<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies maak die Hansies sag

 
Hendré du Plessis se skopskoen was so akkuraat soos ‘n boereoorlog-mauser teen Hans Strijdom Saterdag.
Sport : 30 Apr 2012 296 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die Rassies het die Leeus van die Bosveld (Hoërskool Hans Strijdom) Saterdag 21 April op EHS se velde getem.
Die eerste rugbyspanne se wedstryd was ‘n bloedige, naelbyt-stryd tot die bitter einde. Die Hansies was maar kop-onderstebo oor die 18-26 verloor. Drie drieë is aangeteken vir EHS deur: Nils Meiring, Juan Wolmerans en die deurslaggewende drie deur Albert Jordaan. Hendrè du Plessis het weer soos ‘n wafferse bok geskop en gesorg dat die Rassies die kroon dra.
Die Rassies se tweede rubyspan wen 19-0 met puntemakers: Pitso Mogorosi, Dewald Luus en Peet Reyneke. Leon Haasbroek se skopwerk was in die kol. Die Rassies se o/14 span draf die Hansies met 26/0 kaf. Rassies se Senior rugbyspelers wat 24 April deelgeneem het aan die rugbyproewe is, Nils Meiring, Leon Clarke, Hendrè du PLessis, Ruan Olivier, Juan Wolmerans, Ruan Booyse, Jan v Staden en Albert Jordaan.
Op die hokkieveld het die stokke geklap, maar die Rassies se eerstespan wen gemaklik met 7-0.  Rassies se 0/ 16 hokkiespan wen 5 – 0. Die netbal het nie agtergebly nie en Rassies se eerstespan wen 67 – 15! Die 2des wen 19-16, 0/16 wen 26-7 en die 0/15 wen 13-12. Zeanri Grobler was gelukkig om die Limpopo hokkiespan te haal.
5 Mei kom Tom Naude die Rassies aandurf op die tuisveld.
Tennis. Op Vrydag 20 April het EHS se tennisspanne in Naboomspruit ook teen die Hansies meegeding. Arno Swanepoel en Ivan Vorster, Norma O’Neill en Hanlie Roux, Divan van Zyl en TI Venter wen hul dubbels. Elzet Bester wen haar enkelspelwedstryd. Op 4 Mei speel die Rassies tennis teen Hoërskool Nylstroom en Ben Viljoen. Rassies se golfspanne het 20 April teen Potties gaan meeding. Mario Burger, CJ de Swardt en Janice du Plessis wen elk hulle drie opponente.

Debat
Twee van EHS se debatspanne neem deel aan die streeksuitdun op Mookgophong. Skole van so ver as Tzaneen en Louis Trichardt het deel uitgemaak van die 8 debatspanne. EHS is baie trots op Franciska de Beer en Janè Peens wat die dag gewen het en deurdring na die landswye semi-finaal.

Redenaars
EHS se redenaars gaan op 4 Mei deelneem aan ‘n streeksuitdun op Louis Trichardt. Die Seniors is Chantè Pretorius, Albert Jordaan, Franciska de Beer , Nandri de Beer en Marnè Wolstenholme. Drie Juniors gaan ook deelneem: Estefan Pieterse, Barbara Emslie en Francois Shaw.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube