Krugie wen embleem kompetisie
Sport:
08 November 2012
By NoordNuus reporter
Ezelle Viljoen (regs) van Laerskool Krugerpark het gewys dat sy oor meer talente as net ritme beskik. Sy het die Limpopo Majorette And Cheerleading Association (LIMCA) se ontwerpkompetisie gewen en is dus die jong dame agter die nasionale embleem vir die 2013 SA Kampioenskappe. Skole van regoor die provinsie het aan die kompetisie deelgeneem.
Tuané Human het met haar ontwerp 'n derde plek behaal en haar embleem gaan op die Krugerpark Trompoppies se klere pryk.