<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Witwarm atletiek op Lephalale

 
Van die dogters is Juanè Pistorius (EHS) die beste atleet en die seuns Christiaan Kruger (EHS).
Sport : 31 Jan 2013 164 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Rassies, Potties en Hansies het mekaar Saterdag op Ellisras Hoërskool se atletiekbane die stryd aangesê. EHS het op die dag as wenners uit die stryd getree met 801,5 punte teen Piet Potgieter se 779,5 en Hoërskool Hans Strydom se 707 punte.
Johanè Pistorius van EHS se o/15 dogters het weereens bewys hoekom sy die beste atleet in Limpopo was verlede jaar. Sy behaal ‘n totaal van 2664 ASA punte vir drie items: Skyfwerp 37.78m ASA 949 punte, gewigstoot 12.25 m 900 ASA en spiesgooi 34.55m 815 ASA punte.
Christiaan Kruger EHS wen die o/17 110m (15.05) – asook 400m hekkies (58.155). Verder wen hy die 100m (11.23) en 200m (22.85). Hy versamel 3013 ASA punte vir die dag. Corman Vos van EHS is kort op Christiaan se hakke met 100m (11.405), 200m (23.88) en 400m (54.36). Hierdie twee atlete met hulle spanmaats Selby Seraki en Dries Roos het groot amok gemaak met hulle aflos.
Potties het twee aflosspanne ingeskryf vir hierdie item. Die Rassies wen met 46.07 teenoor Potties se span met 46.20. Die Rassies verdien 813 ASA punte met hierdie tyd.
Arno v Heerden van die Hansies blink uit met eerste plekke s/o 16 100m (11.18) en 200m (23.47). Janke Blount van Potties wen die dogters o/15 100 m (13.75) en 200 m (29.07). 
Kagiso Magongoa van Potties wen die seuns o/19 100m (11.06), 110m hekkies (16.59), 200m hekkies (23.09) en 400m hekkies 58.85). Hy versamel 2862 punte vir die dag. Die aflos wat die meeste punte behaal is Potties se seuns o/19 (43.94) wat 867 ASA punte werd is.
Die item wat die meeste ASA punte verdien het, is seuns o/14 400m met 1200 ASA punte. Eerste was A Kgosana (Potties) met ‘n wentyd van 1.00.
Van die dogters is Juanè Pistorius (EHS) die beste atleet en die seuns Christiaan Kruger (EHS).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube