<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Johané is reg vir Interhoër

 
Johané Pistorius
Sport : 21 Feb 2013 171 Viewed By NoordNuus reporter 0

As jy onderwysers uitvra oor Ellisras Hoërskool se ster altleet, Johané Pistorius sal hulle sê sy is nederig oor haar fenominale prestasies en gee altyd aan God die eer. Sy waardeer wat haar mense vir haar doen en opoffer, glimlag maklik, is ‘n gebalanseerde leerling wat ewe goed in haar akademie vaar en bowenal is sy ‘n Rassie.
Johané gaan by more (Saterdag) se Interhoër atletiekbyeenkoms deelneem aan die dogters onder 15 diskus, gewigstoot en spiesgooi. In 2010 en 2011 het sy ‘n tweede plek by die SA’s behaal en is keer op keer aangwys as atleet van die dag of beste Limpopo skole atleet.
Sy sê sy is baie opgewonde oor hierdie jaar se Interhoër en hoop vir persoonlike bestes in al drie items.
“Ek was nog nooit so positief nie,” meen sy. Haar gunsteling item is diskus en sy hoop om vanjaar 40 meter te gooi. “In gewigstoot mik ek vir 13 meter en spiesgooi 38 meter.”
Haar boodskap aan mede atlete is: “Do your best and God will do the rest! Maak nie saak wie jou kritiseer nie, God weet wat jou beste op daardie oomblik is. Jou talent kom van God en Hy wil hê dat jy daarmee moet werk. God gives the talent and we have to put in the effort. Stel jou doelwit altyd hoër, want soos wat ‘n mens groei en sterker word en tegnieke bemeester, bereik jy meer as ‘n vorige seisoen. Wees trots en glo in jouself.”

Noordelike Nuus wens al die atlete wat Saterdag deelneem sterkte toe!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube