<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gimnaste wil g’n rus!

 
Sport : 28 Mar 2013 152 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Mokopane Gimnastiekklub se lede oefen sommer tydens vakansietye ook en maak seker dat hul gimnaste reg is vir die 2013 klubkompetisie wat aan die einde van April sal plaasvind.
Die klub het in 2006 met slegs vier gimnaste begin.

Vandag spog hulle met sowat 'n honderd hoër- en laerskool leerders wat hier oefen.
Die hoofafrigter, Richard Marshall, is ook 'n gekwalifiseerde afrigter vir die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie. Hy word bygestaan deur afrigter Marinda Marshall en verskeie ander wat seker maak dat die gimnaste (van so jonk as vyf jaar) maklik deur hul roetines kom.
Die klub is op die hoek Geyser en
Fourie straat in Mokopane geleë en oefentye vind reg deur die week plaas. V

Foto bo regs: Hoewel dit skoolvakansie is, is die gimnaste van die
Mokopane Gimnastiekklub hard aan die oefen. Hier oefen Juandré Breytenbach (12) op die brug
terwyl Richard Marshall, een van die klub se afrigters, raad gee.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube