Searching for "" in "Sport"

 

Krugies se kookwater doelwagter

Sport: 16 August 2013
Soné Kapp van Laerskool Krugerpark in Mokopane het die afgelope naweek aan die halfeindronde van die Limpopo hokkie-streek se finale deelgeneem. Dertien streke het deelgeneem en nadat Soné in ses wedstryde gespeel het, is hiérdie doelwagter as speler van die dag aangewys.

Hokkiedogters speel hul harte uit

Sport: 16 August 2013
Die hokkiespanne van Laerskool Bosveld Primary het verlede Donderdag by die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi deelgeneem. Die o/10- meisies het een wedstryd gelykop gespeel en die o/12-dogters het met 1-0 geseëvier.

Tour de Pot reuse sukses!

Sport: 08 August 2013
Die Mokopane sportman en swem-afrigter, Awie Hattingh, het verlede Donderdag stof in die oë van die ander deelnemers aan die eerste Tour de Pot fietswedren geskop. Hy het eerste klaargemaak in ‘n tyd van 35 minute.

Potties maak skoonskip by Limpopo gimnastiek!

Sport: 08 August 2013 By Alet van der Walt
Mokopane Gimnastieklub (MGK) se gimnaste en afrigters het fantastiese resultate by die Limpopo Gimnastiekkampioenskappe die afgelope naweek by Castle de Wild in Modimolle behaal.

Onder 15 Rassies kraai koning

Sport: 08 August 2013
Ellisras Hoërskool se o/15 rugby-span het vroeg verlede Vrydag saam met hul trotse afrigters die langpad aangedurf na Witrivier om teen Uplands College in die kwarteindstryd vir die Beeld trofee mee te ding. Die Bosvelders het die Laevelders in die stof laat byt met ‘n telling van 40-0. Die manne het sewe drieë ingeryg en die skopvoete was in. Die half-eindstryd vind in Lephalale plaas wanneer Hoërskool Vryburg op 17 Augustus om 10:00 hulle kans kom waag. Die afrigters Johan Pitout en Theunes van Staden is oortuig dat die Beeldtrofee in Lephalale hoort!

Krieket sege vir Piet Pot

Sport: 08 August 2013
Hoërskool Piet Potgieter se eerste krieketspan het verlede Saterdag ‘n skittervertoning teen Stanford Lake College gelewer en hiermee hul eerste sege vir die seisoen behaal.

Hokkiebokkies speel harte uit

Sport: 08 August 2013
Die hokkiedogters van Laerskool Bosveld Primary het verlede Donderdag by Koedoeskop aan hul eerste ligawedstryde vir die jaar deelgeneem. Die dogters het met ywer ingeklim en die o/10-span is beloon met ‘n mooi oorwinning. Hier is van die hokkiebokkies in aksie.

Goud en ‘n wêreldrekord!

Sport: 08 August 2013
Tersia Smit van die plaas Moorddrift buite Mokopane het verlede week tydens die Wêreld Orgaanoorplanting Spele in Durban nie net ‘n goue medalje gewen in die 50m rugslag nie, maar ook vir ‘n nuwe wêreldrekord gesorg.

Bossie krieket seëvier

Sport: 07 August 2013
Laerskool Bosveld Primary se o/10 krieketspan het hulle krieketseisoen Dinsdagmiddag teen Laerskool Krugerpark op hul tuisveld afgeskop en die wedstryd met 19 lopies gewen. Bosveld het eerste gekolf en 116 lopies aangeteken waarna die besoekers geantwoord het met 97 almal uit. Baie geluk aan die Bossies.

Netbal hou prysuitdeling

Sport: 07 August 2013
Die netbalspelers van Hoërskool Piet Potgieter is verlede week tydens ‘n prysuitdelingsgeleentheid beloon vir hul toewyding, harde oefening en puik spel.

Barcelona showed Mapharuma flames

Sport: 07 August 2013
Barcelona Football Club’s u/19 side played against Mapharuma FC’s u/19’s in an opening game leading to the ABSA top eight tournament on Saturday at the Marapong sports field.

Darvall-gesin is tops!

Sport: 07 August 2013
Die Darvall gesin van Mokopane is ywerige ringbalspelers (korfbal) wat almal met Limpopo kleure in dié sportsoort spog.

Gimnaste ryg medaljes in!

Sport: 07 August 2013
Die Mokopane Ritmiese Gimnastiekklub het verlede naweek in Pretoria aan die Eldo Sterrekompetisie deelgeneem en puik presteer.

Piet Potgieter tennisspanne in finaal

Sport: 28 July 2013 By NoordNuus reporter
Die 2de en 3de tennispanne van Hoërskool Piet Potgieter het vanjaar bo aan die Suidstreek se puntelys geëindig en gaan dus volgende Woensdag, 24 Julie, aan die Limpopo finaal deelneem. Die wedstryde begin vroegoggend by die Pie-tersburg Tennisklub se bane in Polokwane. Die twee spanne kom dan teen die spelers van Pietersburg Hoërskool te staan.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube