-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Saterdag het Ellisras Hoërskool sake behoorlik uitgespook met Rustenburg Tegniese Skool. Die Rassies se o/17A netbalspan het teen Rustenburg Tegniese eerste netalspan 21 – 15 gewen. Die o/14B-span wen 17-14, o/15 wen 13-4, o/16 wen 11-8 en die o/17B’s verloor 11-22.
Die eerste rugbyspan het soos wafferse bokke die kroon verdien! Vyf drieë word gedruk deur: Juan Wolmerans, Ruan Booyse, Pietman Barkhuizen, Jan van Staden en Hendrè du Plessis. Hendrè se skopskeon het nie teleurgestel nie en hy skop al die vervyf skoppe en twee strafskoppe oor met die eindtelling op 41 - 17.
Die o14/A span wen 38- 7, o/15 wen 32 - 5, o/16 wen 12-7. Die vierde span wen 26-7. Die tweedespan wen 13-10 en die derdes verloor 20-21.
EHS se golfspanne het Vrydag Groblerdal toe gery om teen Ben Viljoen kragte te meet. Die A-span speel gelykop, die B-span wen.
Die hokkie eerstespan en die onder 16’s het die vakansie Potchefstroom toe getoer vir ‘n afrigters en afrigtingskliniek en vol planne tuisgekom.
Die o/19 A en B netbalspanne het ‘n oefenkamp te Camp Discovery in Pretoria bygewoon. Hier speel die meisies teen ver skole soos Suid - Natal, Duiwelskloof, Monument en nabyskole soos Eldoraigne. Loffie en Jacolien Booyse en Anandi J van Rensburg het die meisies oor ver paaie weer teruggebring.
0 Comments