Searching for "" in "Sport"

 

Sewe goues vir Piet Pot

Sport: 18 March 2012 By Jasper Raats
Sewe 7 leerlinge van Hoërskool Piet Potgieter het goud verwerf, ses silwer en een brons tydens die onlangse Limpopo atletiek kampioenskappe. Peter Tau, Helené Peens, Jaun Korf, Estee Pretorius, Kagiso Magongoa, Simoné van Wyk en Solly Mokwena het almal goue medalje’s gewen. Nardus van Wyk, Thabang Phosa, Soretha Kruger, Estee Pretorius, Santie Barwise en Philipine Ledwaba het silwer gewen en J.J. Lourens verwerf ‘n brons medalje.

Tassie golfdag was 'n groot sukses!

Sport: 18 March 2012 By Anlea de Bruin
Honderd vier en twintig gholfspelers het vroër vandeesmaand aan Laerskool Unitas in Swartwater se gholfdag by Sesambos Golfbaan deelgeneem. Willie de Klerk en Marinda de Lange het met die louere huistoe gestap met Johan Geldenhuys en Frans Fourie in die tweede plek. C. Booysen en N. Oosthuizen was derde. Johan Geldenhuys het die beste telling onder die mans behaal en Cornel Pretorius die beste onder die vroue deelnemers.

Stoeiers skitter by Limpopo Ope

Sport: 18 March 2012 By Jasper Raats
Mogol stoeiklub in Lephalale was Saterdag die gasheer vir die Limpopo ope stoeikampioenskappe. Stoeiers van regoor die land het Saterdag mekaar die stryd in ‘n warm Lephalale aangesê.

EHS atlete skitter by Limpopo Atletiek kampioenskappe

Sport: 13 March 2012 By Valerie Cilliers
Ellisras Hoërskool se atlete het Saterdag alle verwagtings oortref by die Limpopo Hoërskool Atletiek Kampioenskappe in Polokwane. Johanè Pistorius is aangewys as die beste hoërskool atleet in Limpopo en beste atlteet vir die dag. Sy verbeter die diskusrekord tot 34.94m. Wat die prestasie so uitsonderlik maak, is dat sy as o/14 dogter in die o/15 afdeling deelgeneem het. Sy behaal ook eerste plekke in spiesgooi en gewigstoot.

Jong Rassie was Interhoër se beste!

Sport: 05 March 2012 By Jasper Raats
Johanè Pistorius van Ellisras Hoërskool het hierdie jaar tydens Interhoër die beker vir die beste veld atleet asook die beste atleet van die dag met haar drie eerste plekke en rekord in diskus dogters o/14 verower.

Learning a new technique...

Sport: 27 February 2012 By Christie Thomas
Although bass fishing originated in America it is practiced in many countries like Japan, Namibia, Spain, Italy, Australia, and Mexico. No matter where you live it is important to remember bass are bass and that it is the habitat differences from place to place that anglers have to adapt to and use a number of varying techniques to catch them.

15-jarige wen Limpopo toernooi

Sport: 17 February 2012 By Jasper Raats
Die 15-jarige Cameron Mesmith van Mokopane het stof in die ou-manne se oë geskop toe hy onlangs die Limpopo Closed amateur gholftoernooi gewen het. Cameron is nog altyd lief vir gholf, maar sy spel het drasties begin verbeter toe hy verlede jaar afrigting van TJ Bekker van Gapps Golf Academy begin ontvang het. Sy voorgee het in minder as ‘n jaar van 16 na 0 verbeter.

Rassies swem laat dit bars!

Sport: 09 February 2012 By Jasper Raats
Vier van Laerskool Ellisras se leerlinge onlangs gaan deelneem aan Shamu Spring Swem Gala in Tzaneen. Hendri Reyneke (10), Janus Reyneke (12), Fred Pistorius (8) en Johan Pistorius (12) is al die hele Desember hard aan die oefen en hulle het beslis hul staal gewys teen baie sterk kompetisie. Daar het tot 18 swemmers aan sekere van die items deelgeneem, maar die Rassies het met die medaljes huis toe gekom. Hulle het deelgeneem aan Vlinderslag, Kruipslag, Borsslag, Rugslag en Individuele Wisselslag. Johan Pistorius het silver medaljes verower in 50m Vlinderslag en 50m Borsslag, en Brons medalje in die 100m Individuele Wisselslag. Janus Reyneke het brons medalje in 50m Borsslag verower en 4de en 5de plekke in die ander items. Fred Pistorius en Hendri Reyneke het in van die items 4de en 5de plekke verower en vir hulle eerste gala van die jaar het hulle puik gevaar.

Gys jaag saam met die beste

Sport: 12 January 2012 By Jasper Raats
Lephalale se Gys Grieshaber van Grieshaber prokureurs en eiendomsagente het kort voor die Kersgety sy beste tyd nog in die Roof of Africa tydren in Lesotho behaal.

Karate klub presteer...

Sport: 14 December 2011
Die Mogol Shukokai Karate klub se jong karate entoe-siaste is onlangs beloon vir ‘n jaar se harde werk. Hulle is (voor van links) Michaela Rozyn, Kiara Verwey. Agter: Pietie Vogel, Mervin Gouws, Karim Daramy en Steven Verwey. Michaela en Kiara deel hierie jaar die Victrix Lodorum en Steven Verwey is die Victor Lodorum vir 2011.

Plan a perfect (fishing) holiday

Sport: 09 December 2011 By Christie Thomas
It is that time of the year again....People are starting to get that holiday feeling. With some careful planning, and enough time spent on the internet doing research, you could plan a perfect vacation, filled with lots of fun activities for the whole family, including fishing.

Kammies haal uit en wys!

Sport: 03 December 2011 By Jasper Raats
LEPHALALE – Ouers, oupas, oumas, ooms en tannies het Saterdag ‘n heerlike boeresport/s dag saam met die jongspan van Kammaland Kleuter Akademie gehad ter afsluiting van die skool se akademiese jaar.

Basskenner kom gee visvanglesse

Sport: 03 December 2011 By Jasper Raats
Mokopane se hengelentoesiaste het verlede Woensdagaand die geleentheid gehad om by ‘n kenner oor die vang van swartbaars te leer toe Darryl Quenton, professionele swartbaarshengelaar en Rapala agent, ‘n slypskool vir The Bow Shop se kliënte kom aanbied het.

Bergfietspret op Ferrolands

Sport: 03 December 2011 By Jasper Raats
LEPHALALE - Exxaro het Saterdag ‘n bergfietswedren op Grootegelukmyn se Ferrolands Reservaat by Manketti Lodge aangebied. Vir die hardebaard fietsryers en as slypskool vir die Cape Epic kandidate in die Exxaro Bergfiets Akademie vir swart fietsryers, was daar ‘n 60km roete. Vir baie plaaslike ryers was die 30km pretroete egter die hoogtepunt en daar het plaaslike ingenieur Radie Kotze met die louere weggestap. Daar was ook ‘n 4km roete vir die jongspan. Die 60km wedren is oorheers deur die ontwikkelingsryers van die Exxaro Bergfiets Akademie.

Richie se duiwe vlieg hoog!

Sport: 24 November 2011
LEPHALALE - Die Duiwe wedvlug seisoen 2011 is pas agter die rug, en die Ellisras duiwe entoesiaste het gewys dat hul nie hoef terug te staan nie. Die Noordelike Resiesduif Unie het onlangs hul prysuitdeling by die Loskop Valley Lodge in Groblersdal gehou en daar is ons eie Richie Pieterse gekroon as die unie punte kampioen. In sy jaarverslag het NRU voorsitter Eben Erasmus vir Pieterse asook al die Mogolklublede geluk gewens en genoem dat daar vroeg in die seisoen opgelet is dat die duiwe boere baie ernstig begin raak oor hul duiwe se gesondheid en fiksheid.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube