Searching for "" in "Sport"

 

Laerskool Ellisras - Limpopo wenners

Sport: 19 June 2012 By Valerie Cilliers
Laerskool Ellisras se o/10A span het Saterdag teen Laerskool Pietersburg Noord in die finaal gewen om hierdie jaar gekroon te word as die o/10 Limpopo Blou Bulle ligawenners! Hier is die span met hulle afrigters JP van Staden, Braam Crots en Jean Venter. Foto verskaf deur Foto First Lephalale.

Krugies se tweedes kom eerste

Sport: 19 June 2012 By Cindy Pretorius
MOKOPANE- Laerskool Krugerpark se tweede rugby span het verlede Saterdag in Warmbad op Laerskool Warmbad se velde as die Limpopo Kampioenskap wenners uit die stryd getree. Van links voor is: Robert Lightfoot, Kevin Lock, Nickie Oostuizen, CG Kruger, Abol Khotsa, Dries Le Roux, Abraham Geerkins, Dawie Muller. Middel : Barend Groenewald, Franco Kiesling, Deon Smith, Rucardo Kruger, Ruben Boshoff. Agter: Kurt Kruger, SJ van Vuuren, Schalk Boltman, Terence York en Hansie Engelbrecht en die afrigter - Rudolf Badenhorst.

Sy mag maar perd ry!

Sport: 11 June 2012 By Cindy Pretorius
Nadine Ferreira van Laerskool Krugerpark het verlede Donderdag by die Walting perdry kompetisie 11 ander leerders uitgestof om ‘n eerste plek te behaal. Walting is gymnastiek bo-op ‘n bewegende perd.

0/11 Rugby Bossies het deurgedring

Sport: 11 June 2012 By Valerie Cilliers
Die 0/11 rugbyspan van Laerskool Bosveld Primary speel op Saterdag 9 Junie in die Limpopo rugby finale vir groot skole. Baie sterkte aan hierdie seuns.

Langasems in Limpopo span

Sport: 11 June 2012 By Valerie Cilliers
Na harde werk, baie sweet en uithouvermoë is hierdie atlete van Laerskool Bosveld Primary gekies vir die Limpopo Landloopspan wat op 9 Junie gaan deelneem aan ‘n Inter-Provinsiale byeenkoms op Middelburg. Ons wens hulle alle sterkte toe!

Netbalbossies in finale!

Sport: 11 June 2012 By Valerie Cilliers
Die o/11, o/12 en o/13 netbalspanne van Laerskool Bosveld Primary het deurgedring na die Limpopo Netbal finale in Polokwane op 8 en 9 Junie.

Waterberg se bestes!

Sport: 11 June 2012 By Cindy Pretorius
Laerskool Krugerpark se o/12 en o/13 netbal A-spanne asook die eerste en o/10A rugbyspanne het as hierdie jaar se wenners van die Waterbergstreeksliga uit die stryd getree. Die o/12’s het op hulle tuisveld met die spanne van Laerskool Madipaltlogomo, Laerskool Bosveld en Laerskool Thabazimbi afgereken vir dié titel en die 0/13’s het Laerskool Ellisras, Laerskool Bosveld en Laerskool Thabazimbi op hulle neuse laat kyk.

Netbalrassies maak skoonskip

Sport: 11 June 2012 By Valerie Cilliers
Ellisras Hoërskool se o/17 netbalspan is Saterdag gekroon as distrikswenners nadat hulle Saterdag tydens die distriksfinale op Modimolle oorwinnings van 13 – 12 oor Nylstroom, 15 – 8 oor Warmbad en 16 – 0 oor Frikkie Meyer behaal het. Hul afrigter, mev. Salome Cornelius is besonder trots op hierdie meisies en sê dit is ‘n welverdiende loon op hulle harde werk. Die o/16’s het ‘n derde plek in die finaal behaal en dring saam met die o/17’s deur na die Limpopo kampioenskappe wat op 9 Junie in Polokwane aangebied word.

Krugies vs Thabazimbi

Sport: 04 June 2012 By Helena Raats
Verlede Donderdag het Laerskool Krugerpark en Laerskool Thabazimbi se bulletjie-rugby en mini-netbal spannetjies mekaar aangepak. Hier is 'n paar foto's van die dag - lees meer in Vrydag se uitgawe van Noordelike Nuus.

Krugies kap dit flou!

Sport: 25 May 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE- Twee van laerskool Krugerpark se o/13 rugbyspelers, Marko Benade en Franco van Deventer, het deurgedring na die volgende rondte van die Bokkieweek in Kroonstad. Verlede Saterdag het Laerskool Krugerpark se bulletjie rugby en mini netbal op Marble Hall teen skole in die omgewing kragte gaan meet. Die o/6 Bulletjies wen twee wedstryde teen Laerskool Eugene Marais en ook twee teen Laerskool Kragbron. Hulle het Marble Hall en Warmbad laerskole se spannetjies ook kafgedraf. Die o/7’s se eerste bulletjiespan wen met ses drieë teen Laerskool Kragbron en teen Laerskool Julian Miller wen hulle met drie drieë, teen Akademie Reformia wen hulle met twee drieë. Die o/7 tweede spannetjie wen teen Laerskool Kragbron met vyf drieë, teen Laerskool Warmbad ook met vyf drieë en teen Laerskool Marble Hall wen hulle met sewe drieë. Die o/7 derde spannetjie speel teen Akademie Reformia en verloor met vyf drieë, teen Laerskool Julian Miller verloor hulle 2-1 en teen Laerskool Warmbad wen hulle met drie drieë. Die O/7 vierde spannetjie verloor teen Akademie Reformia met vyf drieë, teen Laerskool Marble Hall wen hul met drie drieë en teen Laerskool Warmbad wen hulle met drie drieë. Die O/8’s se eerste spannetjie wen teen Laerskool Kragbron met twee drieë, teen die Laerskool Julian Miller met een drie en dan weer teen Laerskool Kragbron met 15 drieë. Die o/8’s se tweede spannetjie speel teen die Laerskool Kragbron en wen 7-0, teen Laerskool Eugene Marais wen hulle 6-4. Krugerpark se o/7A mini netbalspan speel twee wedstryde en wen altwee, die o/7B span speel ook twee waarvan hulle een wen en een verloor. Die o/8 A en B span speel elk drie wedstryde waarvan hulle twee uit die ses wen. Die o/9 A span speel drie en wen al drie, die 0/9B span speel ook drie waarvan hulle een wen, een gelykop eindig en een verloor.

Bosveldbulletjies spook dit uit

Sport: 25 May 2012 By Valerie Cilliers
Laerskool Bosveld Primary en Ellisras Laerskool se o/7 spanne het weereens Saterdag by Thabazimbi Laerskool kragte gemeet. Laerskool Thabazimbi, Platina, Koedoeskop Laerskool, Neos Christian School en Van Wykskraal Laerskool het aan die bulletjiedag deelgeneem. Saterdag (more) bied Laerskool Ellisras ‘n bulletjiedag op hulle rugbyveld aan en die daaropvolgende Saterdag word ‘n bulletjiedag by Laerskool Bosveld Primary aangebied.

Wimbeldon hier kom ons

Sport: 21 May 2012 By Cindy Pretorius
Hoërskool Piet Potgieter se tennisspelers het verlede Vrydag teen die Hoërskool Ben Viljoen gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Lenice van Eyk het vir ‘n skitterende vertoning gesorg toe sy haar opponent 10-0 wen. Simoné van Wyk en Helené Peens wen hul dubbels met 4-3 en Simoné van Wyk wen dan ook haar enkelspel met 5-4. Speler van die wedstryd was dan Lenice van Eyk. Die tweede meisiespan se uitslae is soos volg: Gabby Nel wen 5-4, Gaby Nel en Monique de Sousa wen hulle dubbels met 6-1. En onder die seuns wen Lourens Kruger 6-3. Die eerstespan tennis dogters is van links Helené Peens, Simone van Wyk, Lenice van Eyk en Dane du Plessis (bo).

Rassies en Potties pak mekaar

Sport: 21 May 2012 By Jasper Raats
Ellisras Hoërskool het Saterdag gasheer gespeel vir ‘n sportdag teen Nylstroom en getrou aan Rassietradisie het die meeste tuisspanne hul besoekers met goeie pakslae huistoe gestuur. Die Eerste rugbyspan wen 29-15 Juan Wolmerans, Ruan Booyse, Ruan Olivier en Pietman Barkhuizen wat drieë druk. Die o/14’s wen 54-0, die 0/16 span wen 39 – 5, die derde span wen 17-5 en die tweedes verloor 20-22. Netbal behaal gemengde welslae: o/14a verloor 13-14, 0/14b wen 16-12, 0/15a verloor 8-22 en die b-span 22-8 0/16a wen 38-9 en die b-span wen 29-18. Die tweedes wen 23-17, maar EHS se eerste span verloor teen die Nylies. EHS kom Saterdag op Mokopane teen Hoërskool Piet Potgieter te staan. Beide skole het tot dusver baie goed gevaar en dit is veral die eerstepanne wat aan beide kante harde bene gaan kou op punte op die telborde te kry.

Carpe Diem and Krugies play netball friendly

Sport: 17 May 2012 By Helena Raats
MOKOPANE - Krugerpark Primary and Carpe Diem School held a netball friendly at Piet Potgieter High School on Tuesday. While Krugerpark won the day, both schools enjoyed the day!

Krugie rugby kry groot bederf by MGM!

Sport: 14 May 2012 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se A-rugbyveld gaan van nou af spoggerig lyk tydens wedstryde danksy MGM motors wat nuwe skutte vir die doelpale en hoekmerkers asook lynbakens vir die skool geskenk het. Hier is die skoolhoof, Johan Vertongen en van die skool se rugbyspelers saam met Casper Vorster (links) en Gerhard Janse van Vuuren van MGM Mokopane.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube