Sport:
10 September 2013
Daar is nog net vyf weke oor om voor te berei vir die Debtsafe Cansa MTB Challenge wat op 12 Oktober by die Mokopane Wildteelsentrum gehou word. As jy nog nie begin oefen het nie, beter jy opskud!
Noordelike Nuus het by Pierre Visser van Health Zone gaan kers opsteek vir fiksheidswenke ter voorbereiding vir die fietswedren.
Pierre het Health Zone se spinfietse beskikbaar gestel vir die
spinathon wat as deel van die Cansa/Debtsafe inisiatief aangebied word.
Een van die beste maniere om vinnig fiks te word, is natuurlik gereelde spinklasse. Pierre sê daar is elke middag om 18:00 ‘n spinklas by Health Zone.
Hy beveel aan dat almal hard oefen tot twee dae voor die wedren. Dan moet deelnemers rus. Dit beteken nou nie op die bank voor die televisie lê en skyfies eet nie, maar eerder lae-intensiteit oefening soos ‘n ent gelykpad ry sonder om jou asem te laat jaag.
“Dit is ook belangrik dat ‘n mens so ‘n week voor die wedren begin carbo load deur pastas te eet en ander koolhidraataanvullings in te neem,” sê Pierre.
Hy voeg by dat fietsryers deurentyd baie water moet drink en gereeld strekoefeninge moet doen.
Lees volgende week meer oor die spinnathon wat tydens die Cansa DebtSafe MTB Challenge aangebied word.
Skakel Pierre gerus vir nog raad of vir navrae oor hul nuwe spin-
fietse by die gimnasium by
082 492 4196