Searching for "" in "Rubrieke / Columns"

 

Kersfees – die mooiste, mooiste tyd

Rubrieke / Columns: 17 December 2014

Dit is een van daardie bitter warm somerdae wanneer mens net die heeldag koelte soek, toe Herman se bakkie voor die deur rem aanslaan. Al twee deure gaan oop en hy en Servaas klim uit.
Eintlik klim net hy uit. Servaas gly uit. Hy draai eers dwars op die sitplek soos iemand wat lam is, gooi sy lang bene by die deur uit en gly as’t ware op sy boude by die deur uit. Moet sy lengte wees wat hom so by ’n kar of bakkie se deur laat uitgly.

Visumkoors... en waarom ek hier woon

Rubrieke / Columns: 17 December 2014 By Carina Stander

Die laaste ruk voel dit vir my asof al wat leef en beef praat oor die gaafste plek vir kits-emigrasie. Kanada? Australië? Amerika? Singapoer?

Liefdesverse so na aan my hart

Rubrieke / Columns: 27 November 2014 By Carina Stander

Bergfontein, die plaas waar ek grootgeword het, is redelik afgeleë. Sowat 20km buite Ellisras/ Lephalale. Ek was tien jaar oud toe ons elektrisiteit gekry het - en televisie.

Bobbejaan se kind

Rubrieke / Columns: 20 November 2014 By Melt van der Spuy

Dis ’n lekker warm dag en ek en Servaas het klaar niks gedoen vir die oggend. Dis nou bykans halfvier en ons twee sit en moeg word op die stoep.

Datsun ‘Go’ in SA

Rubrieke / Columns: 13 November 2014 By NoordNuus reporter

Datsun het so pas sy terugkeer op Suid Afrikaanse paaie gemaak met die bekendstelling van die klein ‘GO’ motortjie. Die naam is afgelei van die eerste Datsun, die “DAT-Go” wat gedurende 1914 in Japan bekendgestel is, skryf Dirk Gallowitz.
 

Derde generasie nuwe Nissan X-Trail

Rubrieke / Columns: 30 October 2014 By NoordNuus reporter

Nissan se derde generasie X-Trail is so pas in SA bekendgestel en spog met ‘n  nuwe  sportief stylvolle ontwerp, asook nuwe tegnologie en ‘n 5-ster veiligheidsgradering, skryf Dirk Gallowitz.

Waar water is, daar is lewe...

Rubrieke / Columns: 30 October 2014 By Carina Stander

In sy digbundel, Met die aarde praat, verklap TT Cloete dat die droër dele van ons land hom aantrek vanweë “die wysheid wat gedroog is in klip en kaktus”. Ook skryf hy: “Die woestyn is ‘n digterlike speelding.”
 

Die lewe, wat ’n voorreg...

Rubrieke / Columns: 24 October 2014 By Martie Le Grange

Wat is meer kosbaar as ’n nuwe lewe? Net so kosbaar is die verbintenis tussen ’n ma en haar pasgebore baba? So skryf Martie Pretorius.

“Dié meisiekind weet dan alles!”

Rubrieke / Columns: 16 October 2014

Dit was een van daardie rustige oggende wat ek op my stoep gesit en niemand gepla het nie, toe Servaas by my uitval.

Enig in sy soort...

Rubrieke / Columns: 25 September 2014 By Melt van der Spuy

“Weet jy wat gee my plesier en lekkerkry op plekke waar ek nie eers plekke het nie?” vra Herman nou die dag en antwoord sommer self: “Dis al die soort karakters wat jy in ’n kamp kry.”
 

Komplimente, beledigings en kompliledigings

Rubrieke / Columns: 25 September 2014 By Carina Stander

Iets wat my baie binnepret verskaf, is versteekte grappies. Soos wanneer mense mekaar probeer slegsê en dit dan uitkom as 'n onbedoelde kompliment. (“Moet jy áltyd beter weet?” Of “Daai ou is so ryk, hy stink van die geld.”)

Piet-my-vrou, skiet-my-nou!

Rubrieke / Columns: 28 August 2014 By Carina Stander

Mense dink mos ek is so vol natuurliefde dat ek my met vars modder grimeer en die wensbene van knaagdiertjies (slegs dié wat ‘n natuurlike dood gesterf het) deur my neus ryg om my profiel te verfraai. Woudvrou! roep een koerantman my. Bosnimf! skryf ‘n ander digter in ‘n brief. In g’n resensie of onderhoud word die kans verbeur om te wys op “haar aartsmistiek” of “die suiwer natuur as leidmotief in haar werk” nie.

Dis net karavane waar jy kyk

Rubrieke / Columns: 16 August 2014 By Melt van der Spuy

Nou die oggend vroeg kom Servaas om die hoek gestap en laat sy lenige lyf in een stoel op die stoep ingly.

 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube