<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Doorndraai se grootste vir Paasnaweek

 
Karp van 17,49kg
Sport : 05 Apr 2013 166 Viewed By NoordNuus reporter 0

Chrisjan Schoeman en sy seuntjie, Henry, het Paasnaweek by Doorndraaidam gaan lyne natmaak en is Maandagoggend met hierdie tamaai karp van 17,49kg beloon vir hul toewyding.
Chrisjan het vroeër die naweek reeds sy persoonlike beste verbeter met ‘n karp van net oor die 15kg, maar sê Maandag toe die meeste motorbote se eienaars begin oppak het om huis toe te gaan en die dam stiller word, toe byt hierdie bielie.
“Ek het sewe dae daar gesit en net drie visse gevang, maar daai groot karp was elke minuut wat ek vir hom gewag het werd.” Hy sê hy is lief vir karphengel, veral spesie of trofeekarphengel soos dié sport deesdae bekendstaan, maar hengel ook graag vir ander spesies soos kurper. “Ek hengel van tyd tot tyd in Mokolodam omdat dit naby aan die huis is, maar vind die oewer daar nie gunstig vir oewerhengel nie. Daarom probeer ek om minstens een keer per jaar by Doorndraaidam uit te kom – dit is darem die kroon van spesiedamme.”
Chrisjan se karp is die grootse een wat hierdie Paasnaweek in Doorndraaidam gevang is.

 

 

 
 

Chrisjan het vroeër die naweek reeds sy persoonlike beste verbeter met ‘n karp van net oor die 15kg
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube