Searching for "" in "Sport"

 

Skryf nou in vir Nyl Gholfdag

Sport: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Die Nyl Boerevereniging bied op 25 April sy jaarlikse gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub in Mokopane aan. Inskrywings kan van 9h30 geregistreer word waarna die formaat van die dag om 10h00 aan deelnemers verduidelik sal word. Die spelers sal om 10h30 afslaan. Deelnemers word aangemoedig om so gou moontlik hul inskrywingsfooie oor te betaal om te verseker dat hulle plek het om te speel op die betrokke dag. Vir verdere navrae kontak Walkie Kruger by 082 451 1029 of Renita Prinsloo by 072 593 3278

Ope-water swemmers blink uit

Sport: 31 January 2013 By NoordNuus reporter
Dirkie van der Bank (5km), Morné van der Bank (3km) en Anel de Vos (3km) het verlede Sondag aan die Victoria Lake Germiston swembyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms dra by tot die kwalifiseringstye wat die swemmers toelaat om aan die SA ope waters swemkampioenskappe deel te neem. Dirkie het negende geëindig met ‘n tyd van 1.14.11 minute, Morné was veertiende met ‘n tyd van 46.05 minute en Anel het eerste geëindig onder die vrouens met ‘n tyd van 41.06 minute (sy het vierde algeheel geëindig). Die dag was goed ondersteun en die 3km resies het sowat 52 swemmers gehad en die 5km sowat 19 swemmers. Baie geluk aan hierdie Mokopane-swemmers wat ons dorp se naam hoog hou.

New team is looking for sponsors

Sport: 31 January 2013 By NoordNuus reporter
Jamaica Motswiring Football Club in Mokopane is looking for sponsors. The club comprises a group of dedicated young soccer players who hope to make it big one day. Until they get to play in the big leagues they focus their sport and the joy of fit healthy lives free from drugs and crime. They desperately need a new soccer ball and also team clothing. If you can help contact Johannes Mkhari at cel: 076 640 5291.

Witwarm atletiek op Lephalale

Sport: 31 January 2013 By NoordNuus reporter
Die Rassies, Potties en Hansies het mekaar Saterdag op Ellisras Hoërskool se atletiekbane die stryd aangesê. EHS het op die dag as wenners uit die stryd getree met 801,5 punte teen Piet Potgieter se 779,5 en Hoërskool Hans Strydom se 707 punte.

Uithou en aanhou - die Sabie Xperience

Sport: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Terwyl baie van ons se kredietkaarte nog steier onder die gewig van restaurantetes, Kerspresente en seevakansies van verlede maand het ons hengelghoeroe, Christie Thomas, se lam bene genoegsaam herstel dat sy dit tot by haar rekenaar kon maak om vir Noordelike Nuus se lesers te skryf oof die wedervaringe op haar bergfiets tydens die onlangse Sabie Wedren in Mpumalanga.

Mogol Rugby se Blou Bulle!

Sport: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
‘n Groot eer het Mogol Rugby te beurt geval toe twee van sy spelers vir die Limpopo Blou Bulle Vodacom span gekies is. JP Ferreira en Bronwyn Craill se vordering sal beslis met groot belangstelling dopgehou word, volgens Mogol Rugby se Frikkie Kotze.

Bosveld is vol kampioene!

Sport: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary se Interhuis atletiekbyeenkoms het verlede Vrydag verskeie kampioene opgelewer. Toekennings het gegaan aan Lerato Maheso - Dogterskampioen van Kampioene en junior atleet van die dag en Junior Victrix Ludorum, Links Mashabela - seunskampioen van kampioene; Koketso Ledwaba - junior seunsatleet van die dag en Junior Victor Ludorum, Mpho Shlake - senior baanatleet van die dag - Sebopi Semeo senior seuns baanatleet van die dag en Senior Victor Ludorum, Belaney Bruger - senior dogter veldatleet van die dag, Jevan Human - senior seun veldatleet van die dag, Tacia van Wyk - Senior Victrix Ludorum. Die wenspan vir die dag was die Loeries en die Valke het weggestap met die sangbeker.

Krugies Bulletjie rugby & Mini-netbal

Sport: 28 January 2013 By Jasper Raats
Die Bulletjie rugby en mini-netbal seisoen begin amptelik Maandag 4 Februarie 2013, 17:20 te Laerskool Krugerpark. Alle belangstellendes word hiermee uitgenooi om jul kinders te bring vir ‘n propvol seisoen. Vir enige Bulletjie Rugby navrae kontak gerus vir Piet Botha by sel: 076 978 3238 of Stephen Le Roux by sel: 071 331 5344. Vir navrae oor die Mini-Netbal skakel Yolandé De Beer by sel: 079 273 7321 Die skool bedank ook hul 2013 borge - Romanz Pizza, Print Master & Gilbertson’s Paneelkloppers.

Blessies wen bokkesport!

Sport: 28 January 2013 By Jasper Raats
Die Blesbokke het verlede Vrydag tydens Laerskool Krugerpark se bokkesport byeenkoms met die louere weggestap. En hoewel die Rooibokke en die Springbokke tweede fiool moes speel het hulle darem ook elkeen sy kwota medaljewenners opgelewer.

Fishing Q&A with Christie Thomas

Sport: 28 January 2013 By Christie Thomas
I often receive emails and phone calls from many of my readers, friends and acquaintances, asking for advice about all sorts of different aspects of bass fishing. Certain questions come up more often than others, so I have decided to share some of my most frequently asked questions with you, and answer them to the best of my ability.

Groot sports by Bossies!

Sport: 18 January 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary het verlede Vrydag hulle massa-atletiekbyeenkoms by Mogol Klub se interhuisbyeenkoms aangebied. Die Bossies het die jaar goed begin en amper al die leerders het aan een of ander item deelgeneem. Baie geluk aan al die Bossies wat deurgedring het na die interhuisbyeenkoms vandag (Vrydag) waar die Loeries en die Valke mekaar die stryd aansê.

Piet Pot soek sy bestes uit!

Sport: 18 January 2013 By Jasper Raats
Die Oranje span het met die louere weggestap tydens Hoërskool Piet Potgieter se interhuis atletiekbyeenkoms verlede Vrydag. Dié span se atlete het vir 893 punte op die telbord gesorg teenoor die Blou span se 800 punte. Kagiso Mogangoa en Soretha Kruger is onderskeidelik as Victor en Victrix Ludorum aangewys terwyl Marnus Uys en Simoné Fourie die Junior Victor en Victrix Ludorum toekennings ontvang het. Foto's: Jasper Raats.

Piet Pot interhuis

Sport: 17 January 2013 By Jasper Raats
Simoné van Wyk was loshande voor in die 100m hekkies vir dogters 0/19. Rojanka Myburgh het oor die hekkies gevlieg. Neels Swanepoel het sy alles gegee tydens die driesprong. Michelle Swartz in aksie. ‘n Veilige landing vir Dewald de Beer.

Mokopane Juniors speel vir Limpopo

Sport: 11 January 2013
Drie seuns van die Kameeldoring buiteklub in Mokopane het die Limpopo span by die onlangse 2013 Nomade seuns onder 15 gholftoernooi in Centurion verteenwoordig Sestien provinsiale spanne het aan dié nasionale kompetisie deelgeneem. Van links is Kurt Kruger (Hoërskool Piet Potgieter), Keagan Ross (Laerskool Krugerpark) en Johnty Darvall (Hoërskool Piet Potgieter).

As die Noordooster waai

Sport: 11 January 2013 By Jasper Raats
“Jong, die visvang is maar vrot met al die riviere wat afgekom het, en as die Noordooster waai soos wat hy nou waai, mors jy eintlik jou tyd,” verduidelik die bruingebrande stuk gryskop sening my in Engels. Nie die Koningin se Engels nie – Suidkus Engels.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube