-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter het Vrydagaand sy sewentigste rugby bekendstellingsaand saam met ere gaste Louis Koen, die voormalige springbok loskakel, en Nico Momsen, Hoërskool Paarl Gimnasium se afrigter aangebied.
Koen, het net voor die aanvang van die spoggeleentheid ‘n skopkliniek vir die verskeie rugbyspanne se skoppers aangebied, waar hy die manne ‘n paar nuwe tegnieke geleer het.
Die aand formaliteite is afgeskop met ‘n formele verwelkoming van die eregaste deur CP van der Walt, voorsitter van Piet Potgieter Rugby, wat ‘n bietjie agtergrond oor elkeen gegee het.
Voordat die rugbyspelers voorgestel is, het Koen ‘n motiveringspraatjie gelewer waarin hy ‘n bietjie van sy verlede gedeel het. Hy het vertel hoe sy ouers rotsvas agter hom gestaan het deur sy rugbyloopbaan. Maar eers nadat sy pa vir hom as jong seun vertel het dat hy te vet en te stadig is om ‘n goeie losskakel te wees. Dit het hom net aangespoor om harder te oefen en te werk om eendag die springboktrui oor sy kop te trek.
Die ander eregas, Nico Momsen het Saterdag ‘n rugbykliniek vir al die skool se rugbyspelers aangebied. Momsen is al meer as 25 jaar by Paarl Gimnasium en is een van die voorste rugby afrigters daar.
Daarna is die spanne voorgestel en die borge van 2012 aangekondig wat ondermeer, NTT Toyota, Waterberg Inspecta Car, John Deere, Garrun Boeremakelaars, Modern Motors, De Heus, Yield Noord-Transvaal, Dries Horn, Smile Art, Hardus de Beer, CK Signs & Design, Danie Grobler, NTK Landmark, Tony’s Cash and Carry, CP van der Walt, Manie Niemandt, Hartley Bande, Janette Niemandt en Stanley Blount is.
0 Comments