<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Atlete na SA kampioenskappe

 
Sport : 07 Mar 2013 653 Viewed By NoordNuus reporter 0

Vyf top atlete van Hoërskool Piet Potgieter gaan 20-23 Maart aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Oos-Londen deelneem.
Simoné van Wyk gaan aan die 100m en 400m hekkies vir dogters o/19 deelneem en Peter Tau aan die 1 500m vir seuns o/17. JJ Lourens sal Limpopo verteenwoordig in die o/17 seuns hoogspring, terwyl David Mofomme in die 800m vir seuns o/15 sy slag gaan wys. Marnus Uys gaan die 100m  en 200m vir seuns o/15 hardloop.
Marnus het twee rekords - wat al jare staan - vandeesmaand tydens die Interhoër op Nylstroom verbeter. Die 100m het hy gewen in ‘n tyd van 11.1s en sodoende die vorige rekord van 43 jaar gebreek. Hy het ook in die 200m ‘n vinnige 23.1s gehardloop om die vorige rekord wat agt jaar al staan, te verbeter.
Benewens atletiek, is Marnus sy skool se kookwater buite-senter op die rugbyveld en hy swem graag in sy vryetyd. Hy beaam skaam hy is onlangs gekies as sy skool se Mnr. Valentyn (junior). Hy wil na skool in ‘n mediese rigting gaan studeer.
Peter het ‘n goue medalje in die 800m en ‘n silwer medalje in die 1500m tydens die interhoër verower. Sy tyd in die 800m was 1.58s en in die 1 500m 4.9s. Hy vertel hy sal graag vorentoe die groen en goud oor sy kop wil trek. Hy is ook nie verniet een van die vleuels van die o/17 rugbyspan nie.

Marnus Uys is sy skool se
kortafstand blits en Peter Tau is nie bang om langafstande vinnig kaf te draf nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube