshoff van die Potgietersrus DLU se veiligheidskomitee gesels oor stappe wat mense kan neem om hul huise en gesinne te beveilig.

Mokopane mourns Madiba

News: 13 December 2013
On Monday Mogalakwena mayor, Thlalefi Mashamaite and a number of councillors, joined members of the Mokopane community in a candle lighting ceremony as they were mourning the passing on of former president, Nelson Rolihlahla Mandela. Mashamaite appealed to the community to come and write their messages of condolences in a condolence book from Government Communication and Information System (GCIS). The condolence book is placed in the Mogalakwena municipal building at the front desk of the security personnel.

Destiny Academy celebrates achievements

News: 13 December 2013
On Wednesday 27 November 2013 Mokopane Destiny Academy held a prize giving ceremony at the RET centre on the corner of Fourie and Geyser streets. The theme of the evening was the colour of joy and it truly was a colourful celebration. Each learner received a certificate and various groups of learners performed an item illustrating the theme.

Bossie juffrou op SAOU raad

News: 13 December 2013
Elsabe van der Merwe, departementshoof by Laerskool Bosveld Primary is by ‘n onlangse provinsiale vergadering van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) tot die uitvoerende raad verkies.

New attendance policy for FETs

News: 13 December 2013
Students at the FET colleges in Lephalale and Mokopane will have to sharpen up their class attendance next year, if they want to write exams. As part of the turnaround strategy for the country’s Further Education and Training (FET) colleges, the Department of Higher Education and Training has introduced an attendance and punctuality policy which will ensure learners are in class and on time. The policy, which will be introduced in all the FETs across the country in 2014, will only allow students who have attained a minimum of 80% attendance to write exams.

Pryse vir CVO se laerskool presteerders

News: 13 December 2013
Die Potgietersrus CVO skool het kort voor die skoolvakansie sy top leerlinge vereer tydens ‘n glans-toe-kenningsaand in die skool se nuwe saal.

CVO se hoërskool leerlinge word vereer

News: 13 December 2013
Potgietersrus CVO Skool se hoërskoolleerlinge het die skoolvakansie breëbors afgeskop toe hulle op die laaste skoolaand vereer is met toekennings vir die jaar se harde werk.

Nuwe Prado model nou groter, luukser en beter

News: 13 December 2013
Toyota het so pas sy 2014 Land Cruiser Prado in die asemrowend mooi woestynduine van Namibië aan die media bekend gestel. Twee weergawes van die gewilde luukse viertrek Prado is beskikbaar, naamlik in TX en luukser VX afwerking.

Hoë-oktaan afsluiting

News: 13 December 2013
Bosveld Wedrenklub se laaste wedrenne vir die jaar het onlangs vir groot opwinding gesorg toe die jong opkomende jaers van Polokwane hul staal op die Bosveld Oval kom wys het.

Mostech kry ‘n nuwe tuiste

News: 13 December 2013
Mostech Diesel het onlangs na ‘n splinternuwe perseel in Sussex straat in Mokopane se industriële gebied verhuis. Eienaars van dieselvoertuie kan nou by 85 Sussex straat aanklop dieselfde eersteklas diens wat hulle van Albie Mostert en sy span gewoond geraak het. Sedert 2008 lewer Mostech spesialisdienste op dieselpompe, inspuiting stelsels en turbo-aanjaers. Diagnostiese toerusting word gebruik om ontbranding volgens fabriekspesifikasie in te stel en Albie sê van volgende jaar af sal Mostech ook drukbuis-inspuiting (common rail injection) stelsels op die perseel kan versien. Huidiglik word dit weggestuur, maar ‘n nuwe masjien spesiaal hiervoor word vroeg in die nuwe jaar aangekoop.

Spoorsnyer vrygespreek, maar...

News: 06 December 2013 By Jasper Raats
Landdros Gerhard Pretorius het dit verlede Donderdag in die Mokopane Streekshof duidelik gemaak dat hy nie glo alles is pluis met die poging tot moord klagte wat die Onafhanklike Klagte Direktoraat teen polisiereservis Andries (Vossie) Vosloo van Mookgophong aanhangig gemaak het nie.

Dis vakansie!

News: 06 December 2013 By Valerie Cilliers
Die skole in Limpopo het amptelik Woensdag gesluit en open weer Woensdag 15 Januarie 2014. Vir die jongspan lê ‘n heerlike warm Kersvakansie in die Bosveld voor. Foto: Valerie Cilliers.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube