Searching for "" in "Sport"

 

Dit was ‘n besige naweek vir die Rassies

Sport: 25 March 2013 By NoordNuus reporter
Ellisras Hoërskool se rugby en netbalspanne het Saterdag hul staal gewys teen Rustenburg Tegnies. Al die netbalspanne het gewen. Die o/14’s wen 26-1, o/15: 11-2, en 0/16: 9-7. Rustenburg se eerste netbalspan het teen EHS se tweedes gespeel en Ellisras wen 15-7.

Kom speel saam met die Ellisras skaakklub

Sport: 25 March 2013 By NoordNuus reporter
Plek: Onverwacht Rolbal klubhuis Tyd: Vrydae 16:00-18:00 (beginners/juniors – basiese skaakles sal aangebied word), 18:00- (sosiaal) Klub koste: R5 per speler per dag RSVP vir beginnerles / vir meer inligting: marilize@chesscube.com (072 107 1446 na-ure)

Die laaste somermaand...

Sport: 25 March 2013 By Christie Thomas
Om ‘n mens los te skeur van die werk af vir ‘n bietjie visvang is amper soos om onderdeur ‘n nat laken op Ouma se wasgoeddraad te probeer hardloop – die ding klou aan jou vel en wil jou nie laat los nie. Maar kom ons belowe mekaar dat ons hierdie laaste stukkie somer nie met droë lyne sal deurgaan nie. Met lekker baie vakansiedae om die draai gaan ek nie toelaat dat die werk hierdie maand my visvangtyd steel nie. Soos my ou kollega Andries van Zyl daar by die Zoutpansberger altyd sê: “Visvang is nie ‘n saak van lewe en dood nie – dis baie belangriker!”

Húlle is ernstig oor windgewere

Sport: 25 March 2013 By NoordNuus reporter
Die South African Field Target Air Rifle Association (SAFTAA) het verlede Saterdag sy eerste tak in Limpopo amptelik geopen. Verskeie skuts van die omgewing het kans gekry om op die terrein van die CVO Skool in die veld met hul luggewere te skiet. Belangstellendes kan Jaco de Kok by 082 335 6225 bel of stuur ‘n epos na dekokboerdery@gmail.com.

Bossies nou netbal-slim

Sport: 22 March 2013 By Valerie Cilliers
Op 1 en 2 Maart het die O/7 - O/12 dogters van Laerskool Bosveld Primary en Mini netbal dogtertjies van Laerskool Ellisras, Unitas en Lephalale Primary aan ‘n netbalkliniek deelgeneem wat deur die TUKS 1 afrigter, Jenny van Dyk en ‘n paar van haar spelers aangebied is.

Rugby en Netbaldag by Krugerpark

Sport: 18 March 2013 By Valerie Cilliers
Laerskool Krugerpark het Saterdag 'n heerlike sportdag vir Laerskole in die Bosveldstreek aangebied. L/s Bosveld Primary, L/s Nylstroom, L/s Julian Muller, L/s Pietersburg-Oos, L/s Eugene Marais, L/s Louis Trichard en L/s Ellisras het gesorg vir strawwe kompetisie op die rugbyvelde en netbalbane.

Africa on your doorstep

Sport: 07 March 2013 By NoordNuus reporter
Leshoka Thabang Game Lodge offers a malaria-free piece of Africa less than two hour’s drive from Gauteng. Guests will experience personal attention and unparalleled comfort at this luxury Bushveld lodge. The main lodge and en-suite chalets are exquisite in every way, you’ll want to venture on a game drive during which you may run into a pride of lions, a leopard or stop next to a waterhole and see a lot of wild animals. Talking about business, Leshoka Thabang Game Lodge is the perfect place to host your next business conference or team building weekend for up to 40 delegates. Whether it is for business or pleasure you want to break away, this is the place to be!

Lephalale’s soccer kings

Sport: 07 March 2013 By NoordNuus reporter
The first of March was an extremely busy sport day for EHS. The soccer team played against Waterberg Academy and came out on top! The Rassies beat the opponents 2-0. The goal scorers were Rhyme Masunda and Thapelo Kwadi. The man of the match was Khomotso Moloto. For photo's and more Rassie news visit our web site at www.noordnuus.co.za.

Krugies presteer op Limpopo

Sport: 07 March 2013 By NoordNuus reporter
Hierdie atlete van Laerskool Krugerpark het verlede Vrydag aan die Limpopo Laerskole Atletiekkampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer. Hulle is van links agter: Ruan Bodenstein, CG Kruger, Wikus Myburg, Luzaan Taljaard, Anje de Wet, Hanno Jansen van Rensburg en SW Bruwer. Voor is Lachelle de Beer, Janus Taljaard, Erna Kruger, Soné Kapp, Gerhard Pretorius en Nachelle Beetge. Antoinette Albertyn is afwesig.

Atlete na SA kampioenskappe

Sport: 07 March 2013 By NoordNuus reporter
Vyf top atlete van Hoërskool Piet Potgieter gaan 20-23 Maart aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Oos-Londen deelneem.

Barotrauma and the art of ‘Fizzing’ a Bass

Sport: 07 March 2013 By Christie Thomas
Summer patterns are typically deep-water patterns, with many anglers catching bass from depths of 20-foot or more. Unfortunately, many fish will die because most recreational anglers do not know how to take care of fish that have been brought up from the depths too quickly.

Ope-water swemmers presteer uitstekend

Sport: 07 March 2013 By Jasper Raats
Die afgelope naweek het drie van Mokopane se swemmers deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Ope Water Kampioenskapp by Grabouw in die Wes-Kaap. Dirkie van der Bank (regs) het in die 3km vir die kategorie 19 tot 30 jaar ‘n tweede plek behaal en vir die 5 km in die kategorie 14 en ouer was hy in die 39ste posisie. Anél de Vos (links) het in die 3km vir die kategorie 14 tot 18 jaar ‘n sesde plek behaal en Morné van der Bank het ook in die 3km vir die kategorie 12 tot 13 jaar ‘n 8ste plek behaal. Hulle het hul afrigter, Awie Hattingh bedank vir die tyd wat hy in hulle belê het.

Rassies gaan SA’s toe

Sport: 07 March 2013 By Valerie Cilliers
EHS se top atlete het die naweek deelgeneem aan die Limpopo skole atletiek kampioenskappe te Pietersburg. Corman Vos (o/17), Christiaan Kruger (o/17), Larissa Nel (o/14), Frans Tselane (o/19), Hannah Leahy (o/14) en natuurlik ons goue meisie: Johanè Pistorius (o/15). Christiaan kom eerste in die 110m hekkies en tweede in die 400m hekkies. Frans Tselane kom tweede in die 400 hekkies en Johanè wen diskus en spiesgooi. Johanè, Christiaan en Larissa word gekies vir die Limpopospan om deel te neem aan die SA’s. Op die foto is: Christiaan Kruger, Corman Vos, Johanè Pistorius en Frans Tselane. Afwesig is Larissa Nel.

Rassies palm die rekords in!

Sport: 04 March 2013 By NoordNuus reporter
Vier van die agt rekords wat tydens hierdie jaar se interhoër byeenkoms gebreek is, behoort aan atlete van Ellisras Hoërskool. Johanè Pistorius het twee rekords verbeter: diskus vir dogters o/15 en gewigstoot. Sy behaal ook ‘n eerste plek in spiesgooi. Sy is gekroon as beste atleet van die dag en beste veldatleet.

Halfeeu van Interhoër in die Bosveld

Sport: 04 March 2013 By NoordNuus reporter
Atlete het toeskouers op hulle voete gehad met prag atletiek by Interhoër 2013 Saterdag op Modimolle. Dit was die 50ste Bosveld Interhoër atletiek byeenkoms. Die eerste interhoër het plaasgevind op Saterdag 9 Maart 1963 in Mokopane, toe nog Potgietersrus.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube