<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piet Pot gholfers maak skoonskip

 
Hoërskool Piet Potgieter se A span is van links: Stephan de Beer, Jean-André Coetzer, Bennie Brönn, Rohan Kruger en afrigter Brandley Pieterse.
Sport : 30 Apr 2012 437 Viewed By Cindy Pretorius 0

Hoërskool Piet Potgieter se en Ellisras Hoërskool se gholfspanne het verlede Vrydag in Mokopane teen die spanne van Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Heuwelkruin kragte gemeet waar Piet Potgieter as wenners vir die dag uit die stryd getree het.
Piet Pot se A-span was ongelukkig om 3-1 teen PHS te verloor, maar die B-span wen 3-1 teen PHS, die C-span wen 4-0 teen PHS.
Piet Pot se A span het daaring geslaag om die Rassies 3 – 1 te klop, die twee skole se B – spanne het gelykop gespeel en Ellisras se C-span het 4 – 0 teen Piet Pot verloor, HPP B span speel gelykop teen Ellisras, HPP C span wen 4-0 teen Ellisras en HPP D span wen 4-0 teen Ellisras. Piet pot se B-span wen 3-1 teen Heuwelkruin en die C-span wen 4-0 teen Heuwelkruin. Hoërskool Piet Potgieter se algehele telling van 7 – 1 plaas hulle dus as algehele wenners vir die kompetisie.

 

 

 
 

Hoërskool Piet Potgieter se B,C en D spanne is van links: William Beeslaar, JP Fourie, Jacques Du Plessis, John-John van der Kolff, Stanley Blount, Waldo Kruger, Tshepho Mathatho, Jan-Hendrik van der Wateren, Liezl Horn, Bradley Pieterse (afrigter), J.G Duvenhage (afwesig), Neël Swanepoel (afwesig).
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube