<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tolwe ‘girls’ pak die Sabie Xperience aan

 
Sport : 02 Nov 2012 154 Viewed By Jasper Raats 0

Lizè van Staden en Christie Thomas, albei veteraan* bergfiets ryers afkomstig van Tolwe, gaan in die snikhete somer hitte van Desember die Sabie Solo Xperience bergfiets wedren aanpak.
Die Sabie Solo Xperience is ‘n 4-dag ‘multi-stage race’, oftewel veeldag bergfiets wedren, waar die deelnemers ‘n totale roete van 196km gaan ry en ongeveer 4620m oor die berge moet klim. 
Die roete is saamgestel uit ‘n kombinasie van bosbou paaie, steil 2-spoor ‘Jeep’ paadjies, en kwaai tegniese enkelspoor paadjies.  Elke dag het ‘n bepaalde afsnytyd en indien die deelnemer nie díe dag se roete binne daardie tyd kan klaarmaak nie mag die person nie deurdring tot die volgende dag nie. Die wedren toets nie net ‘n deelnemer se tegniese fietsry vaardighede en fisiese stamina nie, maar ook die vermoë om in uiterste en ekstreme toestande positief te bly en klaar te maak– VASBYT vir fietsryers.
Met ‘n strawwe oefenprogram ter voorbereiding vir die wedren, is Lizè en Christie vasberade om nie net die vier dae in goeie tyd klaar te maak nie, maar ook om ons Bosveld streek goed te verteenwoordig.  Die twee oefen maats oefen ongeveer 12 uur op hulle fietse elke week.
Torga Optical, Mokopane, het alreeds hulle ondersteuning en vertroue in die spannetjie bewys deur hulle inskrywingsfooie en fietsry brille te borg. 
Die voorbereiding vir die wedren is duur, en daar is nog heelwat toerusting wat aangeskaf moet word (spaar kettings, brieke, wiele, valhelms, klere, rugsakke, ens.), plus brandstof en verblyfs onkostes.
‘n Beroep word gedoen vir addisionele ‘span maats’ om aan te sluit as borge, korporatief of privaat. Help ons asseblief om ons doelwit te bereik.
Kontak Christie Thomas per epos by twcchristie@vodamail.co.za of skakel sel:
083 383 9055.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube