Searching for "" in "Sport"

 

Mokopane se tweekamp konings

Sport: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Sondag het hierdie Mokopane tweekamp atlete aan die Gauteng Sentraal Inter-Provinsiale tweekampkompetisie by Wits deelgeneem. Van links agter is Kurt Kruger, Gideon v.d.Watt, Lené Kruger, Armanda Kruger en Chris-Mari Darvall. Voor is Hugo Steyn en Herculles Steyn.

Rassies veg vir plekke in Limpopo-span

Sport: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Atlete van regoor die Waterberg het Saterdag in Mokopane alles uitgehaal om te kwalifiseer om mee te ding om ‘n plek in die Skole Limpopo atletiekspan wat SA’s toe gaan later vanjaar.

Krugie atlete oorgehaal vir Limpopo

Sport: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Hierdie atlete van Laerskool Krugerpark het almal onder die eerste drie plekke behaal tydens Saterdag se Distriksatletiekbyeenkoms op die skool se gronde. Van hulle sal nou vir die distrikspan gekies word wat aan die Limpopo kampioenskappe gaan deelneem.

18 Bossies in Waterbergspan!

Sport: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary het 14 eerste plekke behaal by die jaarlikse Streekbyeenkoms vir laerskoolatlete in die Waterbergstreek wat Saterdag by Laerskool Krugerpark in Mokopane aangebied is. Daar het altesaam 18 atlete deurgedring na die Limpopokampioenskappe in Polokwane wat op 1 Maart plaasvind.

Ouers vang saam gees by Piet Pot

Sport: 22 February 2013 By NoordNuus reporter
Hoërskool Piet Potgieter se ouers, oud leerlinge en personeel is al die laaste twee weke besig om saam met die skool se leerlinge gees te vang vir more se interhoër op Modimolle. Verlede Vrydagaand was daar ‘n heerlike mini-gholfaand op die skool se sportveld en Dinsdagaand het ouers die geleentheid gehad om te wys ‘n mens is nog vêr van oor die muur as jou kinders op hoërskool is toe hulle aan die ouer atletiekaand deelgeneem het.

Johané is reg vir Interhoër

Sport: 21 February 2013 By NoordNuus reporter
As jy onderwysers uitvra oor Ellisras Hoërskool se ster altleet, Johané Pistorius sal hulle sê sy is nederig oor haar fenominale prestasies en gee altyd aan God die eer. Sy waardeer wat haar mense vir haar doen en opoffer, glimlag maklik, is ‘n gebalanseerde leerling wat ewe goed in haar akademie vaar en bowenal is sy ‘n Rassie.

Groot atletiek vir Lephalale se kleintjies

Sport: 14 February 2013 By NoordNuus reporter
Die jaarlikse atletiek-areabyeenkoms vir laerskole in die Lephalale omgewing is verlede Vrydag by die Mogol Atletiekklub deur Laerskool Bosveld Primary aangebied. Die Bossies het 35 eerste plekke behaal en 50 van hulle atlete het deurgedring tot die streeksbyeenkoms by Laerskool Krugerpark.

Krugies deur na distrikskampioenskappe

Sport: 14 February 2013 By NoordNuus reporter
Hier is die seuns in Laerskool Krugerpark wat Saterdag op hul tuisveld deurgedring het na die distriksatletiekkampioenskappe nadat hulle onder die eerste drie in hul onderskeie items geëindig het. Hierdie meisies van Laerskool Krugerpark het Saterdag tydens die streeksbyeenkoms op Krugerpark se velde deurgedring na die distriksatletiekkampioenskappe.

Aandgholf-Classic

Sport: 14 February 2013 By NoordNuus reporter
Hoërskool Piet Potgieter bied vanaand, 15 Februarie ‘n opwindende gholfaand op sy A-rugbyveld aan. Daar word van 6 verskillende bowwe na 6 verskillende vlaggies geslaan. Balle en stokke sal beskikbaar wees. Elkeen speel met ‘n 9-yster. Pryse kan by elke putjie losgeslaan word. Dis ideaal vir enige iemand, gholfers of nie-gholfers, volwassenes of skoolkinders. Kaartjies is beskikbaar by De Wet Kruger 082 4444 703 of Lientjie Venter 082 867 7163.

Noorde se CVO skole spook dit uit

Sport: 14 February 2013 By NoordNuus reporter
CVO skole van regoor die Noorde van die land het Saterdag in Mokopane by die Potgietersrus CVO skool meegeding in die Bosveld Atletiekbyeenkoms. Skole wat deelgeneem het was Vivo CVO, Pretoria CVO, Hardekool Akademie, Levubu CVO, Waterberg CVO, Wolkberg Akademie, Mare Ebersohn Leersentrum, Zoutpansberg CVO en Potgietersrus CVO skool.

Skaakkampioen om skoolspan te help

Sport: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Toe Mogalakwena raadslid, Korny Dekker, hoor Limpopo se huidige nommer twee skaakspeler, Simon Kekana, woon hier in Mokopane, het jy dadelik besluit sulke talent kan nie onbenut gelaat word nie. Hy het die DA omgepraat om skaakstelle aan Hoërskool Piet Potgieter te skenk en vir Kekana omgepraat om die skool se skaakspan af te rig. Simon het n passie vir skaak en gaan ook by Waterberg Hoërskool begin met afrigting. Vir enige navrae of borgskappe vir Simon kan Korny Dekker van geskakel word by 082 8781502.

63 medaljes vir Piet Pot!

Sport: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Hulle het tydens die onlangse Limpopo Skole swemkampioenskappe 28 goue-, 23 silwer- en 12 brons medaljes verower. Hulle is van links agter: Anel de Vos, Dedré Uys, Nita-Mari Nel, Christo Grové, Ruan Kruger, (voor): Kurt Kruger, Danré Grové, Morné van der Bank, Danelle Hattingh en Miral Honiball. In party items was Piet Pot se swemmers eerste, tweede en derde.

Carpe Diem crowns top athletes

Sport: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Left: Carpe Diem School in Mokopane recently held its school athletics championships on Piet Potgieter High School’s fields. Mamphele Matshaba and Robert Fatana were the senior Victrix and Victor Ludorum and the junior titles went to Mapuseka Morawana and David Pullinger . The Red Rockets won the trophy for the best singing and the best team. Here are their cheerleaders.

Krugies vaar goed op Louis Trichardt

Sport: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Krugerpark se atlete het verlede Saterdag op Louis Trichardt aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deel gaan neem. Eerste plekke is behaal deur die volgende atlete van links agter: Wilmari van der Westhuizen, Michelle Landsberg, Luzaan Taljaard, Michelle Duvenhage, (middel) Wilma Nel, Kaylin Deysel, Hanno Jansen van Rensburg, Ruan Bodenstein, (voor) Jana Nel (sy is aangewys as Kampioen van Kampioene), Gerhard Pretorius, Marco Mckenzie en Nachelle Beetge. Ajje de Wet was afwesig.

Krugie swemmers maak skoonskip

Sport: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Krugerpark se swemmers het die skool se naam hoog gehou tydens die onlangse Limpopo Swemkampioen-skappe. Die volgende swemmers (van links agter) het almal eerste plekke behaal: Percy Hawken, CG Kruger, Carel Smit (hy is ook aangewys as die Limpopo Victor Ludorum), Anrea Kruger, Jurinda van Schalkwyk, (middel) Bernice Laboff, Adri Vorster, Ruben Glover, Haan Geerkens, Emmeré Botha en voor is Franco Botha.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube