Searching for "" in "Sport"

 

Karatekas wys hul staal

Sport: 23 August 2013
Lede van die Mogol karateklub het onlangs aan die Shukokai kampioenskappe in Polokwane deelgeneem en weereens baie goed gevaar. Die volgende karateka’s het deelgeneem: (voor) Lizelle van den Berg - brons medalje vir kata; Kiara Verwey - brons vir kata en kumite;  Luan Mahoney - brons vir kumite; Koketso Seleka; (middel) Liza J v Vuuren - brons vir kumite; Pietie Vogel - silwer vir kumite; (agter) Steven Verwey - brons vir kumite; Sensei Anneline Janse van Vuuren; Jean Wilken. Afwesig op foto:  Corne Coetzee, Libonile Bell en Matthew Webb. Die klub is baie trots op almal wat deelgeneem het en so mooi presteer het dankie ook aan Exxaro wat met die vervoer gehelp het en sodoende die dag vir almal moontlik gemaak het. Vir navrae bel Sensei Anneline by 073 170 6269.

Gereed vir swem interhoër

Sport: 23 August 2013
Hoërskool Piet Potgieter se junior Victor en Victrix Ludorum vir verlede week se Vissegala was Marinel Janse van Rensburg en Morné van der Bank. Piet Pot is hierdie jaar die gasheer vir die swem Interhoër. Miral Hoiball is aangewys as die senior Victrix Ludorum.

Gereed vir swem interhoër

Sport: 23 August 2013
Christo Grové, hier in aksie (regs) tydens die 50m vryslag, was die senior Victor Ludorum tydens Hoërskool Piet Potgieter se ‘Visse-gala’ verlede Donderdag.

Landlopers vaar baie goed!

Sport: 23 August 2013
Laerskool Krugerpark se atlete het Saterdag aan die eerste landloop skoleliga vir die seisoen deelgeneem in Groblersdal. Hulle is van links (agter): Christiaan Theunissen o/11 - 2de, Elizmia de Wet o/12 - 3de, Danté Venter o/13 - 5de, Marthinus Oosthuyzen o/11 - 7de en Henro de Kock o/10 5de. Middel: Marco Ferreira o/9 - 6de, Shakira Dias o/13 - 7de, Sipiwe Tjale o/12 - 8ste en Leoné van Coller o/12 - 2de. Voor is Pieter van Coller o/9 - 3de, Tiyane Shilenge o/10 - 14de en Sibusiso Mabena o/10 - 11de.

Krieketspelers deur na Streek 2

Sport: 23 August 2013
Hierdie krieketspelers van Laerskool Krugerpark het deurgedring na die tweede reeks Waterbergstreeksproewe wat Saterdag in Bela-Bela gehou word. Hulle is van links agter Justin Nel, Barend Groenewald, Deon Smith en Franco Kiesling. Derde ry: Nickie Oosthuizen, Eben Wagner, Dawie Muller en SW Bruwêr. Tweede ry: Francois-Dean Burkhols, Kevin Timmins, Aldo Louw, Michael McNicol en Dian Theron. Voor: Zander Neethling, Derik Beytell, Gary Knight en Janco Labuschagne.

Kishou vir Bossies!

Sport: 23 August 2013
Laerskool Bosveld Primary se tennisspan het verlede week teen die spannne van Laerskool Vaalwater te staan gekom. Dit was nie ‘n maklike taak om die ligaspelers uit te daag nie, maar die Bossies het hul nie laat afskrik nie.

Skoonskip op die gholfbaan

Sport: 23 August 2013
Laerskool Krugerpark en Laerskool Bosveld Primary het mekaar onlangs die stryd aangesê op die gholfbaan. Keagon Ross (agter) was eerste met 45 punte. Johanco Welgemoed (regs voor) was tweede met 41 punte terwyl Declan Bruce en Adriaan Voort saam derde gekom het. Saam met hulle is hul afrigter, Rudolf Badenhorst.

Skoonskip op die gholfbaan

Sport: 23 August 2013
Laerskool Krugerpark en Laerskool Bosveld Primary het mekaar onlangs die stryd aangesê op die gholfbaan. Keagon Ross (agter) was eerste met 45 punte. Johanco Welgemoed (regs voor) was tweede met 41 punte terwyl Declan Bruce en Adriaan Voort saam derde gekom het. Saam met hulle is hul afrigter, Rudolf Badenhorst.

Klub spring weg met geskreeu van bande

Sport: 23 August 2013
Motorsport-entoesiaste van Mokopane het Saterdagaand in hul honderde saamgetrek om die Bosveld Ovaal om te sien hoe die befaamde Coopers en van Niekerks weer die baan oorheers. Dit was die eerste byeenkoms nadat die Bosveld Wedrenklub verlede week weer in die lewe geroep is.

Bossies geniet mini-krieket

Sport: 23 August 2013
Laerskool Bosveld Primary se mini-krieketspanne het verlede Saterdag by Laerskool Platina op Swartklip aan ‘n mini-krieketdag deegeneeem. Hoewel wen nie als is nie, het die spannetjies goed vertoon .

Lephalale dansers ­­­beïndruk

Sport: 23 August 2013
Altesaam 34 dansers van die Monica Campher Dansskool in Lephalale het onlangs deurgedring na die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe wat op 2 en 3 September in Pretoria gehou gaan word.

Silver for young gimnast

Sport: 23 August 2013
Nicole van Bommel, a learner at Carpe Diem School was awarded a silver medal for her overall performance at the Limpopo Rythmic Gymnastic championships last weekend. Nicole came second in Free Dance, Rope and Hoop and third in Ball at level 4. She is a member of Rythmic Elegance Gymnastics Club and will go through to the national championships.

Soete oorwinning vir Sune!

Sport: 23 August 2013
Sune Janse van Rensburg (15) het die Mokopane Gimnastiekklub (MGK) se naam hoog gehou toe sy verlede naweek as algehele wenner in die o/15-afdeling van die ritmiese gimnastiek-streekkampioenskappe in Eldoraigne, Centurion deelgeneem het teen gimnaste van Limpopo en Gauteng.

Skaakmat!

Sport: 16 August 2013 By LiN Nuus
Vyf leerders van Hardekool Akademie in Lephalale het verlede Vrydag deelgeneem aan die streek se skaakkampioenskappe wat in Louis Trichardt gehou is. Helgard Muller was die o/9 kampioen en het met ‘n goue medalje weggestap. Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Noord-Transvaalspan gekies is: Marthinus Pretorius, Helgard Muller, Johannes Opperman en Thinus van Rooyen.

Hardekool se klein krieketsterre

Sport: 16 August 2013
Dié drie krieketspelers van Hardekool Akademie is hard aan die oefen nadat hulle onlangs by die Noord Transvaal mini-krieketspan ingesluit is. Alec Bester, Edrich van Deventer en Helgard Muller gaan op 30 en 31 Augustus aan ‘n nasionale BCVO skole toernooi op Springs deelneem. Noordelike Nuus wens hulle sterkte toe.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube