<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dit was ‘n besige naweek vir die Rassies

 
Ellisras Hoërskool se onderwater-hokkiespelers van links is Petro Barnard en Kaye Venter van King’s College, Martin Beets, Elizma en Schalk van Heerden van die Rassies)
Sport : 25 Mar 2013 217 Viewed By NoordNuus reporter 0

Ellisras Hoërskool se rugby en netbalspanne het Saterdag hul staal gewys teen Rustenburg Tegnies. Al die netbalspanne het gewen. Die o/14’s wen 26-1, o/15: 11-2, en 0/16: 9-7. Rustenburg se eerste netbalspan het teen EHS se tweedes gespeel en Ellisras wen 15-7.
Die sopnatdag het geen toeskouer afgeskrik nie en hulle het die rugby
luidkeels toegejuig onder sambrele. Die Rassies se o/14 rugbyspan wen 39-0. Die o/15’s wen 15-0 en die o/16 span was weer in hulle element met 36-0. Die tweedespan verloor naelskraap met 7-10 en die eerstespan verloor met   38-20.  Verder is daar ook Rassies wat deelgeneem het aan onderwater-hokkie by die Hillcrestswembad in Pretoria tydens die Junior Nasionale Kampioenskappe. Schalk van Heerden neem deel vir die o/14 span wat tweede kom en Martin Beets speel vir die o/19span wat derde eindig.
Martin het vir Gauteng-Noord gespeel en die res vir Potchef-
stroom.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube