-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Atlete het toeskouers op hulle voete gehad met prag atletiek by Interhoër 2013 Saterdag op Modimolle. Dit was die 50ste Bosveld Interhoër atletiek byeenkoms. Die eerste interhoër het plaasgevind op Saterdag 9 Maart 1963 in Mokopane, toe nog Potgietersrus.
Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi het weer met die louere weggestap, maar Hoërskool Piet Potgieter het vir ‘n verrassig gesorg toe hy Nylstroom uitstof om in die tweede plek te eindig. Nylstroom was Derde, Hoërskool Warmbad vierde, Hoërskool Ben Viljoen – vyfde, Ellisras Hoërskool sesde en Hoërskool Hans Strydom was in die sewende plek. Die Rassies se junior dogters het egter in die derde plek algeheel geëindig.
Regs is Larissa Nel wat die dogters o/14 300m hekkies rekord gebreek het. Sy wen ook die 90m hekkies. In die middel is Marnus Uys van Hoërskool Piet Potgieter wat beide die 100 en 200m seuns o/15 rekords verbeter het.
0 Comments