Searching for "" in "Sport"

 

HPP verloor met 6 lopies

Sport: 10 September 2013
Hoërskool Piet Potgieter se eerste krieketspan het verlede Saterdag met 6 lopies teen Hoërskool Tom Naude verloor. Tom Naude het eerste gekolf en 112 lopies aangeteken in 30 beurte. Piet Potgieter is toe ingestuur en kon slegs 106 lopies in 32 beurte aanteken.

Goud vir Hardekool krieketspelers

Sport: 10 September 2013
Drie van Hardekool Akademie se leerders was deel van die Noord Transvaal mini-krieketspan wat verlede Vrydag en Saterdag aan die landswye BCVO krieketkampioenskappe in Springs deelgeneem en uiteindelik gewen het. Afrigter, Lanie Bester, sê die spannetjie het hulle harte uitgespeel om uiteindelik al drie hulle wedstryde te wen. Baie geluk aan Edrich van Deventer, Helgard Muller en Alec Bester wat almal goue medaljes ontvang het. Hier is die Noord Transvaal mini-krieketspan van links: Divan Muller (Bosveld Akademie); Alec Bester (Hardekool Akademie); Christoff Marx (Bosveld Akademie); Edrich van Deventer (Hardekool Akademie); Guim Steyn (kaptein, Potgietersrus CVO); Willem van Eck (Potgietersrus CVO); Helgard Muller (Hardekool Akademie); Evan Pretorius (Potgietersrus CVO); Xander Koster (Wolkberg).

Rassie seuns speel bobaas hokkie

Sport: 10 September 2013
Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras se hokkiespanne het Saterdag aan ‘n hokkietoernooi by Laerskool Koedoeskop teen verskeie ander skole in die omgewing deelgeneem. Dit was veral Laerskool Ellisras se o/13 seunsspan wat beïndruk het. Hier skiet Martin du Plessis ‘n doel om die wedstryd 1-0 teen Laerskool Warmbad te beklink.

‘Dallers’ wen Nyltoernooi!

Sport: 10 September 2013
‘n Rolbalspan wat al die pad van Groblersdal gekom het, is vanjaar die wenners van die Nyl Rolbaltoernooi wat verlede naweek in Mokopane gehou is.

Jongspan rol saam

Sport: 10 September 2013
‘n Jeug rolbalspan van Mokopane het die naweek tydens die Nyl Rolbaltoernooi in Mokopane kom wys dat dié sport deur oud én jonk geniet kan word. Bridget Calitz (15), Sampie van Eden (12), Leandré van Tonder (15) en Richter van Eden (14) speel volgens hul teenstaanders verbasend goeie rolbal. Hulle het nie verniet heelwat van die ouer, meer ervare spelers uitgestof nie. Die van Eden boeties en Bridget se ouers is ook rolbalspelers. Leandré vertel haar beste maatjie, Bridget, het haar by die sport betrek.

Juniors enjoy great spawn fishing

Sport: 10 September 2013 By Christie Thomas
This past weekend Mokolo Dam near Lephalale hosted the Junior Southern Bassmaster Divisionals. Water conditions were clear in the main dam and slightly stained in the river section. 17 - 18°C (62 – 65°F)

Mokopane gimnastiek se ster brand helder!

Sport: 10 September 2013
Die Mokopane Gimnastiekklub spog met twee nuwe kampioene. Lungile Mhlangu en Melody Raats het albei goue medaljes huis toe gebring na hul deelname verlede naweek aan die North Zone gimnastiekkompetisie.

Mokopane gimnastiek se ster brand helder!

Sport: 09 September 2013
Die Mokopane Gimnastiekklub spog met twee nuwe kampioene. Lungile Mhlangu en Melody Raats het albei goue medaljes huis toe gebring na hul deelname verlede naweek aan die North Zone gimnastiekkompetisie.

Is jy gereed vir die Cansa Debtsafe MTB Challenge?

Sport: 02 September 2013
Fietsry-entoesiaste moet sommer nou al seker maak hul fietse is gediens en hul valhelms gepoets vir die Cansa Debtsafe Mountainbike Challenge wat op 12 Oktober in die Mokopane Wildteelsentrum se reservaat aangebied word.

Knap skut kry SA kleure

Sport: 02 September 2013
Laerskool Bosveld Primary leerder, Steven Verwey, het verlede naweek aan die SANIFAA 3D boogskietkampioenskappe by Timber Point Archery in die Dinokeng Wildsreservaat deelgeneem. Hy het ‘n brons medalje en ook sy nasionale kleure verwerf. Tydens die twee dae se strawwe kompetisie moes hy na alte saam 56 2- en 3D teikens skiet met ‘n skatting tot en met 30 jaarts. Sy puntetelling oor die twee dae was 1003 uit n moontlike 1120. Baie geluk aan die knap skut!

Krugies speel vir plek in Limpopo-span

Sport: 02 September 2013
Hierdie krieketspelers van Laerskool Krugerpark gaan die naweek aan die Limpopo proewe finaal deelneem. Hulle is van links agter Niekie Oosthuizen, Justin Nel, Deon Smith en Barend Groenewald. Middel: SW Bruwer, Franois-Dean Birkholtz, Dawie Muller en Kevin Timmins. Voor van links is Dian Theron, Zander Neethling, Derik Beytel en Aldo Louw.

Laerskool Bosveld se krieketspanne blink uit

Sport: 02 September 2013
Laerskool Bosveld se jaarlikse krieketwedstryde teen Laerskool Ellisras het goed begin. Die Bossies se o/11-span het vinnig afgereken met hul teenstanders, terwyl die o/13 spelers in ‘n spannende stryd gewikkel was voordat hulle die septer kon swaai. Die wedstryde is in ‘n goeie gees gespeel en is elke jaar ‘n hoogtepunt op die skole se krieketkalender. Hier is die o/11-span van Laerskool Bosveld Primary.

Bossies blink uit by kringproewe

Sport: 02 September 2013
Hierdie belowende krieketspelers van Laerskool Bosveld het deurgedring na die Streek 1 proewe wat verlede Saterdag in Bela-Bela gehou is. Courtney Nyamakupe (o/11), Matlapo Modise (o/11), Janco Lötter (o/11), Diehann Pretorius (o/12) en Conrad Prinsloo (o/12) is gekies om aan die Limpopo proewe se finaal Vrydag en Saterdag deel te neem.

Ons gimnaste skrik nie vir kompetisie nie!

Sport: 02 September 2013
Dit is kompetisieseisoen vir die land se gimnaste en die Mokopane Gimnastiekklub wys dat hulle glad nie terug hoef te staan vir die res van Limpopo nie – nog agt van die klub se gimnaste is gekies vir die Limpopo-span!

4x4 pret in Baltimore...

Sport: 23 August 2013
Die Baltimore boerevereniging se 4x4 gesinsnaweek is elke jaar‘n groot hoogtepunt op hierdie klein boeregemeenskap se kalender en van regoor die land stroom 4x4-entoesiaste na hierdie Bosvelddorpie om aan ‘n onvergeetlike avontuur deel te neem.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube