Searching for "" in "Sport"

 

Krugies vaar goed teen Groblersdal

Sport: 14 May 2012 By Jasper Raats
MOKOPANE- Verlede Donderdag het Laerskool Krugerpark se rugby en netbal kragte uitgemeet teen die Laerskool Julian Muller van Groblersdal. Die rugby uitslae is soos volg: die o/9 span wen 17-10, o/10 span wen 17-0, o/11 span verloor 10-0, derde span verloor 32-0, tweede span wen 15-5 en die eerste span wen 27-0. Die netbal se o/9A span wen 8-4, o/9B span verloor 5-1, o/10A span verloor 17-7, o/10B span verloor 11-4, o/11A verloor 17-2, o/11B wen 10-4, o/12A span verloor 13-6, o/12B span wen 11-8, o/13A span speel gelykop 12-12 en die o/13B span wen 7-4.

Stoeiers skitter op SA’s

Sport: 14 May 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Mogol stoeiklub het hierdie jaar baie goed gevaar by die SA Grieks-Romeinse stoeikampioenskappe wat einde April in Kaapstad aangebied is. Van links agter is: André Schutte (2de plek), Mouritz Grobler (Afrigter), Hardus van Zyl (2de plek), Adie van Zyl (1ste plek en Beampte) en voor is: Marnitz Grobler (3rde plek), Andreas van Zyl (4de plek) en Elize Grobler (Beampte).

Bulletjies en mini-netbal meisies wys hul staal!

Sport: 09 May 2012 By Helena Raats
Saterdag het Laerskool Bosveld Primary se 0/7 , 0/8 en 0/9 mini-netbalspanne aan ‘n mini-netbal dag by Naboomspruit teen agt ander skole deelgeneem. Elke span het 3 wedstryde gespeel waarvan hulle slegs 2 verloor het. Die 0/6 , 0/7 en 0/8 seuns het Saterdag 5 Mei op Naboomspruit gaan deelneem aan ‘n bulletjie toernooi waar hulle goed gevaar het en dit baie geniet het. Baie dankie vir al Laerskool Bosveld Primary se ouers wat help met die afrigting en vervoer van die Bulletjies. Laerskool Krugerpark het ook deelgeneem en baie goed gevaar - hulle het egter teen druktyd geen inligting verskaf nie. Unitas het ook spanne gestuur.

Hardekool se top atlete

Sport: 07 May 2012 By Valerie Cilliers
LEPHALALE - Hardekool Akademie in Lephalale het onlangs deelgeneem aan die BCVO- Landswye SA-attletiekbyeenkoms by Ruimsig-stadion in Roodepoort, Gauteng.

Rassies maak die Hansies sag

Sport: 30 April 2012 By Valerie Cilliers
Die Rassies het die Leeus van die Bosveld (Hoërskool Hans Strijdom) Saterdag 21 April op EHS se velde getem.

Bossies kook op Bela-Bela

Sport: 30 April 2012 By Valerie Cilliers
Laerskool Bosveld Primary se bulletjie rugbyspanne het Saterdag aan Warmbad Laerskool se bulletjie dag by Forever Resorts in Bela-Bela deelgeneem. Skole van Brits, Marble Hall, Bela-Bela, Lephalale en Platina het mekaar die stryd aangesê.

Krugies pak Louis Trichardt

Sport: 30 April 2012 By Cindy Pretorius
MOKOPANE- Verlede Donderdag het Laerskool Krugerpark ‘n suskesvolle sportdag aangebied en van die Krugies het baie goed presteer op hul tuis- rugbyvelde en netbalbane teen Laerskool Louis Trichardt.

Piet Pot gholfers maak skoonskip

Sport: 30 April 2012 By Cindy Pretorius
Hoërskool Piet Potgieter se en Ellisras Hoërskool se gholfspanne het verlede Vrydag in Mokopane teen die spanne van Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Heuwelkruin kragte gemeet waar Piet Potgieter as wenners vir die dag uit die stryd getree het.

Rassies maak skoonskip op alle velde

Sport: 23 April 2012 By Valerie Cilliers
Saterdag het Ellisras Hoërskool sake behoorlik uitgespook met Rustenburg Tegniese Skool. Die Rassies se o/17A netbalspan het teen Rustenburg Tegniese eerste netalspan 21 – 15 gewen. Die o/14B-span wen 17-14, o/15 wen 13-4, o/16 wen 11-8 en die o/17B’s verloor 11-22.

Bieliebaber in plaasdam!

Sport: 23 April 2012 By Jasper Raats
Andries Beneke van Lephalale en sy vriend PW Maree het Saterdag by Jabulanie Game Lodge naby Thabazimbi aan ‘n hengelkompetisie gaan deelneem. Andries het die grootste Baber vir die dag gevang – ‘n bielie van 19.83 kg. Ongelukkig het Babers nie die dag getel nie maar dit was sy beste vangs ooit.

Potties se Eerstes skitter op toere

Sport: 13 April 2012 By Cindy Pretorius
Hoërskool Piet Potgieter se o/16 en eerste netbalspanne het die afgelope vakansie aan die Grootvleiweek in Pretoria deelgeneem. Beide spanne het uitstekend gevaar met die o/16’s as naaswenners in hulle ouderdomsgroep en die Eerstes as die die Grootvlei 2012 wenners. Die o/14 en o/15 rugbyspanne het ook aan die Grootvleiweek deelgeneem. Die o/14’s het ‘n optraande stryd gehad teen die spanne van Glenwood, maar die o/15’s het tot die finaal deurgedring waar hul ongelukkig was om in ekstra tyd teen die span van Eldoraign. Colin Stey van Piet Pot is hier aangewys as speler van die wedstryd en ook as beste agterspeler van die Grootvleiweek toernooi. Die o/16 en eerste rugbyspanne het op hul beurt aan die Amajuba Sportweek by Volksrust deelgeneem waar Piet Pot se eerstespan met die louere weggestap het.

Oud-bok praat by rugbyaand

Sport: 02 April 2012
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter het Vrydagaand sy sewentigste rugby bekendstellingsaand saam met ere gaste Louis Koen, die voormalige springbok loskakel, en Nico Momsen, Hoërskool Paarl Gimnasium se afrigter aangebied.

Rassies presteer op alle velde

Sport: 02 April 2012 By Valerie Cilliers
Ellisras Hoërskool het Saterdag op Hoërskool Grenswag in Rustenburg se velde gewys dat hy hierdie jaar die skool gaan wees om te klop wanneer dit by wintersport kom.

Ellisras Laerskool wen teen Bosveld

Sport: 02 April 2012 By Valerie Cilliers
Ellisras Laerskool het verlede Donderdag groot opslae gemaak toe die skool se eerstespan vir die eerste keer in baie jare daarin kon slaag om Laerskool Bosvel Primary te wen. Met vier drieë het hulle op die dag gewys dat hulle die beter span is. Die eindteling was 26 -0. Ander spanne van Ellisras Laerskool wat gewen het was die 0/10’s met ‘n telling van 31-15 en die tweede span met ‘n telling van 10-15. Met die netbal kon slegs die o/9 A en B spanne daarin slaag om teen Bosveld te wen.

Gimnasts dream of gold...

Sport: 26 March 2012 By Helena Raats
The Mokopane Gymnastics Club (MGC) showed off the talents of their gymnasts with an exciting Club competition on Wednesday.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube