<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Netbalpret by Krugerpark

 
Die span van HF Mining is aangewys as die mooiste span vir die dag.
Sport : 25 Jun 2012 223 Viewed By Cindy Pretorius 0

MOKOPANE- Omtrent 18 spanne het Saterdag aan Laerskool Krugerpark se netbal pretdag deelgeneem. Ouers en besigheidspanne het in goeie gees teen mekaar gekompeteer terwyl die jongspan tussen die kosstalletjies en springkastele rondgemaal het.
Die eerste plek het gegaan aan die Pienk Bulle, tweede plek het aan Piet Pot, derde plek het aan die Blou Bulle en die vierde plek het gegaan aan Kinnerpark Kleuterskool.
Die mooiste span van die dag was HF Mining, en die toekenning vir die deurmekaarste hare van die dag het gegaan aan die span van Krugerpark. Die 'kwaaiste' span van die dag was die Winnie The Pooh-span en die span met die beste gees was Van der Hooven Prokureurs. En dan was daar ook die Boo-Boo prys wat gegaan het aan Audi Steel en Engineering (mooi probeer!). Doelskietkompetisie is gewen deur Antonette Albertyn en die hamper is gewen deur T. du Plessis. “Hiermee wil ons, ons dank uitspreek aan al ons borge vir hierdie dag. Ook ‘n spesiale dank aan al die spanne wat hierdie dag so groot sukses gemaak het. Julle het die baie spesiaal vir ons gemaak,” sê Susan Human van Laerskool Krugerpark.
Vir nog foto’s van die netbaldag besoek ons webwerf by www.noordnuus.co.za.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube