Searching for "" in "Sport"

 

Marco is een van land se bestes

Sport: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Marco Mckenzie is die enigste atleet van Laerskool Krugerpark wat tydens die onlangse SA atletiekkampioenskappe onder die eerste vyf in sy ouderdomsgroep geëindig het. Hy het 'n vierde plek in verspring gehaal.

Ralien ‘n ruiter van formaat

Sport: 18 April 2013
Terwyl haar maats pop gespeel het, het sy verkies om buite by die perde op haar ouers se plaas te wees, sê Ralien de Beer nadat sy haar tweede uithou-perdrykampioenskappe gewen het.

Slim skuiwe maak hom ‘n wenner

Sport: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Brendan Strydom (17) het verlede Vrydag die Speler van die Dag titel ingepalm nadat hy slim skuiwe gemaak het in sy skaakwedstryde teen Hoërskool Hans Merensky. Hoërskool Piet Potgieter se skaakspan het 8 -2 teen die span van Merensky geseevier. Brendan het in graad 6 begin skaak speel en kort voor lank agtergekom hy is goed daarin. Hy is ook ‘n ywerige bergfietsryer.

Swemmers presteer by kampioenskappe

Sport: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Dié swemmers van die Mokopane Swemklub het gedurende die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Swem Kampioenskappe in Sasolburg (vlak 2) deelgeneem en puik presteer. Agter van links is Danré Grové (13) wat in die finaal van die 200m en 100m borsslag geswem het, hul afrigter, Awie Hattingh en Kurt Kruger (13) wat twee goue medaljes in die 50m vlinderslag en 200m wisselslag verower het. Hy het ook ‘n brons medalje in die 100m vlinderslag gekry. Voor van links is Johann Neethling (12) wat in die finale rondte van die 200m borsslag geswem het en Miral Honiball (15) wat twee brons medaljes in die 200m vlinderslag en individuele wisselslag verower het. Sy het ook die finale rondte gehaal van al vyf items waaraan sy deelgeneem het. Langs haar is Heinrich Strydom (12) wat twee goue medaljes gekry vir die 50m en 200m rugslag en twee silwer medaljes in die 200m en 400m vryslag

Iron will sees her dreams come true

Sport: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
On Sunday Debbie Blount, a teacher from PEPPS Polokwane College and a member of the Polokwane Athletics Club, took part in the Ironman triathlon held in Port Elizabeth (PE). Debbie, who grew up in Mokopane, is the daughter of Tersia Smit, who will be swimming in the World Transplant Games in Durban later this year. Tersia received a liver transplant in July 2005.

Laerskool Ellisras se rugby is tops!

Sport: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Ellisras se eerste- en o/11-rugbyspanne het die afgelope vakansie aan ‘n rugbytoernooi by Thaba Maroela naby Brits deelgeneem. Die o/11 spannetjie was onoorwone en het die volgende skole oortuigend gewen: Laerskool Truida Kestell (Bethlehem), Laerskool Westwood (Boksburg), Laerskool Olien- park (Brits) en Laerskool Fonteine (Sasolburg). Die eerste span het hul wedstryde teen Laerskole Hermanstad, Selection Park en Fonteine gewen, maar het net-net op die laaste dag teen Laerskool Vaalpark verloor.

Local golfers in Limpopo Open

Sport: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Two juniors golfers from the Kameeldoring Country Club, Cameron Nesmith (left) and Keagan Ross (right), participated in the A and B Division at the Limpopo Junior Open held at Zebula Country Club in Bela-Bela on Sunday. Here they are with Limpopo Junior Chairman, Jean Sadie (Middle).

Sallie vang die grotes op sy agterstoep!

Sport: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Sallie Vermaak van Lephalale is nie ‘n ou vir die kollig nie, maar toe hy onlangs hierdie pragtige visse by ‘n oord op die oewers van die Palalarivier aankeer, het hy besluit om tog sy sukses met Noordelike Nuus se lesers te deel. “Ek ry gewoonlik ver om groot trofeekarp te vang. Ek het gehoor daar is groot karp in dele van die Palala - hoewel [hulle] nie gereeld gevang word nie. Die afgelope 2 naweke vang ek toe 10 karps tussen 7.8 en 16.6kg en boonop ook ‘n monster swartbaars van 4.3kg! Al die visse is veilig teruggeplaas,” gesels Sallie. “Dit is duidelik nie nodig om ver te ry nie - die groot karp swem sommer hier naby ons rond.”

Mokopane inwoner na Wêreld Spele

Sport: 12 April 2013
Wanneer die Wêreld Oorplanting Somerspele einde Julie in Durban begin sal Tersia Smit (57) van Mokopane in die swembad haar slag wys. Tersia het in 2005 ‘n skenkerlewer gekry nadat sy van jongs af kroniese lewerprobleme gehad het. Vandag lei sy ‘n normale lewe saam haar man, Ken en drie kinders op die plaas Moorddrift net buite Mokopane.

Doorndraai se grootste vir Paasnaweek

Sport: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Chrisjan Schoeman en sy seuntjie, Henry, het Paasnaweek by Doorndraaidam gaan lyne natmaak en is Maandagoggend met hierdie tamaai karp van 17,49kg beloon vir hul toewyding.

Bossies se eerste toer

Sport: 28 March 2013 By NoordNuus reporter
Dit is die eerste van vele toere vir hierdie groep seuns van Laerskool Bosveld Primary. Die o/9 rugbyspannetjie het Maandagoggend op hulle toer na Marble Hall vertrek waar hulle verskeie wedstryde gespeel en baie geleer het.

Gimnaste wil g’n rus!

Sport: 28 March 2013 By NoordNuus reporter
Die Mokopane Gimnastiekklub se lede oefen sommer tydens vakansietye ook en maak seker dat hul gimnaste reg is vir die 2013 klubkompetisie wat aan die einde van April sal plaasvind. Die klub het in 2006 met slegs vier gimnaste begin.

‘n Eersteplek in Ebenezer dam

Sport: 28 March 2013 By NoordNuus reporter
Anel de Vos en Heinrich Strydom het onlangs aan die Ebenezer myl naby Tzaneen gaan deelneem. Anel het in die 14 tot 30 jaar ouderdomsgroep ‘n tweedeplek in hierdie opewater gala losgeswem in die 1600m afdeling en ‘n eerste plek in die 3000m behaal. Heinrich het 27ste gekom in die 13 en jonger afdeling. Anel bedank al die borge wat haar deelname moontlik gemaak het.

Potties skitter by SA’s

Sport: 28 March 2013 By NoordNuus reporter
Anel de Vos en Gideon van der Walt van Hoërskool Piet Potgieter het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse tweekamp- kampioenskappe in Oudtshoorn gaan deelneem. Beide het in die o/15 ouderdomsgroep deelgeneem waar Anel ‘n 18de plek (2216 punte) en Gideon ‘n 17de plek (2262 punte) behaal het. Anel het die volgende dag in die Biathle ‘n vyfde plek verwerf en Gideon was 12de.

Goud vir Dario!

Sport: 28 March 2013 By NoordNuus reporter
Dario Geyser van Lephalale het die afgelope naweek aan die SA Vlak-2 Streekswemkampioenskappe in Sa-solburg deelgeneem. In die o/13 ouderdomsgroep behaal hy ‘n eerste plek in die 50m rugslag, ‘n eerste plek in die 100m rugslag en ‘n tweede plek in die 5m vryslag. Swemmers van regoor die land, asook Botswana, Mosambiek, Swaziland en Zimbabwe het aan die kampioenskappe deel-geneem.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube