-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ses renjaers van Mokopane het Saterdag hul staal gewys op Polokwane renbaan. In die standaard klas het Joseph Bothma ‘n eersteplek behaal in sy klas.
In die 1660cc Modifeid klas het dinge behoorlik gekook omdat Frederick Cooper en André Coetzer se algehele jaareind punte op die punte leer presies dieselfde is en saam ‘n algehele 3de plek deel. Frederick Cooper het vir die aand algeheel ‘n eersteplek verower met André Coetzer met net een punt agter Coopier in die tweede plek. Die volgende byeenkoms vind plaas op 24 November te Polokwane. Dit sal dan die laaste byeenkoms wees vir die jaar en klas kampioene sal dan aangewys word.
Cooper en Coetzer het die vorige Saterdag aan die Spin City byeenkoms in Polokwane gaan deelneem. Dit is ‘n ‘drifting’ kompetisie, ‘n motorsport dissipline wat onlangs in Suid-Afrika vlamgevat het.
By die Spin City byeenkoms het omtrent 8000 toeskouers gekyk hoe jaers doelbewus beheer oor hul motors verloor om dit soveel moontlik te laat gly. Punte word toegeken aan jaers wat die meeste gly en die meeste rook veroorsaak met hul skreeuende bande. In die foto is André Coetzer besig om om die draai te gly.
0 Comments