Searching for "" in "Sport"

 

Koedoesrand gimnaste presteer

Sport: 22 July 2013 By NoordNuus reporter
Die Swartwater Gimnastiekklub se gimnaste het onlangs aan ‘n kompetisie van die Tshwane School of Gymnastics gaan deelneem waar hulle die hoogste gemid-deld behaal het vir seuns en dogters (Vlak 1 – 3). Hul afrigter, Yolandé Vos, is baie trots op haar gimnaste.

Dansers ken hul passies

Sport: 22 July 2013 By NoordNuus reporter
Die leerders van Z’s Dance studio in Mokopane het uitstekend gevaar in hul modern dans eksamen. Agter van links is Doreen Heslop – graad 2 met lof (85-90%), Loren Fortune, Marlé Genis, Danelle Klopper, Dayne Brews en Jeska Tiersma wat almal hul pre-Primêre graad met lof slaag (90-95%) en Nicael De Sousa - graad 3 modern met lof (85-90%). Voor van links: Nianette van Biljon - beginnersvlak met lof (90-95%), Zelda Genis - graad 2 met lof (95-100%), Cynthea Coetzee – graad 3 hoogs aanbeveel (80-85%), Charnette Opperman – graad 1 met lof (90-95%), Monique Smit – graad 2 met lof (90-95%), Micke Theron – beginnersvlak met lof (90-95%). Afwesig: Annemieke en Nerike van Niekerk wat ook hul eksamen met lof geslaag het.

SW klop die kampioene

Sport: 22 July 2013 By Jasper Raats
SW Bruwer van Laerskool Krugerpark het die vakansie tydens die Margate sporttoer aan die laerskole gholfkompetisie deelgeneem en sommer vir die ander skole se deelnemers gewys hoe dit gedoen moet word. Hoewel hy net die wedstryd op Magate se baan gewen het, was sy algehele punte vir die rondtes op San Lameer, Southbroom en Port-Shepstone hoog genoeg om hom as algehele wenner uit die stryd te laat tree. SW sê om op San Lameer te speel was vir hom ‘n hoogtepunt. Dit is loshande een van die mooiste bane waarop hy nog gespeel het.

Slaggereed vir Wêreldspele!

Sport: 22 July 2013
Sy is dankbaar, opgewonde en slaggereed vir die Wêreld Orgaanoorplanting Spele wat op 28 Julie in Durban begin, sê Tersia Smit van die plaas Moorddrift buite Mokopane.

Slaggereed vir Wêreldspele!

Sport: 22 July 2013
Sy is dankbaar, opgewonde en slaggereed vir die Wêreld Oorplantingspele wat op 28 Julie in Durban begin, sê Tersia Smit van die plaas Moorddrift buite Mokopane.

Lim women´s team struggle to repeat performance

Sport: 12 July 2013
The South African Country Districts (SACD) women’s hockey tournament from 23 to 29 June was hosted in Emalahleni (Witbank) this year, with the Limpopo team hoping to repeat their good result from last year.

Wêreldkampioenskappe wink vir Anél

Sport: 12 July 2013 By Jasper Raats
Anél de Vos (15), ‘n Graad 10 leerder van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane het onlangs ‘n derde plek in die SA Biathle kampioenskappe behaal en gekwalifiseer om vir die derde keer in haar jong lewe aan die biathle wêreldkampioenskappe in Egipte te gaan deelneem.

No TLC for Marapong Celtics

Sport: 04 July 2013
Marapong Celtics under coach and owner, Phetolo Mathopa, went to Witpoort TLC for the open tournament where they were beaten 4-2 in penalties. The match’s goals all came in the second half and first to score was Khutsa Motaung of Celtics, but TLC responded with a header that equalised the score. Jan Nare put Celtics back in the game when he scored from a free kick, but their joy was short-lived when TLC came back to the game with a strike with only mere minutes left.

Mokopane gimnaste skitter

Sport: 04 July 2013
Mokopane gimnastiekklub het verlede Saterdag aan ‘n vriendskaplike Inter-limpopo klubkompetisie in Pretoria gan deelneem en met vyf goue, drie silwer en drie brons medaljes teruggekeer vir gimnaste wat as algehele wenners in hul ouderdomsgroepe op hul vlakke uit die stryd getree het. Op die apparate het die klub 17 goue linte verwerf, 21 silwer en 13 brons.

Polokwane mayor shows off skills at Audi Quattro Cup golf tournament

Sport: 04 July 2013
Audi Polokwane recently hosted the Polokwane match of the Audi Quattro Cup golf tournament where Duane Viljoen and Andrew Galloway walked off as winners with 43 points. Short on their heels were Aaron Segwapa and Peter Masehela with Zipho Ngobeni and Freddy Greaver (Polokwane mayor) in third place.

As jy nie meer kan knyp nie!

Sport: 04 July 2013 By Christie Thomas
As beroepsatleet, joernalis, en kompetisie hengelaar word daar baie vrae in my rigting gestuur. Soms word die vrae gevra tydens werkwinkels en seminare, soms om die braaivleisvure, in hengelwinkels, of langs die water. Meeste van die vrae is gereedskap of tegniek georiënteerd, maar sommiges is sommer net ongemaklik.

Swartwater Gimnastiekklub presteer

Sport: 28 June 2013
Die Swartwater Gimnastiekklub, onder leiding van die afrigters, Yolandé Vos en Linny Roux, het skoonskip gemaak by hul onlangse eerste kompetisie vir 2013 in Modimolle. Die klub het nege gimnaste gestuur om deel te neem en 34 medaljes huis toe gebring.

‘n Goeie sportjaar vir die Bossies!

Sport: 28 June 2013
Laerskool Bosveld Primary het hul suksesvolle jaar op die rugbyveld en netbalbane tydens hulle onderskeie afsluitingsfunksies verlede week gevier. Dit was veral die Bossies se netbalspanne wat vanjaar uitgeblink het. By die rugby-afsluiting is die graad 7 spelers bedank vir hulle getroue harde werk en voorspoed toegewens vir hulle rugby-loopbane as hoërskoolseuns aanstaande jaar.

Pa en seun tref goud in Doorndraai!

Sport: 28 June 2013
Nico en Jan-Barend Kruger wat onlangs van Lephalale na Mookgophong verhuis het om so bietjie nader aan hul gunsteling hengelwaters te woon, het die eerste week van die skoolvakansie trofeekarpe by Doorndraaidam gaan soek. Die week se koudkry was beslis die moeite werd. Hulle het saam vyf karpe van tussen 8kg en amper 17kg gevang. Jan-Barend het sy persoonlike beste verbeter met ‘n karp van 13,6kg en pa Nico se nuwe persoonlike beste is nou 16,4kg.

Jong gimnas wys haar staal

Sport: 28 June 2013
Sy het ‘n jaar gelede met ritmiese gimnastiek begin en het nooit kon droom dat sy so goed sou vaar nie, sê Elizka Ruytenberg (13) wat verlede week tydens die Suid-Afrikaanse Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in Johannesburg ‘n derde plek in die bal-item gekry het. Elizka het vir die Limpopo-span in die o/13 ouderdomsgroep (vlak 2) deelgeneem.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube