<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Reën skrik renjaers nie af nie

 
In die foto is Joseph Bothma tydens die oefenrondte.
Sport : 29 Nov 2012 103 Viewed By NoordNuus reporter 0

Deur André Coetzer
Verlede Saterdag het Mokopane se renjaers die reën trotseer om vir die laaste keer hierdie jaar te gaan jaag op Polokwane se ovaalbaan. Die nat baan het vir moeilike bestuur gesorg, maar die jaers van Mokopane het hulle nie laat afskrik nie. In die standaard klass het Joseph Bothma weggestap met n’ derde plek vir die aand. In die 1660cc modified klas het Frederick Cooper ‘n eerste plek gekry en Fred Cooper tweede vir die aand.
Polokwane Oval Club hou hulle jaareind funksie op 8 Desember en dan sal die klas en klubkampioene aangewys word, die volgende wedren op Polokwane vind vroeg in volgende jaar plaas.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube