Searching for "" in "Sport"

 

Tour de Pot – ‘n fietsry-marathon vir die hele gesin

Sport: 24 June 2013
Op 1 Augustus 2013 hou Hoërskool Piet Potgieter ‘n interessante en uitdagende fietsry-marathon wat kleur aan die grou winter gaan verleen. Die Tour de Pot beloof om die koue te verdryf en vir groot opwinding te sorg wanneer die fietsryers by die skool wegspring.

Rassies vir Limpopo

Sport: 24 June 2013
Ellisras Hoërskool spog met twee Limpopo Overvaal Rugbyspelers wat hierdie vakansie vir hul provinsie gaan uitdraf! Senior: Lizandro Claasen en Junior is Johan Pitout.

Japsnoet op spoed!

Sport: 24 June 2013
Japsnoetjies kleuterskool in Lephalale het Saterdag hulle jaarlikse sportdag vir kleuters gehou en Hansie en Grietjie kleuterskool was ook daar om te wys hoe vinnig hulle kan hardloop.

Kansa gholfdag reuse sukses

Sport: 14 June 2013
Sanlam het Saterdag hulle jaarlikse Kansa gholfdag by die Mogolklub in Lephalale gehou en met meer as 130 inskrywings was die dag ‘n reuse sukses. Altesame R43 507.63 is uiteindelik vir Kansa ingesamel. Wenners in die verskeie afdelings is van links Chris Booysen (Beste ondersteuner), Lenanda van der Watt, Mc van Deventer (wenner van die mans A-afdeling), Marinda de Lange (wenner: vroue B-afdeling), David Diamond (wenner: mans B-afdeling), Mara Saunders (wenner: vroue C-afdeling), Gwyneth Hunter (Sanlam) en Jan Beyer (Mogolklub).

Ritmiese gimnaste presteer

Sport: 14 June 2013
Twee van die Mokopane Gimnastiekklub se gimnaste het onlangs aan die Wierda Ritmiese-gimnastiekkompetisie in Pretoria deelgeneem. Batsi Lamola het ‘n silwer medalje gekry vir haar deelname aan die vlak 1 kompetisie en Suné Janse van Rensburg het die derde hoogste algehele punt behaal van al die vlak 4 deelnemers. Wierda Ritmiese Gimnastiek is in 1996 deur Angela Balcanu begin. In Junie 1998 is die heel eerste Uitnodigings-kompetisie gehou en sederdien vind hierdie kompetisie jaarliks plaas met 12 klubs wat deelneem as voorbereiding vir die streek- en nasionale kompetisies.

Rassies in Limpopo Finaal!

Sport: 14 June 2013
Hoewel die eksamen nou volstoom aan die gang is, het die o/15 rugbyspan van Ellisras Hoërskool Saterdag Polokwane toe gereis vir die semi-finale Limpopo uitspele. EHS het Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa gemaklik met 48-3 geklop. Na die vakansie speel EHS teen Ben Vorster om te bepaal wie die Limpopo wenners en naaswenners is.

Smit-gesin ‘n geseënde kombinasie

Sport: 14 June 2013
Die Smit-gesin van Moorddrift Melkery buite Mokopane is ‘n geseënde kombinasie wat nie net ‘n suksesvolle onderneming bedryf nie, maar ook hulle kant op die sportveld bring.

Winter bassing: feast or famine? It’s all in the mind...

Sport: 11 June 2013 By Christie Thomas
This is the time of year [before it gets really cold] when bass fishing can be at its best or at its worst. At best you could encounter bass gorging themselves in preparation for their winter ‘hibernation’ and experience the kind of fishing where the mere memory keeps you coming back for more and more every time. At worse you could find yourself on the water trying to catch bass during a cold front and wondering what it was about this sport that keeps you coming back every time.

Oppad Limpopo netbal finale toe!

Sport: 06 June 2013 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se o/13 A en o/13B netbalspan speel hierdie naweek in die Limpopo finaal in Groblersdal.

Heerlike sportdag met bulletjie-rugby en mini-netbal

Sport: 06 June 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary het verlede Saterdag ‘n sportdag vir al die bulletjie- rugbyseuns en mini-netbaldogters gehou. Almal het behoorlik kans gekry om hul staal te wys. Die skool bedank die ouers, afrigters en die gemeenskap vir hul lojale ondersteuning.

Krugerpark se biathle sterre

Sport: 06 June 2013 By Jasper Raats
Hierdie leerders van Krugerpark Laer-skool het deurgedring tot die SA Biathle kampioenskappe wat tydens die eerste naweek van die opkomende skoolvakansie by Menlo Park in Pretoria aangebied word. Hulle is van links agter: Pieter Vorster, Justin Nel, Johan Neethling, SW Bruwer, middel: Adri Vorster, Lenika Nel en Johanco Welgemoed. Voor staan Han Geerkens.

Onder 15’s is ligawenners!

Sport: 06 June 2013 By NoordNuus reporter
Ellisras Hoërskool se o/15 rugbyspan het Saterdag in hul laaste ligawedstryd met ‘n eindtelling van 42/0 met Nylstroom afgereken om as ligawenners vir 2013 uit die stryd te tree. Die puntemakers was Marco Kruger, Michael Kotze, Nick de Beer, Pieter du Plessis, Louis Wessels, Kopedi Masekoameng en Rikus Malan (wat ook die doelskoppe waargeneem het). Hierdie Saterdag kom hulle te staan teen Frans du Toit in Polokwane vir ‘n uitspeelwedstryd. Die afrigters Theunes van Staden en Johan Pitout, is baie entoesiasties oor hulle mannetjies wat reg is vir ‘n titaniese stryd.

Piet Pot Biathle atlete gekies vir Limpopo-span

Sport: 06 June 2013
Megan Bruwer, Kurt Kruger en Anél de Vos van Hoërskool Piet Potgieter is gekies vir die Limpopo-span wat gedurende die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Biathle-kampioenskappe in Pretoria gaan deelgneem. In dié sportsoort word daar gehardloop en geswem. Die drie atlete het onlangs in Warmbad deelgeneem en Anél het eerste gekom in die 15 tot 16 jaar ouderdomsgroep met Megan op haar hakke. Kurt het ‘n tweedeplek in sy ouderdomsgroep behaal. Anél en Megan is gekies vir die Jeug B-span, 15 – 16 jaar en Kurt vir die Jeug C span, 13-14 jaar.

Polokwane voer botoon by Meesterstoernooi

Sport: 06 June 2013 By LiN Nuus
Muurbalspelers van Polokwane het die afgelope naweek die botoon gevoer tydens die Limpopo Meesterstoernooi en met drie van die vier titels weggestap.

‘n Tweede Platinum vir Rudi

Sport: 31 May 2013
Rudi Kruger van Mokopane het Saterdag tydens SA Jagters en wildbewaringsvereniging se Presidentskiet by die Maribashoek skietbaan as algehele wenner vir die dag uit die stryd getree en ook vir die tweede keer daarin geslaag om die gesogde Platinum toekenning te verwerf.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube