-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mogol stoeiklub in Lephalale was Saterdag die gasheer vir die Limpopo ope stoeikampioenskappe. Stoeiers van regoor die land het Saterdag mekaar die stryd in ‘n warm Lephalale aangesê.
Volgens die Mogol stoeiklub spanbestuurder, Johannie van Zyl, was dit die eerste keer dat die klub so ‘n groot toernooi aanbied. Met 138 inskrywings het dag volgens haar baie goed afgeloop.
Eerste plekke vir Mogol het gegaan aan Andreas van Zyl wat in die 42-46kg vrystyl kategorie goed gevaar het. Ruan Barnard het ook ‘n eerste plek behaal in die 50-54kg vrystyl kategorie.
Dirk Beukes was eerste in die 0/89kg vrystyl kategorie en Adie van Zyl het in die Meesters A vrystyl kategorie eerste gekom.
Tweede plekke het gegaan aan Vincent Wessels, Andreas van Zyl (in die Grieks-Romeinse afdeling), Jeandre Liebenberg en Hardus van Zyl.
Mokopane
Uit Mokopane het Marie Oosthuizen
‘n silwer medalje verower nadat sy in die finaal tweede gekom het teen Lydia de Lange van Polokwane in die dames 59-64kg kategorie.
Beide Andreas en Marnitz is gekies om die Suid-Afrikaanse span in April in Kaapstad te verteenwoordig.
Noordelike Nuus wens hulle alle voorspoed toe!
0 Comments