-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vier van die agt rekords wat tydens hierdie jaar se interhoër byeenkoms gebreek is, behoort aan atlete van Ellisras Hoërskool. Johanè Pistorius het twee rekords verbeter: diskus vir dogters o/15 en gewigstoot. Sy behaal ook ‘n eerste plek in spiesgooi. Sy is gekroon as beste atleet van die dag en beste veldatleet.
Larissa Nel (sien agterblad) en Louwtjie Steenekamp is die skool se ander rekordbrekers. Louwtjie Steenekamp o/14 breek die rekord van 100m hekkies en wen ook die 300m hekkies.
Met minder rekords in die sak, het Hoërskool Piet Potgieter egter nie teruggestaan as dit by die telbord kom nie. Piet Pot se dogters verower die Senior Dogterstrofee en een vir Dogters Aflosse.
Peter Tau wen drie goue medaljes, Simoné van Wyk en Albert Kgosane wen elk twee goud en een silwer.
Piet Potgieter verwerf ‘n totaal van 62 medaljes: 22 goud, 23 silwer en 17 brons.
Ellisras se Christiaan Kruger o/17 wen die 400m hekkies baie gemaklik en draf ook die 110m hekkies ook kaf vir goud. Corman Vos wen die 400m en behaal ook ‘n tweede plek in die 200m.
Nog EHS atlete wat met eerste plekke spog, is Johan Pitout o/16 hoogspring en Dries Roos o/17 wen goud in driesprong.
EHS wen verder 21 silwer medaljes. 14 atlete verwerf ook brons medaljes.
Volgende jaar se Interhoër Atletiekbyeenkoms word aangebied deur Ben Viljoen op Groblerdal.
0 Comments