-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Johanè Pistorius van Ellisras Hoërskool het hierdie jaar tydens Interhoër die beker vir die beste veld atleet asook die beste atleet van die dag met haar drie eerste plekke en rekord in diskus dogters o/14 verower.
Sy verbeter die diskus rekord van 33.64m tot 36.56m. Sy behaal eerste plekke ook in spiesgooi (34.96m) en gewigstoot (12.06m).
Nog ‘n held van die dag is Christiaan Kruger s/16 wat ook drie eerste plekke verower in 110m hekkies (14.87), 400m hekkies (57.73) en 200m (23.40). Ander eerste plekke is behaal deur Mariet Jordaan d/15 (300m hekkies 50.12sek), Marnè Wolstenholm d/17(400m 60.31sek), Henco Faber s/16 (spiesgooi 50.27m), Ruan Booyse s/19 ( 110m hekkies 14.84sek) en Albert Jordaan s/19 (400m 52.22sek).
Die atletiek is gewen deur Frikkie Meyer met Piet Potgieter kort op hulle hakke. Die sangbeker is gewen deur Warmbad met ‘n hoorbare en merkbare terleurgestelde Frikkie Meyer in die tweede plek.
Piet Pot se bestes skitter!
Met ‘n tweede plek in die Bosveld Interhoër het Hoërskool Piet Potgieter se atlete gesorg vir uitsonderlike prestasies en sommer baie medalje’s.
Regs: Hier is die skool se top tien uitblinkers van links voor: Soretha Kruger – sy kry goud vir diskus en neem ook aan die gewigstoot en 100m deel, Michelle Kekana kry brons in 3000m en 800m en neem deel aan die 1500m, Carmien Badenhorst wen goud in die 3000m en silwer in die 1500m. Sy het ook aan die 800m deelgeneem, Simoné van Wyk wen goud in die 100m- en 400m hekkies en silwer in die 100m en aflos, Ashley Coleman kry ‘n silwer medalje vir Diskus en neem ook and gewigstoot en spiesgooi deel. Van links agter is Thabang Phosa wat silwer medaljes verower het in die 1500m, 3000m en 800m, Marnus Uys kry silwer in 100m, 200m en verspring, Solly Mokwena kry goud vir 100m en 200m, Roché Nel kry goud vir 100m, 200m en verspring en Peter Tau kry goud vir 1500m, 800m en 400m.
So het die Rassies gevaar...
Chantè Pretorius van Ellisras Hoërskool is gekies as die beste meisies dirigent tydens Saterdag se interhoër. EHS se atlete behaal 12 eerste plekke en tweede plekke en 13 derde plekke (sien agterblad vir eerste plekke).
Tweede plekke is verower deur Anine van Schalkwyk spiesgooi, Mariet Jordaan 800m en 400m, Charlotte Ekhard 100m hekkies, Elzet Bester gewigstoot, Marnè Wostenholm 200m, Cliffie Els spiesgooi, Frikkie Spangenberg verspring,Corman Vos 400m, Ruan Booyse hoogspring en Albert Jordaan 400 hekikies.
Derde plekke is verower deur: Nica Kotze verspring, Anja Maree 800m en 400m, Nadia Pistorius gewigstoot, Ruvè v Niekerk verspring, Marinè v d Berg verspring, Erma Weber gewigstoot, Helgar Modise 1500m, Johan Pitout hoogspring en verspring, Hendrè du Plessis spiesgooi en Lourens Putter diskus en gewigstoot.
0 Comments